Jag van kleur variante in Suid Afrika
Kleur variante is niks nuuts nie. Daar word al vir 'n geruime tyd met kleur variante geteel en geboer in Suid Afrika.
Hoe langer daar met 'n wild spesie geteel en geboer word, hoe groter word die onderskeid tussen kwaliteit wild wat gebruik word as teel wild, en wild wat nie voldoen aan die vereistes om as teel wild gebruik word nie. Die wild wat nie as teel diere gebruik kan word nie, word beskikbaar gestel as jag wild wat hoofsaaklik deur buitelandse jagters gejag word. Ons dit al vir baie jare met wild soos buffels en swartwitpense. Dit is eintlik van toepassing in meeste boerderye soos skape, beeste ens, waar sekere diere kwalifiseer as stoet diere, en ander diere word geslag.
Kliek op die fotos om te vergroot, en gebruik pyltjies om die vorige of die volgende foto te sien
South Africa trophy hunting safaris colour variants golden wildebeest gnu black impala kings wildebeest white impala wildebeest springbuck impala slams hunt hunts South African outfitters. Trofee jag jagte van kleur variante goue wildebees konings wildebeeste swart rooibok wit rooibokke fotos Suid Afrika
12 Augustus 2017
Ander artikels, nuus, en advertensies - kliek hier
-
Hunting colour variants
There are not many people who know about clour variant wildlife, such as kings wildebeest, golden wildebeest, royal wildebeest, black impala, white flanked impala, saddleback impala, and more.
We have written an article about the history of colour variants, the breeding and ranching of colour variants, as well as the hunting of colour variants.
Kleur variante is geen uitsondering nie. Net soos swartwitpense en buffels wat ook baie jare gelede verskriklik skaars was, is daar nou meer van sekere kleur variante op die wild plase. Daar is nou genoeg van hierdie kleur variante om 'n duidelike onderskeid te kan tref tussen kwalitiet kleur variante wat gebruik word as teel wild, en kleur variante wat beskryf kan word as jag wild. Daar word al vir hele klompie jare kleur variante gejag, maar dit was hoofsaaklik bulle en ramme wat te oud was om mee te kan teel. Die getalle kleur variante, en die behoefte om goeie kwaliteit teel wild te koop, verkoop en mee te teel, het die beskikbaarheid van jag kleur variante vergroot.
Gedurende 2016 het ons 'n redelike toename gesien in die jag van kleur variante. In 2017 met die droogte en ekonomiese omstandighede, het ons 'n baie groot toename gesien in die jag van kleur variante. SCI (Safari Club International) in VSA erken nou die horing mates van kleur variante wild.
In 2017 het die belangstelling deur buitelandse jagters om kleur variante te jag, verskriklik toegeneem. Daar was baie kleur variante deur buitelndse jagters gejag gedurende 2017. Meer en meer buitelandse jagters begin kennis neem van die jag van kleur variante, en die aanvraag om verskeie kleur verante soorte te jag, het baie toegeneem soos die jaar gevorder het. In 2018 gaan die Suid Afrikaanse jag ondernemings (outfitters) ook die jag van kleur variante bemark op verskeie jag skoue in die VSA. Dit gaan die eerste keer wees dat die jag van kleur variante op hierdie skaal bemark gaan word.
Ons het 'n artikel geskryf in Engels, wat geskryf is met meer inligting oor die geskiedenis, teel en jag van kleur variante. Hierdie artikel is geskryf vir die buitelandse jagter, om hul kennis oor kleur variante te verbeter. Sie die skakel (link) na die Engelese artikel, bo regs in hierdie blad.
Hier onder is 'n 'n klompie fotos van kleur variante wat in Suid Afrika gejag is, asook goue wildebeeste wat in Namibië gejag is. Die fotos is 'n bewys van hoe die jag van kleur variante deur hoofsaaklik buitelandse jagters, toegeneem het. Hoe meer en meer jagters die kleur variante jag, hoe groter sal die belangstelling van ander jagters wees om ook kleur variante te jag.
Ek vra dat alle wild boere en outfitters wie kleur variante jag, asseblief vir my die fotos en videos van die jag van die kleur variante aanstuur. Hoe meer fotos ons kan byvoeg tot hierdie, asook die Engelse artikel, hoe meer maak ons die wêreld, en veral die buitelandse jagters bewus van die jag van verskeie kleur variante. Dit is tot voordeel van die wild bedryf, die wild boer, die jag ondernemer (outfiiter), asook die professionele jagter (PH). Daar is nou 'n definitiewe eind verbruiker vir die kleur variante, wat finansieël tot almal se voordeel is. Dit gaan verseker die aanvraag na beter kwaliteit teel wild vergroot, en beter kwaliteit teel wild se waarde verhoog.