Voer bakke vir wild, beeste, skape en boer bokke
Wynand wild dienste, Wynand wildlife, wild boere, boere, bees boere, voer bakke, voer bak, voerbak, voerbakke, beeste, skape, wild, varke, boer bokke, goedkoop, bekostigbaar, sterk, netjies, speen kalwers, super beeste, buffels, swartwitpense, wildebeeste, rooibokke, springbokke
Produkte
Ons wil vir die boer die beste kwaliteit voer bakke lewer, wat sterk is, koste effektief is, en goed lyk op sy plaas of in sy krale.
Daarom spandeer ons tyd en aandag aan die kleiner besonderhede met die ontwerpe en die bou van die voer bakke.
Die voer bakke is beskikbaar in verskillende lengtes van 1.2 meter tot 6 meter lank. Die breedtes is beskikbaar vanaf 55cm breed tot 70cm breed. Die hoogtes van die voer bakke verskil ook. Ons vervaardig voer bakke vanaf 35cm en 38cm wat idiaal is vir meeste wild, skape, boer bokke ens, tot 55cm hoog wat idiaal is vir beeste en groter wild.
Ons gebruik slegs A-graad staal, en het die voer bakke se bou ontwerp om sterk te wees.
Kliek op die fotos om te vergroot
Standaard voer bakke
Die staal vir die vierkantige rame op die punte, word 45 grade gesny om te verseker dat dit sterk is. Die staal word reg rondom aan mekaar vas gesweis.
Traditionele voer bakke
Die twee horisontale lang stukke staal word reg rondom aan die vierkantige rame vas gesweis.
Driehoek staal word in die hoeke vas gesweis, deur reg rondom die driehoek staal te sweis.
Ons gebruik nie "pozzie drive" skroewe om die conveyor aan die raam vas te maak nie. Ons boor 'n gat deur die staal raam en die conveyor. Daardeur sit ons 'n 6mm bout wat met 'n moer vas getrek word. Die moer en bout word aan mekaar vas gesweis om te verseker dit sal nie los kom of uitval nie.
Traditionele voer bakke is gewild onder vee boere. Die probleem met meerderheid van hierdie voer bakke, is dat die pyp word net plat geslaan en gesweis.
Die tweede probleem met meerderheid van daardie bakke, is dat die pype is oop, wat lekker nes plek vir perdebye is, en dit vol water word met reëns.
Ons traditionele voer bakke se hoeke word uit "square tube" gebou, wat 45 grade gesny is, en reg rondom gesweis word. Die 2mm wand dikte pyp pas net mooi in die hoek stukke, en word daaraan vas gesweis. Dit maak die raam baie sterk.
Die conveyor word op dieselfde manier vasgemaak aan die raam, as hierbo verduidelik.
Ons bou twee verskillende soorte voer bakke.
Die standaard voer bakke reeks is gebou uit 50 x 25 rectangular tube, met conveyor.
Die traditionele voer bakke reeks word gebou uit 32 x 2mm wand dikte round tube en 38 x 38 square tube, met conveyor.
Ons bou ook voer bakke volgens die koper / boer se mates en vereistes.
Kontak ons gerus vir kwotasies, indien u 'n spesifieke ontwerp wil laat bou.
Voer bakke met dakke
Kliek op die fotos om te vergroot
Die voer bakke word geverf met twee lae red oxide, en dan met twee lae swart industriële verf.
Nadat die boute en moere wat die conveyor vashou, aan mekaar gesweis is, word dit weer swart geverf of roes te voorkom.
Dakke vir die voer bakke is slegs beskikbaar vir voer bakke in die Standaard voerbak reeks.
Die dakke en die regop voetstukke van die dak kan baie maklik afgehaal word vir maklike vervoer.
Die hoogte van die dakke vanaf die grond is beskikbaar in 1.3m, 1.5m, en in 1.8 meter.
Die oorhang van die dakke tot 1.5 meter hoog, is 400 aan alle kante. Die dakke wat 1.8 meter hoog is, se oorhang is 500 aan alle kante.
Die dakke word gebou uit 50 x 25 rectangular tube, en is net so sterk soos ons voer bakke.
Vervoer van die voer bakke
Ons is 16km vanaf Brits, en 10km vanaf Hartbeespoort. Kopers moet self die vervoer van die voer bakke reël. Ons kan vervoer reël indien die koper nie sy eie vervoer het of kan reël nie.
Vir groter bestellings waar ons gevra word om die vervoer te reël, gebruik ons vir FJJ Botes vervoer. Hulle diens is uitstekend, en hul tariewe baie bekostigbaar.
Sien die lys hier onder met tariewe na 'n paar dorpe as voorbeeld, asook hoeveel voer bakke op 'n interlink trok met 6m + 12m sleepwaens gelaai kan word.
Warmbad
Nylstroom
Newcastle
Thabazimbi
Schweizer Reneke
Bloemfontein
Pietermaritsburg
Kimberley
Boshoff
Ellisras
Kuruman
Windhoek (Namibië)
R 8 000
R 9 500
R 10 500
R 11 000
R 12 000
R 12 000
R 13 000
R 14 000
R 14 000
R 15 500
R 17 000
R 53 000
Vervoer kostes (met 'n trok soos in foto)
Pryse is uitsluitend BTW
Voerbak grootte
L x B x H
1200 x 550 x 350
2000 x 550 x 350
2500 x 550 x 350
3000 x 550 x 350
1500 x 700 x 380
2000 x 700 x 380
2500 x 700 x 380
3000 x 700 x 380
2000 x 700 x 550
2500 x 700 x 550
3000 x 700 x 550
6000 x 700 x 550
Getal wat op trok gelaai kan word
240
244
96
96
144
108
72
72
108
72
72
36
Pryse van voer bakke
L x B x H
1200 x 550 x 350
2000 x 550 x 350
2500 x 550 x 350
3000 x 550 x 350
1500 x 700 x 380
2000 x 700 x 380
2500 x 700 x 380
3000 x 700 x 380
2000 x 700 x 550
2500 x 700 x 550
3000 x 700 x 550
Standaard
R 770
R 990
R 1 120
R 1 170
R 950
R 1 070
R 1 190
R 1 250
R 1 100
R 1 200
R 1 280
R 660
R 900
R 1 020
R 1 070
Traditioneel
R 830
R 960
R 1 090
R 1 150
R 970
R 1 090
R 1 180
Pryse van dakke (optioneel ekstra)
1.3m hoog
1.5m hoog
1.8m hoog
R 1 580
R 1 720
R 2 070
R 2 270
R 1 720
R 2 070
R 2 270
R 1 480
R 1 720
R 2 070
R 2 270
R 1 530
R 1 770
R 2 120
R 2 320
R 1 630
R 1 770
R 2 120
R 2 320
R 1 770
R 2 120
R 2 320
R 1 640
R 1 910
R 2 250
R 2 490
R 1 740
R 1 910
R 2 250
R 2 490
R 1 910
R 1 250
R 2 490
Fotos van voer bakke wat ons bou (Kliek op die fotos om te vergroot)
Die mates van die voerbak in elke foto, is onder op die foto geskryf
R 2 200
R 1 900
6000 x 700 x 550
Bakke langer as 3m - vra vir kwotasie
Voer bakke vir groot beeste en wild soos buffels
Nie alle groot lyf volwasse beeste stoot die voer bakkerons nie, maar daar is sommige groot volwasse beeste en groter wild soos buffels wat voer bakke rond stoot. Wildebeeste doen dit nie.
Ons het 'n eenvoudige, maar suksesvolle manier ontwerp wat die groot beeste en buffels verhoed om die voer bakke rond te stoot. Die voer bakke kan ge-anker word in die grond.
Daar word vier stukke square tube (50 x 50) aan die hoeke vas gesweis, waardeur die boer 'n Y-standard kan sit en in die grond inslaan. Die Y-standards kan tot gelyk met die voerbak bo ingeslaan word om beserings te vermy.
Pryse van ankers vir groot beeste & buffels (optioneel ekstra) R 100 per voerbak
Bogenoemde pryse is uitsluitend BTW en aflewering
Boere / kopers kan self vervoer reël, of ons kan namens u kwotasies kry vir vervoer van die voer bakke
Vars voer mengsels vir wild
Gemengde vars voer vir wild. Baie goedkoper en meer effektief as meeste wilds pille.
Bespaar geld met kwalteit voer.
Voer bakke
Sterk en netjiese voer bakke van 1.2m tot 6m lank, vir beeste, wild, skape, bokke en varke.
Drink bakke
Vanaf 1.2m tot 3m lank sterk en netjiese drink bakke vir wild, beeste, skape, bokke en varke.
Voer mengers
Betroubare 250kg, 500kg en ton mengers beskikbaar in elektriese motor + ratkas, of met PTO en ratkas. Bespaar tyd en geld.
Ander produkte
Handige produkte vir boere, veiligheid en nog meer.
-