Omtrent Wynand wildlife
Ek is Wynand, en my beter en mooier helfte is Christel.
Ons woon op 'n klein plaas naby Brits, waar ons begin boer het met skaars wild sedert einde 2008. Oor die jare het ons boerdery vergroot, en het ons met meer en meer spesies en variante begin boer en teel. Ons het nog grond in ons area bekom, asook baie van ons wild geskuif na plase in Noord Wes, Limpopo, en onlangs na Mpumalanga waar ons konings wildebeeste nou loop.

Wild waarmee ons boer en teel: Hartwater springbokke, nyalas, goue konings wildebeeste (golden kings), konings wildebeeste, swart rooibokke, swartwitpense, en 'n paar vennootskappe in ander wild soorte. Ons het goeie suksesse behaal met die goue konings wildebeeste, waarmee ons begin teel het in 2010. Na baie jare se seleksie, teel ons nou goeie kwaliteit goue konings bulle en verse, asook split bulle en verse met groot duidelike kolle. Ons swart rooibok projekte is opgebou vanaf 2009, toe ons begin het met 'n 21" swart ram, wat 'n baie groter as gemiddelde swart ram was daardie jare. Die huidige teel ram in ons hoof teeltrop, het gemeet net onder 24" op amper 3 jaar oud. Die swart rooibokke wat ons teel, het 'n uitsonderlike donker swart kleur. Meer huidige suksesse sluit in 'n nyala bul wat 27 6/8" meet op net 3 jaar en 10 maande, asook 'n fantastiese mooi jong hartwater springbok ram met ongelooflike groot horings. Ons sal hom meet wanneer hy bietjie ouer is.

Voordat ons begin boer het, het Wynand vir 18 jaar lank gewerk as 'n veld gids in Tanzanië, Kenya, Zambië, Zimbabwe, Botswana, en in Suid Afrika waar hy meestal in die Kruger Nationale Park gewerk het. Gedurende hierdie 18 jaar het Wynand meeste van sy tyd in die veld en bos gespandeer, waar hy met buitelandse toeriste wild besigtiging toere gedoen het in oop voertuie, asook stap toere in die veld en bos. Baie duisende kilometers was afgelê in voertuie en per voet, opsoek na soveel wild as moontlik. Wynand het hierdie passie vir die wild, voëls, insekste, en die veld vandat hy 'n jong seun was. Hy het in die Marble Hall omgewing groot geword, en baie tyd in die veld gespandeer, waar die liefde vir die bos ontstaan het.

Om 'n suksesvolle veld gids in verskeie lande te wees, moet jou kennis van die wild, voëls, en insekste goed wees. Daar was baie gestudeer, eksamens geskryf, en inligting uitgedeel tussen die veld gidse, vir die meerderheid van die 18 jaar. Wynand het gedurende sy vrye tyd nog meer tyd in die bos gespandeer. Hy het gereeld verskillende wild spesies gevolg en bestudeer, om self meer te leer van hul gewoontes, sosiale ontwikkeling, weiding, dominansie, ensovoorts.

In Desember 2000, het Wynand vir Christel in die Kruger Nationale Wildtuin ontmoet. Sy was gebore, het groot geword en gewoon in Nederland. Sy was baie lief vir die natuur, en het in vorige jare verskeie lande in Oos Afrika besoek. In 2001 het Christel besluit om haar lewe in Holland te verruil vir 'n lewe in Suid Afrika, saam met Wynand. Sy het permanente residensie gekry, en het toe Suid Afrika toe getrek. Sy het self begin meer en meer leer van die bos, wild, en voëls. Vandag het sy uitstekende kennis van die wild in die natuur, asook die wild waarmee ons teel. Wynand en Christel is beste vriende, en sy gaan baie kere saam wanneer Wynand plaas besoeke doen, wild gaan kyk, of wanneer wild gelaai word. Baie van ons gereëlde kliënte ken haar baie goed.

Wynand wild dienste, skaars wild te koop, eksotiese wild te koop, te koop, goue goud golden kings konings goue konings royal wit seretsi wildebeeste, swart wit saalrug saddleback white flank rooibokke, hartwater wit swart koper springbokke, geel koper wit bruin saalrug blesbokke, wit donker swart koedoes, goue rooi skilder ivory ivoor gemsbokke, oos afrika kruger addo buffels, zambiese wes zambiese matetsi kruis swartwitpense, wit swart renosters, livingstone wit kaapse elande, baster gemsbokke roans, nyala nyalas, bul bulle koeie verse ram ramme ooie noord kaap vrystaat oos kaap limpopo noord wes bosveld beskikbaar gesoek
Wynand wildlife is 'n lid van WRSA
Wynand wildlife wild agent
Wild wildlife agent Wynand Breytenbach
Hoekom u wild deur "Wynand wildlife" koop of verkoop?

Ons boer self met verskeie wild spesies en variante vanaf einde 2008, soos hierbo genoem. Daardeur het ons baie geleer van die wild bedryf in Suid Afrika, teel metodes, seleksie, kwaliteit ensovoorts. Ons kan daardie klasgeld, huiswerk, en kennis deel met ons kliente om hulle te help om vanaf die begin beter te boer en beter aankope te maak.

Soos hierbo genoem, het Wynand baie jare lank wild in die natuur bestudeer, en gestudeer. Daardie kennis is baie werd om die wild beter te verstaan, en dit weer toe te pas in jou boerdery en teel projekte.

Wynand verkoop ander boere se wild as 'n wild agent vanaf 2010. Gedurende hierdie jare het hy baie honderde dae saam met ander telers en boere op hulle plase in hul kampe en veld gespandeer. Elkeen van hierdie boere teel en boer met 'n verskillende verskeidenheid wild spesies en variante. Hulle self het sekere spesies en variante waarvoor hulle 'n spesiale liefde het, en baie kennis van het. Wynand leer iets nuuts elke week, deur met die boere te gesêls, vrae te vra, en met sy oë. Al hierdie kennis word ook gebruik om ons kopers te help om die regte wild aan te koop, sodat hulle boerdery kan groei en verbeter.

Ons adverteer nie alle wild wat in die mark is om te verkoop nie. Ons bou verhoudings op met ons kliente, en daarom wil ons net die beste wild aan jou as koper aanbied, wat geprys is binne jou budget. Om 'n lang termyn verhouding op te bou, moet ons die rege wild aan jou verkoop om jou boerdery te bevorder. Ons gaan nie enige wild aan jou afsmeer, net omdat dit beskikbaar is en vinnige kommissie is nie. Ons gaan die regte wild vir jou soek, teen die regte pryse. Oor die jare het ons baie telers ontmoet, en ken ons baie van hulle se wild baie goed. Ons het geleer wie is die telers en boere wie goeie kwaliteit van verskillende wild het. Dit gee ons die geleentheid om te weet waar om te gaan soek vir die regte wild, vir u aankope.

Ons sal vir die koper al die wild wat ons aanbeveel, ten opsigte van sy navraag, aanstuur. Indien daar spesifieke wild is waarin die koper belangstel, sal ons die koper en verkoper in elke epos cc, sodat almal weet wie is, en daar niks weggesteek word nie, insluitend die verkoper se prys. Ons sal soveel moontlik inligting van die beskikbare wild aan die koper epos, en ook die verkoper cc. Ons sal die nodige afsprake reël vir die koper om na die beskikbare wild te gaan kyk, en dan ook die verkoper te ontmoet. Indien en wanneer die koper reg is om die wild te koop, sal ons die koper se faktuur besonderhede aan die verkoper stuur. Die verkoper maak die faktuur uit, wat aan die koper gestuur word. Geen betalings word aan ons gemaak nie. Die koper betaal die verkoper direk, of in die verkoper se prokureers trust rekening. Nadat die wild gelaai en afgelaai is, stuur ons vir die verkoper 'n BTW faktuur, vir ons 3% kommissie van die bedrag waarvoor die wild verkoop het.

Ons sal die vervoer permitte reël. Ons kan ook wild versekering kwotasies vir die koper reël, indien hy nie reeds 'n versekeraar het met wie hy alreeds werk nie. Ons sal ook kwotasies vir vervoer van die wild reël, en die vervoer reël indien die koper nie reeds iemand het waarmee hy werk of verkies nie.

In kort: Om deur ons wild te koop, kry jy jare se ondervinding en kennis gratis, soveel as moontlik inligting oor die wild wat jy koop, eerlike betroubare diens, en "hands on" reëlings om seker te maak alles loop soos dit moet.

Soos die meeste mense in die wild bedryf, het ons ook 'n baie groot liefde vir die wild, die veld, en die mense in die bedryf. Ons wil graag, en probeer ons beste om 'n positiewe bydrae te lewer tot die wild bedryf. Alhoewel ons kennis oor al die wild bo-gemiddeld is, het Wynand 'n baie groot liefde vir die wildebeeste en rooibokke, en die verskillende variante daarvan. Die afgelope ses jaar het hy soveel probeer leer oor die verskillende variante as moontlik, en hulle baie naby bestudeer.

Ons sien uit daarna om u te ontmoet, en ook saam met u te werk
-
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Wild bedryf | Nuus | Kontak ons    -    Home | About us | Wildlife for sale | Game industry | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251