Teel wild te koop  -  Hartwater springbokke (alle kleure)

Wynand wild dienste, skaars wild te koop, hartwater bosveld springbokke, swart hartwater springbokke, wit hartwater springbokke, koper hartwater springbokke, koper hartwater springbok ramme ooie, wit hartwater springbok ram ramme ooie, swart hartwater springbok ram ramme ooie
Wynand wildlife is 'n lid van WRSA
4 x Hartwater springbok ooie (Brits)  Maart 2017  Verkoop
Hierdie is ons eie hartwater springbokke, waarmee ons begin teel het in 2008 en 2009.
In hierdie kamp is 64 ooie, en 13 ramme waarvan die volwasse ramme tussen 14" en 16" meet. Die ramme kies self deur natuurlike seleksie, wie gaan die ooie dek. Oor die afgelope paar jaar het die ramme gereeld geruil.
Ons het oor die afgelope 5 jaar redelik baie springbokke verkoop aan boere in Vaalwater, Warmbad, Nylstroom, Roedtan, Marble Hall, Baltimore, en Oos van Thabazimbi. Die springbokke het goed aangepas en geteel.
Die ooie wat verkoop word, is nou oud genoeg om vir die eerste keer te dek.
R 6 500 elk + BTW gelaai op vervoer
Twee 1 : 3 Hartwater springbok pakkies (Brits)  Maart 2017  Verkoop
Hierdie is ons eie hartwater springbokke, oorspronklik vanaf Roedtan / Marble Hall area.
Die ooie wat verkoop word, is nou oud genoeg om vir die eerste keer te dek, of is vir die eerste keer dragtig.
Die koper kan self 'n ram kies van 18 maande tot 2 jaar oud. Hierdie ramme is reg om nou te dek.
Daar twee pakkies beskikbaar van 1 ram + 3 ooie
R 26 000 per pakkie + BTW gelaai op vervoer

Hartwater springbokke (Brits)  Junie 2017  Verkoop
Hartwater springbok ramme
15 tot 17 maande oud
R 2800 elk + BTW gelaai op vervoer
Hartwater springbok ramme
Volwasse ramme
R 3800 elk + BTW gelaai op vervoer
Hartwater springbok pakkie
1 Ram + 3 ooie
Ram is 2.5 jaar oud, en die ooie is jong ooie van 17 maande tot 2.5 jaar oud
R 22 000 + BTW gelaai op vervoer
Kopers kan my kontak vir veredere inligting, en om na die springbokke te gaan kyk

-
Teel wild te koop
Goue wildebeeste
Konings wildebeeste
Goue konings (Golden kings)
Royal wildebeeste
Seretse wildebeeste
Swart rooibokke
Saalrug rooibokke
Wit rooibokke
Swartwitpense - alle bloedlyne
Buffels - alle bloedlyne
Baster gemsbokke
Elande - alle variante
Blesbokke - alle variante
Gemsbokke - alle variante
Koedoes - alle variante
Hartwater springbokke
Nyalas
Renosters - wit en swart
Ander skaars en gewone wild

Jag wild te koop
Buffels
Swartwitpense
Baster gemsbokke
Nyalas
Wildebees kleur variante
Rooibok kleur variante
Springbok kleur variante
Gemsbok kleur variante
Koedoe kleur variante
Blesbok kleur variante
Eland kleur variante
Ander skaars wild om te jag
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Wild bedryf | Nuus | Kontak ons    -    Home | About us | Wildlife for sale | Game industry | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251

Hartwater springbokke (Brits)  Maart 2018  Verkoop
Hierdie is ons eie hartwaterspringbokke, waarmee ons teel vanaf 2008 / 2009.
Die oorspronklike troppe kom vanaf Marble Hall en Roedtan, en was nog nooit gespuit teen hartwater nie. Ons area is strawwe hartwater area. Ons het springbokke geskuif na Ellisras, Baltimore, Warmbad, Nylstroom, Naboomspruit, Groblersdal, Marble Hall, Rustenburg, Koster dam, en vele ander plekke waar hulle goed doen. Verwysings beskikbaar.
Gewone ramme = R 4 000 elk
Gewone ooie = R 5 000 elk
Split swart ramme = R 4 000 elk
Split swart ooie = R 5 500 elk
Bogenoemde pryse is uitsluitend BTW en is gelaai op vervoer
Die springbokke loop in groter kampe saam met ander wild soos wildebeeste, nyalas en rooibokke.
Ons verkoop nie ouer springbokke nie. Sodoende kry die kopers springbokke wat nog 'n leeftyd gaan dek.
Hierdie troppe lewer ramme wat baie goeie horing lengtes het, as ware bosveld / hartwater springbokke. Sien fotos.
Die split swart springbok ooie wat beskikbaar is, lewer goeie persentasies swart springbok lammers.
Hierdie troppe lewer ramme met baie goeie horing lengtes.
Hier on der is fotos van 'n volwasse ram, asook 4 jong ramme wat op jong ouderdom reeds baie goeie horings het.
Fotos hier onder is voorbeeld fotos van die gewone hartwater springbok ooie, asook die jong ramme wat te koop is.
In hierdie fotos is ook die dominante ram wat saam met die ooie loop.
Fotos hier onder is voorbeeld fotos van die split swart hartwater springbok ooie.
Die split ooie in hierdie trop lewer baie goeie persentasies swart lammers.