Winskoop - Goue konings / golden kings bul (Thabazimbi area)
As 'n goue konings (golden kings) teler myself, kan ek regtig nie glo dat hierdie bul nog nie verkoop het nie.
Hierdie bul is die pa van uitstekende goeie kwaliteit goue konings nageslag met groot duidelike kolle en wit gesigte.
Let op die kwaliteit baie wit masker, asook lies kol.
Rede vir verkoop is dat hy sy dogters gaan dek. Die verkoper het nou 'n ander goue konings bul by die trop gesit.
Die bul het baklei met ander bulle, en so sy horings gebreek. Dit is die enigste rede waarom die bul so goedkoop is.
Belangstellendes kan my kontak vir verdere inligting, en om na die bul te gaan kyk.
Hierdie is die grootste winskoop van die jaar.
R 50 000 of naaste offer + BTW gelaai op vervoer. Bul moet verkoop word, en alle offers sal na gekyk word.
Kliek op die fotos om te vergroot. Gebruik die pyltjies (regs) om dievolgende fotos te sien.
27 Junie 2017
Ander artikels, nuus, en advertensies - kliek hier
Vir meer inligting
Afrikaans
English
Vir meer inligting
Afrikaans
English
Wildlife Legacy veiling 2017
Ek wil die geleentheid gebruik om vir al die lede van Wildlife Legacy, geluk te wens met die uitstekende kwaliteit wild wat aangebied was, asook die goeie pryse wat behaal was op veiling. Dit wys weereens dat kwaliteit wild met volledige rekord houding, altyd sal goed doen, selfs gedurende hierdie moeilike tye. Ek wil ook vir die kopers veels geluk sê met die top genetika en kwaliteit wat hulle gekoop het. Ek glo hulle sal die vrugte van hul aankope pluk.
www.wildlifelegacy.co.za
Wild Bedryf Indaba - Castle De Wildt
Op 19 Mei 2017 het Bernard Groenewald aangekondig dat Golden Breeders nie hierdie jaar (2017) 'n veiling gaan aanbied nie, as gevolg van die huidige ekonomiese toestande. Sien pers verklaring - kliek hier
Castle De Wildt het op 20 Junie 2017 aangekondig dat die Wild Bedryf Indaba bevestig is om te gebeur in Julie 2017.
Almal betrokke in die wild bedryf, vanaf die wild boer tot die jag ondernemer, word hartlik uitgenooi om die Indaba by te woon. Daar gaan gesamentlik gesêls word oor die wild bedryf in geheel, huidige omstandighede, en die toekoms van die wild bedryf. In die epos van 20 Junie is ook gevra dat indien u enige voorstelle oor onderwerpe wat u voel bespreek moet word, u vir Castle De Wildt kan laat weet.
Ek moedig u aan om die Indaba by te woon. Dit is in die hele wild bedryf se beste belang dat daar soveel as moontlik mense van die wild bedryf by die Indaba gaan wees. Hoe meer mense daar is, hoe makliker gaan die wild bedryf die probleme in die bedryf identifiseer, en oplossings kan vind vir die probleme.
Plek
Datum
Tyd
Ander
Castle De Wildt, Modimolle
Vrydag, 07 Julie 2017
10:00 tot 15:00
Kos en verversing sal verkoop word - kontant kroeg
Vir meer inligting oor die Wild Bedryf Indaba - kliek hier
Mense wie die Indaba wil bywoon, word gevra om die form op Castle De Wildt se webwerf asseblief in te vul, sodat hulle weet vir hoeveel mense hulle moet voorberei. U kan op die bogenoemde skakel kliek, en dan op die skakel om te bespreek, - of u kan hier op die skakel kliek wat u direk na die regte blad sal neem - kliek hier
Hierdie is die wild bedryf se geleentheid om die probleme in die bedryf te identifiseer en oplossing te probeer vind.
Kom ons ondersteun hierdie Indaba, aangesien almal in die bedryf huidiglik deur die omstadighede geraak word.
Goue wildebees bul met groot kol (Thabazimbi area)
2.5 Jaar oud
Dit is 'n jong bul wat nog besig is om te verkleur. Sy kol is nou besig om duideliker te word amper by die week.
Gebruik hierdie bul om jou goue wildebeeste se kleur kwaliteit te verbeter.
Belangstellendes kan my kontak vir inligting oor die bul, sy ouers, my aanbevelings, en om na die bul te gaan kyk.
Hierdie is volgens my ook 'n winskoop.
R 50 000 of naaste offer + BTW gelaai op vervoer. Bul moet verkoop word, en alle offers sal na gekyk word.
Kliek op die fotos om te vergroot. Gebruik die pyltjies (regs) om dievolgende fotos te sien.
Konings wildebees verse (Rooibokkraal / Makoppa area)
Die wildebees dek seisoen is vir meeste boere en telers al verby. Dit is al daardie tyd van die jaar wanneer jy moet begin dink aan volgende jaar se teel kampe. Om goeie teel suksesse volgende jaar te hê, word dit aanbeveel dat telers teen die einde van hierdie jaar al hul bulle en verse bymekaar sit.
Die bekendste en grootste konings wildebees teler, is seker Kruger van Zyl. Hy het hierdie jaar 16 teel troppe gehad, waarvan net 5 konings wildebees teel bulle nie 27" gemeet het nie. Kruger van Zyl is baie bekend vir groot horings konings wildebeeste, terwyl die gemiddelde konings wildebees teel bulle in die wild bedryf nog onder 24" is. Hy is ook baie bekend vir groot kol konings wildebeeste. Met die huidige ekonomiese omstandighede en die verlaagde wild pryse, is dit die gulde geleentheid om veral die horing kwaliteit van jou konings wildebees troppe te verbeter teen bekostigbare pryse. Ons het hierdie jaar met die laer pryse gesien dat kwaliteit wild nogsteeds goeie pryse kry.
Hierdie verse is nou 6 tot 7 maande oud, om te laai in Augustus wanneer hulle op 8 tot 9 maande oud gespeen word.
Die verse kom uit top genetika bloedlyne, word baie goed gevoer, en het groot lywe. Hulle behoort almal volgende dek seisoen bul te kan vat, en in Desember volgende jaar geboorte te gee aan konings wildebees kalwers.
Die pa's van hierdie verse is 26.5" tot 27.5".
Indien kopers 'n paar verse koop, sal daar verse uit verskillende teel kampe met verskillende bloedlyne, wat nie verwant is aan mekaar nie, vir die koper gelaai word. Sodoende versterk die koper sy teeltrop se genetika.
Daar is seker goedkoper verse nou beskikbaar, maar wat gaan die goedkoper verse vir jou eendag teel? Hou ingedagte dat daar is verskeie konings wildebeeste van 28" tot 29.25", wat geteel is uit dieselfde troppe op dieselfde plaas.
R 70 000 elk + BTW gelaai op vervoer in Augustus.
Vir die teler wie sy bul genetika wil verander, of nuwe groot horing genetika soek.
Daar is konings wildebees bulle van 18 maande beskikbaar. Die pa van hierdie bulle is 29".
Hierdie bulle gaan in Desember 2 jaar oud wees, en sal volgende dek seisoen 20 tot 25 verse + koeie kan dek.
Konings wildebees teel trop (Rooibokkraal / Makoppa area)
Hierdie trop is die idiale trop vir iemand wat nuut begin met konings wildebeeste, of wil uitbrei met 'n tweede trop. Die verse en koeie in die trop ken mekaar goed, en sal mooi aanpas as 'n eenheid in 'n nuwe projek. Dit verlaag die teler se risiko dat die vroulike diere mekaar nie gaan dood maak nie, soos die geval baie kere is wanneer klein groepies of enkele vroulike wildebeeste bymekaar gesit word, wat mekaar nie ken nie.
Hierdie trop loop saam met 'n 27" donker lyf konings wildebees bul, en word verkoop as dragtig van die 27" bul.
Die konings wildebees kalwers in die trop, se pa is ook die 27" konings wildebees bul.
Hierdie trop lewer elke jaar 4 tot 6 konings wildebees kalwers.
Daarom waarborg Kruger van Zyl 'n minimum van 4 x konings wildebees kalwers in Desember.
Die groep moet as 'n pakkie verkoop word, en bestaan uit:
4 x
12 x
8 x
? x
Konings wildebeeste (gebore Desember 2016). Geslagte onbekend
Split konings wildebees verse
Basis koeie wat Kruger van Zyl uitgesoek het vir homself om mee te teel die afgelope drie jaar
Indien die koper belangstel, kan hy / sy al die split bulle (gebore Des 2016) in die trop verniet kry
Prys met die 4 x konings wildebeeste (8 tot 9 maande oud)
R 750 000 + BTW gelaai op vervoer
Prys sonder die 4 x konings wildebeeste
R 470 000 + BTW gelaai op vervoer. Waarborg nogsteeds 4 x konings kalwers in Desember
Koper het die opsie om al die split konings bulle (seuns van 27" konings bul) verniet saam met die trop te neem
Kan eendag verkoop word, gebruik word om genetika te teel, of gejag word. Sodoende gedeelte van jou geld terug.
Wat is jou konings wildebees behoeftes? (Rooibokkraal / Makoppa area)
Kruger van Zyl het ander konings wildebeeste wat ook verkoop kan word. Ons kan vir jou pakkies saamstel uit verskeie teel troppe uit verskillende bloedlyne wat nie verwant is aan mekaar nie, om jou behoeftes te pas.
Afbetalings reëlings kan ook getref word vir groter getalle wildebeeste. Kontak ons met jou konings wildebees behoeftes. Ons sal 'n paar idees en opsies bymekaar sit, en dan kan jy vir Kruger op die plaas besoek om na die wildebeeste, die teeltroppe waaruit hulle kom, hul ouers, en van sy ander wild te gaan kyk.
-