Goue konings (golden kings) wildebees bulle te koop
Winskoop - Goue konings bul (Thabazimbi area) Mei 2017
4.5 jaar oud
Hierdie bul is die pa van baie goeie kwaliteit goue konings nageslag met groot duidelike kolle.
Let op die kwaliteit baie wit masker, asook lies kol.
Rede vir verkoop is dat hy sy dogters gaan dek. Die verkoper het nou 'n ander goue konings bul by die trop gesit.
Die bul het baklei met ander bulle, en so sy horings gebreek. Dit is die enigste rede waarom die bul so goedkoop is.
Belangstellendes kan my kontak vir verdere inligting, en om na die bul te gaan kyk.
R 50 000 + BTW gelaai op vervoer
Kliek op die fotos om te vergroot
3 x Split goue konings bulle met groot kolle (Brits) Mei 2017
15 tot 16 maande oud (Gebore Januarie / Februarie 2016)
Split bulle met groot duidelike kolle is baie skaars. Ek weet van net 14 sulke split bulle in Suid Afrika.
Hierdie is nog jong split bulle, wat alreeds duidelike sigbare groot kolle het. Dit is uitstekend op hierdie ouderdom.
Soos die bulle ouer word en verder verkleur, sal hulle kolle nog duideliker word, asook kleur verander na 2 jaar oud.
Op 26 maande oud, sal hulle kolle lyk soos die kolle van die split bulle in die fotos verder af op hierdie blad.
Bulle word verkoop om te laai vanaf September.
Hierdie split bulle sal goue konings kalwers kan lewer, indien die regte verse gebruik gedek word.
Belangstellendes kan my kontak vir inligting oor die bulle en die teel met hulle, en om na die split bulle te gaan kyk.
Daar sal vir ernstige kopers advies en raad gegee word oor hoe om met hierdie split bulle te teel.
R 40 000 elk + BTW gelaai op vervoer, of om te ruil vir split gewone goue wildebees verse.
Die fotos hier onder was op 29 Mei 2017 geneem
Kliek op die fotos om te vergroot
Die split bulle in die fotos hier onder, was geteel uit dieselfde teeltrop met dieselfde bul en split koeie.
Die bulle in hierdie fotos is 1 jaar oud as bogenoemde bulle wat te koop is.
Die fotos was op 25 tot 26 maande oud geneem.
Die bulle hier onder het op 15 tot 16 maande oud, net soos die bulle hierbo gelyk.
Sien meer fotos van die bulle in die fotos hier onder, in "Goue konings wildebeeste te koop" in hierdie webwerf.
Kliek op die fotos om te vergroot
Vir meer goue konings wildebeeste wat te koop is, of om te sien wat reeds verkoop het
Afrikaans: Goue konings wildebeeste te koop - Kliek hier
English: Golden kings wildebeest for sale - Click here
29 Mei 2017
Ander artikels, nuus, en advertensies - kliek hier
Wild versekering
Duppies Fourie
082 875 9959
duppies@kuda.co.za
Wild veearts
Dr. Louis Greeff
082 871 0106 / 014 772 3323
bosveldvet@lantic.net
Wild vangste & vervoer
Pilanesberg Game Capture
Jaco Naude 083 631 5562
www.pilanesberg-gamecapture.co.za
-