Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Nuus | Kontak ons   -   Home | About us | Wildlife for sale | News | Contact us
15 Mei 2017
Lees hierdie epos op ons webwerf / website - kliek hier

Ander wilds nuus en artikels - kliek hier
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Nuus | Kontak ons   -   Home | About us | Wildlife for sale | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251

Wynand wildlife is 'n lid van WRSA

Om van die epos lys afgehaal te word   -   To be removed from the mailing list
Antwoord op hierdie epos, vanaf die epos adres waarheen hierdie epos gestuur was
Al wat u hoef te skryf, is verwyder my van epos lys
Konings wildebees pakkies vir beginners, of 'n 2de trop vir bestaande telers
* Konings wildebees pakkie 3  -  Konings bul is seun van "Duet" (grootste konings bul in SA)
1 x Konings wildebees bul (16 maande oud)
2 x Split konings wildebees verse (16 maande oud)
5 x Uitgesoekte basis koeie, dragtig van 'n konings wildebees bul
* Konings wildebees pakkie 4  -  Konings bul is seun van "Duet" (grootste konings bul in SA)
* Verskeidenheid konings wildebeeste beskikbaar
Met die afgelope / huidige droogte in meeste areas van Suid Afrika, die swak ekonomie en ander faktore is die wild nou meer beskostigbaar as ooit tevore. Die omstandighede skep vir baie van die nuwe en kleiner boere die geleentheid om te begin boer of teel met wild wat tot nou toe net 'n droom was, asook vir gevestigde boere (en nuwe boere) om kwaliteit genetika te koop, en sodoende hulle teel troppe of kuddes te verbeter vir die toekoms. Vir die boere wie duurder betaal het vir hul wild, is dit ook die geleentheid om te verbeter op kwaliteit, nuwe genetika in te koop, en omdat hulle nou goedkoper koop, hul gemiddelde aankoop pryse baie minder te maak - wat eendag 'n gemiddelde groter persentasie inkomste of winste beteken, wanneer hul van hul eie wild begin verkoop.
Die vier troppe konings wildebeeste hier onder, is wildebeeste wat deur 'n baie bekende en suksesvolle konings wildebees teler geteel is. Die teler het die afgelope klompie jare meer aandag gegee aan die teel van kwaliteit, veral horing lengtes. Dit was vir hom baie belangriker as om getalle te teel. Daardeur het hy dit reg gekry om sy eie teel bulle se horing lengtes te vergroot na 27" tot 29"+ horings, en het die twee grootste konings wildebeeste in die land geteel, wat 29"+ meet. Onthou dat die gemiddelde konings wildebees teel bulle in Suid Afrika, net 23" tot 24" meet. Net soos met alle ander wild, sien ons dat die beter pryse word behaal vir wild met groter horing lengtes.
* Konings wildebees pakkie 1  -  Konings bul is 'n seun van "Kruger snr"
Die 2 x split konings verse, is dogters van twee ander teel bulle. Die split verse is nie verwant aan die konings bul in die pakkie nie, en ook nie aan mekaar nie. Hierdie twee split verse loop die afgelope 6 maande saam met die konings bul wat ingesluit is in die pakkie. Daar is geen ander wildebeeste saam met hierdie drie (1 konings bul + 2 split verse) in die kamp waarin hulle loop nie. Dit beteken dat hierdie bul en die split verse mekaar reeds baie goed ken. Daar was in die verlede heelwat van hierdie teler se jong 18 maande oud konings bulle wat verse op hierdie ouderdom gedek het. Verwysing kan gegee word van sy jong bulle wat verse gedek het op hierdie ouderdom. Een goeie voorbeeld van hierdie teler se bulle wat gedek het, is 'n jong konings bul van dieselfde ouderdom wat 11 of 14 verse gedek het, by groep bekende boere wie 'n bul gekoop het en by verse gesit het. Dit beteken dat daar is 'n kans dat die twee verse wel gedek kan wees deur die konings bul, en kalwers (split of konings) kan kry in Januarie tot Maart. Die split verse word as nie dragtig nie verkoop, en is ook so geprys wat die koper finansieël begunstig indien hulle wel dragtig gaan wees.
Hierdie konings bul, is geteel uit 'n besonderse bloedlyn. Die bul wat te koop is, se oupa is "King", en sy pa is ook die pa van die grootste konings wildebees bulle in Suid Afrika, waarvan ons weet. Baie min van die konings bulle wat geteel is uit dieselfde trop as die bul wat beskikbaar is, meet 27"+ op volwasse ouderdom, en die wat nie 27" meet nie, is ook maar net net onder 27", maar meestal bo 26" tot 26.5". Die ouer bulle wat uit hierdie trop geteel is, teel self bulle wat 27"+ meet as uitgegroeide bulle. Met ander woorde, die bul wat beskikbaar is, is die half broer (dieselfde pa) as die grootste konings bul in Suid Afrika, waarvan ons weet. Die geskiedenis van die trop dui ook aan dat die bul wat beskikbaar is, heelwat groter gaan meet as die gemiddelde konings wildebees teel bulle in Suid Afrika. Dit is 'n goeie en goedkoop geleetheid om 'n groter teelbul te besit.
Die 5 x Basis koeie is dragtig van 'n konings bul wat nie verwant is aan die ander wildebeeste in die pakkie nie.

R 300 000 + BTW vir die pakkie van 8 wildebeeste, gelaai op vervoer

Die foto hier onder was begin Maart 2017 geneem, toe die konings bul en split verse net 14 maande oud was.
* Konings wildebees pakkie 2  -  Konings bul is 'n seun van "Frik"
1 x Konings wildebees bul (16 maande)
1 x Konings wildebees vers (16 maande), dragtig van konings bul met baie groot kol
3 x Split konings wildebees verse (16 maande), dragtig van verskillende konings wildebees bulle
5 x Uitgesoekte basis koeie wat dragtig is van 'n konings wildebees bul
Die konings wildebees bul in die pakkie, is 'n seun van "Frik", wat die konings wildebees bul is met die grootste lyf waarvan ek weet. Toe ons hom gelaai het, het 6 mans gesukkel om hom agter op die bakkie te kry. "King Jabu" van Pilanesberg Game Breeders, is 'n half broer van hierdie bul wat ingesluit is in die pakkie. Kliek op die skakel (link) vir kort video.
https://www.youtube.com/watch?v=MKIHuCCfrTk
Die konings wildebees vers + een van die split verse word ingesluit as dragtig van 'n konings wildebees bul met 'n baie groot kol. Kliek op die skakel (link) vir 24 sekondes video van die bul wat die konings vers en split vers dek.
https://www.youtube.com/watch?v=wvKb55esmXg
Een van die twee split verse word gedek deur "Gamba" wat 27" meet, en 'n half broer is van "King". Dieselfde ma.
Die ander split vers word gedek deur "Donker" wat 27" meet.
Die 5 x Basis koeie is dragtig van 'n konings bul wat nie verwant is aan die ander wildebeeste in die pakkie nie.
Bul om dadelik te laai. Konings vers, split verse, basis koeie om einde Julie te laai as dragtig gesertifiseer.
R 480 000 + BTW vir die pakkie van 10 wildebeeste, gelaai op vervoer
Die bul in die fotos hier onder is "Frik". Hy is die pa van die konings bul in die pakkie
Die fotos was in die reën seisoen geneem, nadat die bul in die rooi grond gerol het, daarom die rooi kleur.
Bul om dadelik te laai. Konings vers, split verse, en basis koeie om einde Julie te laai as dragtig gesertifiseer.
Koper kan self vir hom 'n bul uitsoek, uit groep bulle wat seuns van "Duet" is.
R 480 000 + BTW vir die pakkie van 9 wildebeeste, gelaai op vervoer
1 x Konings wildebees bul (16 maande)
1 x Konings wildebees vers (16 maande), dragtig van konings bul met baie groot kol
2 x Split konings wildebees verse (16 maande), dragtig van verskillende konings wildebees bulle wat 27" meet
5 x Uitgesoekte basis koeie wat dragtig is van 'n konings wildebees bul
Die konings wildebees bul in die pakkie, is 'n seun van "Duet", wat die konings wildebees bul is met die grootste horings in Suid Afrika, sovêr ons weet. "Duet" het ook 'n baie groot lyf met twee duidelike kolle op die blad en lies. "Duet" se pa is "Kruger snr", en sy oupa is "King". Kliek op die skakel (link) vir kort video van die trop waaruit "Duet" gebore is, asook die konings bul (seun van Kruger snr) in konings wildebees pakkie 1 hierbo beskryf.
https://www.youtube.com/watch?v=uQy-tZx1rZ4
Die konings wildebees vers word ingesluit as dragtig van 'n konings wildebees bul met 'n baie groot kol. Kliek op die skakel (link) vir 24 sekondes video van die bul wat die konings vers en split vers dek.
https://www.youtube.com/watch?v=wvKb55esmXg
Een van die twee split verse word gedek deur "Gamba" wat 27" meet, en 'n half broer is van "King". Dieselfde ma.
Die ander split vers word gedek deur "Donker" wat 27" meet.
Die 5 x Basis koeie is dragtig van 'n konings bul wat nie verwant is aan die ander wildebeeste in die pakkie nie.
Die bul in die fotos hier onder is "Duet". Hy is die pa van die konings bul in die pakkie.
1 x Konings wildebees bul (16 maande)
1 x Split konings wildebees koei (3 in 1), dragtig van 27" konings bul (waarborg konings kalf)
2 x Split konings wildebees verse (16 maande), dragtig van verskillende konings wildebees bulle
3 x Uitgesoekte basis koeie wat dragtig is van 'n konings wildebees bul
Die 3 in 1 split konings koei word verkoop saam met 'n konings kalf (geslag onbekend), dragtig van 'n 27" konings bul.
Die verkoper waarborg 'n konings kalf. Met ander woorde: Die koper kry 'n split koei wat konings kalwers gee, saam met 'n konings kalf, en die koei sal in Desember weer 'n konings kalf gee.
Die konings wildebees bul in die pakkie, is 'n seun van "Duet", wat die konings wildebees bul is met die grootste horings in Suid Afrika, sovêr ons weet. "Duet" het ook 'n baie groot lyf met twee duidelike kolle op die blad en lies. "Duet" se pa is "Kruger snr", en sy oupa is "King". Kliek op die skakel (link) vir kort video van die trop waaruit "Duet" gebore is, asook die konings bul (seun van Kruger snr) in konings wildebees pakkie 1 hierbo beskryf.
https://www.youtube.com/watch?v=uQy-tZx1rZ4
Een van die twee split konings verse word ingesluit as dragtig van 'n konings wildebees bul met 'n baie groot kol. Kliek op die skakel (link) vir 24 sekondes video van die bul wat die konings vers en split vers dek.
https://www.youtube.com/watch?v=wvKb55esmXg
Die ander split konings vers word gedek deur "Gamba" wat 27" meet.
Die 3 x Basis koeie is dragtig van 'n konings bul wat nie verwant is aan die ander wildebeeste in die pakkie nie.
Die bulle in die fotos hier onder, is seuns van "Duet" wat beskikbaar is om van te kies.
Fotos was geneem in Maart 2017 toe die bulle 14 maande oud was.
Bul om dadelik te laai. Split koei, split verse, en basis koeie om einde Julie te laai as dragtig gesertifiseer.
Koper kan self vir hom 'n bul uitsoek, uit groep bulle wat seuns van "Duet" is.
R 480 000 + BTW vir die pakkie van 7 wildebeeste, gelaai op vervoer
Bogenoemde pakkies is uitgewerk sodat die koper 'n jong bul koop. Die bul se waarde behoort te vermeerder soos wat die bul ouer word, wat dit 'n goeie koop vir die koper maak. Op dieselfde tyd hoef die bul glad nie te dek hierdie jaar nie, en gee dit sy horings kans om te groei. Ingesluit in die pakkies is baie goeie kwaliteit vroulike diere gedek deur baie groot kol konings bul en ook deur 27" konings bulle. Dit beteken dat die koper kry reeds hierdie jaar baie goeie aanteel.
Die konings bulle wat in die pakkies ingesluit is, het alle realistiese kanse om groot bulle te word, en sal volgende jaar ten minste 20 verse en koeie kan dek. Hierdie verkoper het nog meer konings wildebees bulle, konings wildebees verse, split konings verse, en basis koeie dragtig beskikbaar. Kopers is welkom om ons te kontak om nog meer vroulike diere in te sluit wat saam met die ander vroulike diere einde Julie gelaai kan word.
Kontak ons gerus indien u belangstel in enige konings wildebeeste. Ons sal die beste en meeste hoeveelheid wildebeeste in 'n pakkie insluit, binne die bedrag wat u ingedagte het om te spandeer. U is ook welkom om ons te kontak vir enkel bulle van 16 maande of 28 maande oud, insluitend seuns van Duet.
Belangstellendes is baie welkom om ons te kontak vir meer inligting, fotos, of om na die wildebeeste te gaan kyk.