Wynand wildlife is 'n lid van WRSA
Wild te koop
 
Goue wildebeeste
Konings wildebeeste
Goue konings wildebeeste
Seretse wildebeeste
Swart rooibokke
Saalrug rooibokke
Wit & Wit flank rooibokke
Swartwitpense - alle bloedlyne
Buffels - alle bloedlyne
Baster gemsbokke
Elande - alle variante
Blesbokke - alle variante
Gemsbokke - alle variante
Koedoes - alle variante
Hartwater springbokke
Nyalas
Renosters - wit en swart
Ander skaars en gewone wild

03 Augustus 2017
Ander artikels, nuus, en advertensies - kliek hier

Is die wild bedryf in 'n krisis, of is dit die begin van 'n sterker en beter wild bedryf ?
In 2017 is daar baie mense wie bekommerd is oor die wilds pryse. As ek moet eerlik wees, was ek self verbaas en 'n bietjie bekommerd oor die laer pryse en die kleiner getalle kopers in die wild bedryf. Soos die jaar gevorder het en tyd verloop het, kon ons sien hoe die wild bedryf begin vorm aanneem en stadig maar seker begin stabaliseer. Die afgelope klompie maande het my eie onsekerheid oor die wild bedryf begin verander na positiwiteit vir die toekoms.

Om die vraag: Is die wild bedryf in 'n krisis of is dit die begin van 'n sterker en beter wild bedryf, te kan antwoord, moet ons eers verstaan hoekom die wild pryse gedaal het, asook waarom daar minder kopers die afgelope 8 maande was. Daar is mense wat glo dat die wild bedryf gevou het, of die "bubble het gebars", wat nie die geval is nie. Om my siening en opinie te lees, kliek hier.  (Maak in nuwe venster oop, sodat hierdie blad oop bly om te lees)
Aan die begin van die jaar was daar 'n oorvloed van onder gemiddelde en gemiddelde skaars wild op die mark. Die kwaliteit en die hoeveelheid wild, asook die minder ernstige kopers het veroorsaak dat ons swakker pryse gesien het, en dat die pryse aanhou met daal het. Die afgelope twee maande is daar baie minder skaars wild in die mark, en die pryse het ophou om aanhoudend te daal. Dit wil voorkom asof die minimum pryse of vloer pryse vasgestel is. Sommige wild soorte se pryse het inteendeel die afgelope klompie weke ook positief gedraai, en bietjie destyg.
Dit is belangrik dat die vloer pryse vasgestel is, omdat dit vir ons die huidige minimum waarde gee van die wild waarmee ons teel. Daar moet ook baie duidelik gesê en verstaan word dat die minimum waarde van (1) onder gemiddelde wild, (2) gemiddelde wild, (3) bo gemiddelde wild, (4) kwaliteit wild, - gaan verskil omdat daar verskillende getalle kopers in die vier verskillende wild groepe gaan belangstel. Basiese ekonomiese beginsels. Daar is baie meer onder en gemiddelde wild beskikbaar, maar daar is baie minder ernstige kopers wie belangstel om onder en gemiddelde wild te koop. Dan is daar minder bo gemiddelde en kwaliteit wild beskikbaar, maar heelwat meer ernstige kopers wie sou belangstel om daardie groepe wild te koop.
Hierdie is my opinie wat gevorm is deur daaglikse gesprekke met wild boere en ander, asook die wild mark en pryse dop te hou in drie aspekte, naamlik:
- Wild wat privaat of deur agente en boere self ge-adverteer en verkoop word
- Wild pryse van kleiner veilings met minder goeie kwaliteit wild, swak inligting oor die wild, en minder ernstige kopers
- Wild wat op groter veilings van bekende boere verkoop, met beter kwaliteit wild, rekord houding, en ernstige kopers
Hierdie skrywe is meer gerig op die skaars wild mark, maar veral die kleur variante. Dit is volgens my die sektor in die wild bedryf waaroor baie van die nuwer, kleiner, en gemiddelde boere bekommerd en onseker is.
Daar word baie besprekings gehou oor wat gedoen moet word in die wild bedryf om 'n suksesvolle toekoms van die bedryf te verseker. Ek voel dat baie van hierdie gesprekke word gevoer deur gevestigde boere, en die oplossings gaan beter werk vir die meer gevestigde boere, as vir die kleiner en gemiddelde boere wie in die afgelope drie tot vier jaar tot die wild bedryf toegetree het. Die kleiner boer kan ook deel uitmaak hiervan, indien hulle begin reg boer.
Hierdie skrywe is vir almal in die wild bedryf, maar ek wil meer konsentreer op hierdie groep boere, wie se kennis en ondervinding by baie nog ontbreek, om hul boerderye op te bou sodat hulle meer suksesvol kan boer en kan deel in die wild bedryf se suksesse. Hierdie groep boere is tog die groep wat die meeste wild teen hoër pryse die afgelope 4 jaar gekoop het. Hulle het 'n baie groot rol gespeel in die positiewe groei van die wild bedryf die afgelope klompie jare. Hulle was en is die hartklop van die wild bedryf.
In 2016 het die wild pryse vinniger begin daal, en ek het baie paniek onder kleiner en nuwe boere gesien. Op daardie stadium het ek vir baie mense gesê dat dit is nie lekker om agteruit te boer nie, maar ek glo dat oor 5 jaar gaan ons terug kyk na 2016 (en nou ook 2017), en op 'n manier dankbaar wees vir die tyd wat ons nou deurgaan. Dit klink absoluut absurd om te sê dat ons gaan dankbaar wees vir die daling in pryse. Die voordeel is dat die pryse nie as gevolg van die wild boerdery self gedaal het nie, maar faktore wat die hele land se ekonomie negatief beinvloed het. Wat het gebeur: Besigheids mense wie die wild bedryf as 'n oornag ryk word plan beskou het is nou uit. Kleur variante word meer en meer gejag, wat beteken ons moet nou kwaliteit teel en die bedryf versterk, ens.
Tot nou toe was die wild bedryf basies gebasseer op 'n beginsel van elke man vir homself. Dit is 'n beginsel wat net vir 'n kort termyn kan werk. Elke sektor in besigheid en die ekonomie, selfs ander sektore in landbou, het gereelde besprekings en byeenkomstes vir jare lank al, om die probleme in die industrie te identifiseer, hoe om dit probleme uit te stryk, 'n besigheids plan vir die toekoms, te bespreek hoe die mark in die toekoms gaan verander en wat die industrie moet doen om by veranderende markte aan te pas, ens. Ons het dit nooit gesien in die wild bedryf nie. Tot nou toe was elkeen vir homself. Nou met die droogte, swak ekonomie, min nuwe kopers ens, word die wilds boere gedwing om saam te werk om oplossings en nuwe besigheids formules en aanpassings te vind, asook om te begin saamwerk met ander sektore van die wild bedryf. Met almal se ondervinding en kennis, kan dit net goed wees.
Op Vrydag 07 Julie 2017 was die eerste Wild Indaba by Castle De Wildt. Verskeidenheid sprekers van verskillende organisasies in die wild bedryf het interesante praatjies gelewer. Een van die punte wat bespreek was, - "wie is die eind verbruiker van klaur variasies". 'n Paar eind verbruikers wat genoem was:
• Teel van skaars wild
Teel van kwaliteit wild wat aan ander telers en boere verkoop word, asook teel van skaars wild vir die jag bedryf. Hierdie is nogsteeds die grootste mark, en word verder af in hierdie skrywe bespreek. Daar is nog wild boere wie graag wil teel met skaars wild en kleur variante, wat deur Provinsiale wetgewing gestop word. Dit is baie van die boere met wilds plase in Gauteng en KZN. Die natuur bewaring van hierdie provinsies laat nie toe die aanhou van sekere wild spesies soos nyalas nie, asook nie kleur variante nie. Ek het redelik baie kliënte in Gauteng wie baie graag met goue wildebeeste, konings wildebeeste, swart rooibokke, nyalas ens wil teel en op hul wilds plase laat loop. Ongelukkig mag hulle nie kleur variante en nyalas aanhou nie. Sommiges van hulle het net gesê dat dit is onregverdig dat die re van die land mag boer met hierdie wild, en hulle mag nie. 'n Hele klompie van hierdie boere het kleur variante en nyalas gekoop en geskuif na hul plase in Gauteng en KZN. Die groot probleem vir hulle is vervoer permitte, wat dit vir hulle moeilik maak om hul wild te verkoop. Hulle is ook baie bang vir plaas besoeke van natuur bewaring. Hulle kan hul wild verloor.
• Toerisme
Ek was vir baie jare lank 'n veld gids wie jonger buitelandse toeriste na verskillende parke en wild areas deur Suider Afrika geneem het. Die buitelandse toeriste se vakansies is redelik kort, veral die hoër inkomste groep toeriste. Hulle spandeer normaalweg nie meer as twee weke in Suid Afrika nie, en wil dan al die hoogte punte van die land sien. Normaalweg is dit die Kaap, die tuin roete, Afrika kultuur, en hul wild ondervinding. Hulle verkies om groot Nationale parke soos die Kruger Nationale Wildtuin te besoek. Hulle wil graag in 'n kort tydperk die groot 5 en soveel as moontlik spesies sien wanneer hulle in die parke is.
Waar ek wel dink die toerisme aspek kan werk in die wild bedryf, is studente en jonger buitelandse mense wie op wilds plase werk as vrywilligers (volunteers) om kennis op te bou, en vir die ondervinding daarvan. Dit is al vir jare lank baie gewild vir jong buitelandse mense om vir 'n maand tot drie maande as vrywillers te werk by verskillende teel projekte en reabilitasie projekte. Voorbeelde is De Wildt Cheetah Centre naby Hartbeespoort, en Moholoholo Rehabilitation Centre naby Hoedspruit. Hierdie vrywillegers betaal om daar te werk as "volunteer workers". Ordentlike akkommodasie en daaglikse etes word voorsien deur die plaas.
• Vleis produksie
Wild is baie gesonde vleis, en is in baie groot aanvraag reg deur die wêreld. Die potentiële mark vir wilds vleis is onbeperk, veral in Europa waar mense baie meer gesondheids bewus geword het. Wilds vleis behoort baie goeie pryse te behaal, as 'n gesonde uitsoek vleis produk. Dit laat ook weer die deur oop vir ander geleenthede soos oes spanne, slag, vleis verwerking ens. Vleis produksie loop ook hand in hand met die jag bedryf.
Huidiglik maak die wette van die land nie voorsiening vir die uitvoer van wilds vleis nie, maar word daar hard gewerk daaraan om die huidige wetgewing aan te pas. Dit is 'n realiteit wat nie te vêr in die toekoms is nie, met baie additionle inkomste moontlikhede.
In Januarie 2017 was daar 'n artikel in "Financial Mail" wat kritiek uitgespreek het teen kleur variante. Die artikel het verder gesê dat kleur variante het nie 'n eind verbruiker nie, en dat SCI nie die jag van kleur variante ondersteun nie, en daarom ook nie ondersteun word deur buitelandse jagters nie.
• Kliek op die fotos om te vergroot
• Jag van skaars wild, insluitend kleur variante
Soos ek dit sien is die grootste eind verbuiker van kleur variante, die verkope aan ander telers en wild boere. Dit bespreek ek verder af in hierdie skrywe. Die tweede grootste eind verbuiker sal beslis die jag bedryf wees.
Soos in vorige berigte, was die inhoud van die artikel gegrond op dieselfde mense wie altyd die kleur variante teen staan, en so te sê die hele artikel was geskryf op aanhalings van Peter Flack en kie. Slegs een baie kort paragraaf van twee of drie sinne was waar Jacques Malan aangehaal was.
Met die droogte en swak reën wat daardie tyd ontbreek het, Nene se afdanking minder as twee maande voor die artikel, die Rand en ekonomie wat baie onstabiel was, het baie van die kleiner en nuwe boere groot geskrik.
Regs is 100 fotos van kleur variante wat in Suid Afrika gejag was. Dit sluit ook twee fotos in van 2 x goue wildebeeste van Castle De Wildt wat in Namibië gejag was in 2017. As my inligting reg is, was dit die eerste kleur variante wat in Namibië gejag was. Daar is baie meer kleur variante gejag, as hierdie fotos. Hierdie fotos is slegs fotos wat hoofsaaklik op die internet (facebook) beskikbaar was. Daar is baie jag ondernemers en boere wie nie gejagte kleur variant fotos op die internet plaas nie. Kliek op die fotos om te vergroot.
Die huidige omstadighede het 'n groei in die jag vn kleur variante gesien. Hierdie jaar (2017) was byvoorbeeld die eerste keer dat konings wildebeeste gejag is. Dit het verder tot gevolg gahd dat nie net 'n konings wildebeeste gejag was nie, maar dat wildebees slams gejag was. Drie buitelandse jagters het elkeen 'n konings, goud en blou wildebees gejag. Sien fotos 53 & 55. Behalwe hierdie twee slams, was 'n konings wildebees koei deur buitelandse jagter gejag. Sien foto 35. Die jagter het ook 'n goue wildebees en blou wildebees gejag op 'n ander plaas, om sy wildebees slam te voltooi. Daar is al springbok slams gejag, maar ek glo dat nog slams soos rooibokke, gemsbokke ens sal in die nabye toekoms ook gejag word.
As ek so na hierdie fotos kyk, en ook in ag neem dat die meerderheid van die kleur variante jag fotos sekerlik nie die internet haal nie, - dink ek dat dit is veilig om te sê dat daar baie buitelandse jagters is wie wel daarin belangstel om kleur variante te jag.
Daar is geruime tyd gerugte wat die rondtes doen dat:
SCI (Safari Club International) - VSA,
PHASA (Professional Hunters Association of South Africa),
CHASA (National Confederation of Hunters Associations of South Africa)
nie die jag van kleur variante erken of ondersteun nie.
Van die sprekers by die Wild Indaba by Castle de Wildt, was:
Dries van Coller  (PHASA)
Stephen Palos  (CHASA)
Adri Kitshoff-Botha  (WRSA, en voorheen PHASA en CHASA)
Een van die mense in die gehoor, het die vraag gestel aan die paneel dat
SCI en PHASA nie die jag van kleur variante erken of ondersteun nie.
Al drie die bogenoemde paneel lede het uitdruklik gesê dat dit nie waar is nie. Dries van Coller en Stephen Palos het gesê dat PHASA en CHASA ondersteun die jag van alle wild, insluitend kleur variante. Die paneel het gesê dat SCI het gesê dat hulle nie teen die jag van kleur variante is nie.
SCI erken die horing lengtes van kleur variante, wat beteken dat 'n goue wildebees bul se mates kan onder gewone blou wildebeeste gelys word. Die kleur wildebeeste en rooibokke is nie sub spesies nie, maar wel variante. Met ander woorde goue, konings, royal ens wildebeeste is variante wat nogsteeds deel is van die blou wildebees spesie, en daarom gaan hul horing mates onder blou wildebeeste gelys word. Die kleur van die goue wildebees, en ander kleur variante is uniek en uitsonderlik vir die jagter wie die trofee in sy trofee kamer kan ten toon stel vir sy gaste en vriende.
• Die probleme met jag van kleur variante
Dit is geen geheim dat van die biltong jag organisasies, Peter Flack, en ander teen die teel van kleur variasies is nie. Toe die kleur variasies se verkope gestyg het 'n paar jaar gelede, het die pryse van gewone rooibokke en wildebeeste gestyg as gevolg van die groot aanvraag na basis vroulike diere. Baie van die plaaslike biltong jagters het begin kla oor die pryse van die wild, en gesê hulle gaan nie daardie pryse vir die gewone wild betaal om te jag nie. Ek vermoed dat daar was baie biltong jagters wie toe ook nie hul lidmaatskap gelde betaal het nie. Dit was veral vanaf daardie tyd dat daar koerant en ander media artikels begin verskyn het wat die kleur variasies gekritiseer het. Die inhoud van die artikels was en is nogsteeds gebasseer uit die oogpunt van anti kleur variant ondersteuners.
Ongelukkig was die inligting wat geskryf was oor die kleur variante, valse inligting en half waarhede. Die wild boere was nooit die geleentheid gegee om die waarheid te vertel in hierdie artikels nie. Dit het baie vinnig oorgeloop na sosiale media, waar biltong jagters kleur variante kritiseer met dieselfde valse inligting, as wat die artikels oor geskryf het.
Die bogenoemde manier hoe baie van die Suid Afrikaanse publiek die kleur variante sien, het die wild bedryf 'n slegte naam gegee, wat die wild boer se inkomste en groei negatief beinvloed. Die huidige groter probleem met valse inligting oor kleur variante, en wat die jag van kleur variante direk negatief beinvloed, is die Suid Afrikaanse professionele jagters (PH's). Die afgelope jaar of twee word daar van tyd tot tyd 'n foto van 'n kleur variant soos 'n swart rooibok of goue wildebees wat gejag is op facebook of ander platvorms geplaas deur die outfitter of wild boer. Dit behoort positief vir die wild bedryf te wees, deur te wys dat kleur variante wel gejag word deur buitelandse jagters, wat eintlik bemarking is vir die jag van kleur variante.
Ongelukkig is daar dikwels die anti kleur variant kommentaar, waarin die valse inligting van die artikels + die stertjies geskryf word deur hierdie mense. Die meerderheid van die tyd word die anti kleur variant kommentaar geskryf deur Suid Afrikaanse PH's. Baie van hulle skryf ook in Engels, sodat hul Amerikaanse kliënte / jagters wat vriende is met hulle op facebook, dit ook kan lees. Dit is nou al op die stadium waar die Amerikaanse jagters ook negatiewe kommentaar lewer oor die jag van kleur variante. Die PH's vertel ook hul Amerikaanse jagters dat kleur variante is mens gemaakte wild, geneties gemanupileerde wild is, onnatuurlike wild is, en net geteel word om die Amerikaanse jagters uit te buit deur die wild vir baie meer geld te laat jag as wat dit werd is. Daarom is daar 'n groep van die Amerikaanse en ander buitelandse jagters wie nie die kleur variante wil jag nie.
Die oplossing is baie eenvoudig, maar hier is ek teleur gesteld in die organisasies (soos WRSA) wie deur die boere gesien word as die liggaam wat die wild bedryf reguleer. Hoeveel van WRSA se lede en/of boere wat hulle volg, teel met kleur variante? Terselfdertyd wil ek ook noem dat WRSA het goeie werk gdoen ten opsigte van ander belange in die wild bedryf.
Hierdie probleem waar kleur variante aangeval word deur SA jagters vereenigings, sekere mense, en die SA professionele jagters, gaan nou al aan vir 'n paar jaar. WRSA en ander groot boere in die wild bedryf het die standpunt ingeneem dat hulle wil nie in "modder gooiery" (mud slinging) betrokke raak met hierdie mense en groepe nie, en daarom het hulle nog nooit 'n standpunt ingeneem om die kleur variante te verdedig nie, alhoewel groot getalle van die telers van kleur variante jaarliks lede geld betaal aan WRSA.
Die naaste wat WRSA daaraan gekom het, was toe hulle op 10 Februarie 2017 'n epos uitgestuur aan die WRSA lede. Sien epos links.
Alhoewel WRSA deur die uitstuur van die epos erken dat dit wel WRSA se verantwoordelikheid is om iets oor soortgelyke artikels, kommentaar, ens te doen, is vir my die belangrikste sin in die epos, die heel laaste sin. In hierdie een sin het hulle die wild boere die versekering gegee dat WRSA wel iets daaromtrent doen, en dat hulle hul opsies oorweeg.
Dit is nou einde Julie 2017, en WRSA het 6 maande later nog niks omtrent daardie artikel of vele meer soortgelyke aanvalle op kleur variante daarna gedoen nie. Daar was in die verlede baie geleethede om die gesprek aan te pak op 'n ordentlike manier, maar hierdie artikel in Financial Mail was die sleutel artikel wat groot skade berokken het aan die wild bedryf. Hierdie artikel was internationaal baie wyd versprei, en was duisende kere "ge-share" op sosiale media. Omrede die artikel so wyd versprei was, was dit die gulde geleenthid om die wêreld in te lig omtrent die waarhede van die kleur variante.
Hierdie was 'n sleutel tyd en gulde geleentheid om die jag van kleur variante te bevorder en sodoende te adverteer. Met die aanhoudende droogte en verswakte ekonomie het ons gesien dat minder wild in 2017 verkoop word, wat beteken daar is meer kleur variante beskikbaar om gejag te word.
Ongelukkig het die stilte en "geen kommentaar" van die wild bedryf se kant af, die teenoorgestelde effek gehad, waar die valse inligting versprei het soos 'n veldbrand, en minder jagters belang stel om kleur variante te jag. Volgens die inligting wat tot hul beskikking is, is kleur variante mens gemaakte en geneties gemanupileerde onnatuurlike wild wat in klein kampies gejag word.
Finansieël het dit ook die "uniekheid" van die kleur variante baie skade aangedoen, deurdat boere nou hul kleur variante vir baie minder as in vorige jare laat jag, net om hulle gejag te kry. Dit in 'n tyd wanneer dit baie meer bekostigbaar is vir die buitelandse jagters met die Rand wat soveel verswak het teen die VSA Dollar en Europese Euro. Deurdat die jag waarde verminder het, het dit ook 'n negatiewe uitwerking op die mark waarde van die kleur variante.
WRSA en die wild bedryf het geen rede om in 'n "modder gooiery" betrokke te raak nie, maar kan nogsteeds die negatiewe persepsie van kleur variante (en ander wild) regstel. As ons kyk na die negatiewe kommentaar en artikels, word dieselfde klompie punte oor en oor gebruik deur die anti kleur variant ondersteuners. Die wild bedryf is nou al baie verder gevorder, en het ons nie net geskiedkundige bewyse nie, maar ook wetenskaplike bewyse van die oorsprong van kleur variante, asook die teel en boer metodes van kleur variante. Die wild bedryf het ook tot sy beskikking een van die sterkste voorbeelde en plus punte vir die kleur variante, en dit is die wit rooibokke wat nie net natuurlik voorkom in die Kruger Nationale Wildtuin en ander omliggende Natuur Reservate nie, maar ook die feit dat hulle baie goed doen en vermeerder in hierdie parke en reservate.
Wanneer daar niks gedoen word nie, maar die valse inligting word aanhou versprei, sal die mense dit begin glo. Kyk wat gebeur nou in Suid Afrikaanse politiek. Die ANC hou aan praat van "gesteelde grond" en "white monopoly capital". Toe hulle daarmee begin het, was daar min mense wat hulle geglo het, maar hou die kommentaar op politieke blaaie dop, en julle sal sien dat meer en meer mense begin glo dat die grond is gesteel, en daar bestaan so iets soos "white monopoly capital". Wanneer 'n leun genoeg kere vertel word, sal dit die waarheid oordonder, en meer en meer mense sal die leun as waarheid begin glo. Om niks te doen nie - gaan net die probleem vererger, en dit gaan oorloop in ander aspekte van die wild bedryf. Daar is 6500 renosters op wilds plase. Minus die 1500 renosters van John Hume, is daar 5000 renosters op wilds plase. Hoeveel van hierdie 5000 renosters loop op plase waar daar nie met kleur variante geteel word nie. Dit was en is vir baie renoster eienaars een van die maniere om die hoër inkomste te genereer om die beskerming van die renosters te kan bekostig.
Wat ek graag sal wil sien vanaf WRSA en die leiers in die wild bedryf:
(1)
Daar moet 'n volledige inligting stuk geskryf word met voorbeelde in Afrikaans en Engels, oor die die kleur variante. Die inligting stuk moet die punte wat nie waar is nie aanspreek, wat die anti kleur variant mense en organisasies normaalweg noem of publiseer. Hierdie informasie / inligtings stuk moet op WRSA se webblad permanent wees, sodat wanneer daar weer valse inligting op byvoorbeeld facebook geplaas word, daar net met 'n skakel (link) verwysing na die blad die regte inligting aan die lewers gegee kan word.
(2)
CHASA en PHASA het op 07 Julie 2017 op kamera gesê dat hulle die jag van kleur variante ondersteun. Daar was daardie dag baie gepraat van samewerking tussen die wild bedryf en die jag bedryf. Dit sal fantasties wees vir die jag bedryf asook die wild boere as CHASA en PHASA vir die wild bedryf die geleentheid gee om in hul publikasies en nuus briewe die ware feite en inligting te kan adverteer in 'n volblad inligtings stuk. Sodoende sal die PHASA professionele jagters ook reg ingelig wees, met ondersteuning van PHASA. Dit sal 'n groot voordeel vir die wild boere, PHASA, asook hul professionele jagters wees. Dit sal nog meer fantasties wees as hulle die volle inligting / informasie stuk in een van hul epos nuus briewe aan hul lede sal stuur. Daar is tog baie van PHASA se professionele jagters wat baie van die skade gedoen het deur hul oningeligte en valse uitlatings.
(3)
WRSA is die idiale liggaam om met SCI te gaan gesêls spesifiek oor die kleur variante. Ek dink dit is belangrik om die bestuur van SCI te "educate" soos die Engelse sou sê. Indien hulle verstaan hoe uniek die kleur variante is, hoe en hoekom hulle geteel word, en dat hulle op oop plase gejag word en nie in klein kampies nie, sal die wild bedryf baie baat daarby kan vind. WRSA kan dan onderhandel om meskien 'n vol blad of twee blad inligting stuk oor kleur variante in SCI se tydskrif te kan plaas. Dit sal wonderlik wees indien die wild bedryf 'n stalletjie het by SCI skoue om mense inligting te gee oor die kleur variante en sodoende die Amerikaanse jagters die regte kennis te gee van die variasies en die jag daarvan.
(4)
Dit is baie belangrik om ons plaaslike jagters en wild lief-hebbers ook die regte inligting te gee. Meeste van hulle het nie die kennis nie, en glo al die nonsens wat tot nou geskryf is, - net omdat daar nog nooit geskryf is vanaf die wild bedryf se kant af nie. Daarom sal dit belangrik wees om in plaaslike publikasies soos "Wildlife Ranching" asook in "Wild en Jag" die inligtings stukke oor kleur variasies te publiseer in 'n vol blad of twee blad artikel.
(5)
Die wild bedryf moet 'n onderrig (education) veldtog aanpak waardeur soveel moontlike mense dit kan sien en lees, om hulle die nodige kennis te gee om nie te twyfel oor die ware feite van die kleur variante nie. Hou ingedagte dat die meerderheid nuwe toetreders tot die wild bedryf in die afgelope 4 jaar, se eerste wild wat hulle gekoop het, normaalweg kleur variante was. Hulle was die mense wie die wild bedryf tot dievolgende vlak geneem het deur hul aankope, maar nie nou ondersteun word nie, want hulle is klein boere.
(6)
Ek moedig outfitters, professionele jagters, en wild boere aan om soveel van hul gejagte kleur variante se fotos op sosiale media te plaas. Hoe meer mense sulke fotos sien, hoe vinniger sal hulle dit aanvaar. Sosiale media is 'n geweldige sterk netwerk wat die hele wêreld bereik. Maak net baie seker dat julle die fotos smaakvol aanbied, dat daar geen heinings in die agtergrond sigbaar is nie, en dat die jagters nie wild met oor plaatjies jag nie.
(7)
Ek begin voel soos 'n "keyboard warrior" wanneer mense al die valse inligting van kleur variante versprei.
Ek het op talle "posts" kommentaar gelewer met die feite van kleur variante. Julle sal nie glo hoeveel mense het al hul siening verander ten opsigte van kleur variante wanneer hulle die feite tot hul beskikking het nie. Tot nou toe was daar nog geen publikasies of onderrig artikels gewees oor wat kleur variante eintlik is nie, en hoe hulle geteel en gejag word nie. Die mense het nog net die valse inligting oor en oor gesien en gehoor, en daarom dink hulle dit is die waarheid.
Ek het so paar feite oor die kleur variante bymekaar gesit. Dit is min of meer die inligting wat ek altyd vir die anti kleur variante ondersteuners skryf. Ek het onlangs dieselfde inligting gebruik vir 'n groep biltong jagters en baie professionele jagters wat baie sterk uitsprake gemaak het teen kleur variante. Kliek hier om my antwoorde te lees.
Ter afsluiting oor die jag van skaars wild:
Ek het hierbo meer gefokus op die jag van swart rooibokke en goue wildebeeste, omdat dit die kleur variante is waarvan daar al meer is. Daar is al 'n definitiewe onderskeid tussen jag ramme / bulle, en teel ramme / bulle. Hierdie is een van die positiewe punte wat die wild bedryf sterker gaan maak, wat as gevolg van die huidige swakker ekonomiese toestande ontstaan het. Twee jaar gelede was daar baie kopers wie opsoek was na swart ramme en goue bulle, - toe word ramme en bulle wat eintlik jag diere is, verkoop as teel ramme en bulle om die vraag te bevredig.
Daar is heelwat van die kleiner en nuwer boere wie geskrik het vir die prys dalings in die wild bedryf. Baie van hierdie boere het in die laaste twee tot drie jaar begin met hul wild boerderye en teel projekte, en wild aangekoop teen baie hoër pryse as wat hulle nou kan kry vir hul wild. Party van hierdie boere dink dat die wild bedryf soos baie van gelees het (en geken het) is nou verby, en hulle gaan alles verloor. Vir hierdie boere wil ek sê dat dit is nie die geval nie. Dit is nie die wild bedryf wat die verlaagde pryse en minder kopers veroorsaak het nie, maar wel ander omstadighede wat die wild bedryf gebring het tot waar dit nou is. Lees my opinie oor hoekom die wild se pryse waarde verloor het - kliek hier. Dit is dieselfde blad as die skakel bo in hierdie blad.
Soos op die Wild Indaba deur meer as een spreker genoem is, is die Suid Afrikaanse wild bedryf bevoorreg deur baie unieke wild te hê wat nêrens anders in die wêreld beskikbaar is nie. Dit gaan van die wild bedryf afhang om hierdie unieke wild aantreklik te maak en te bemark aan buitelandse jagters. Amerikaanse jagters is die grootste groep buitelandse jagters wat na Suid Afrika toe kom. Op die Wild Indaba was 'n statistiek genoem wat my van my voete afgeslaan het. Van al die jagters bo 16 jaar oud in Amerika, kry die Suid Afrikaanse jag bedryf net 0.3% (nul punt drie) van die Amerikaanse jagters. Dink net aan die enorme moontlikhede as die wild en jag bedryf saamwerk en ordentlike bemarking doen om meer jagters na Suid Afrika te trek. In die begin van hierdie skrywe het ek genoem dat tot nou toe, was elke man vir homself. Ons gaan slimmer moet werk, en saam moet werk om daardie persentasie op te stoot. Indien ons net 1% van die Amerikaanse jagters kry, het ons drie keer soveel Amerikaanse jagters, as wat nou Suid Afrika toe kom om te jag.
Suid Afrika het 'n baie groot verskeidenheid wild spesies om te jag. Daarom kom die meerderheid van die Amerikaanse jagters weer en weer terug Suid Afrika toe, om hul "wish list" te voltooi. Baie van hierdie jagters het nou al twee of meer rooibok, wildebees, en swartwitpens trofees. Wat is die kanse dat hulle nog een van daardie wil jag, behalwe as hy die geleentheid het om 'n ram of bul met heelwat groter horings as sy vorige trofees te jag. Dit is waar die kleur variante 'n groot rol gaan speel, deur die jagter die geleentheid te gee om 'n unieke ram of bul langs sy ander trofees te sit. Baie van die Amerikaners het groot trofee kamers. Dit kan ook tot gevolg hê dat hy nou weer 'n gewone rooibok of wildebees wil jag, om langs sy full mount swart ram of goue bul te staan. Ek het geen twyfel dat baie van die kleur variante full mounts gaan word nie, - net om die bok in geheel te kan vertoon. "Bragging rights", soos die Engelse sou sê.
Gebruik die huidige omstadighede om vir jou 'n sterker en beter boerdery te bou
Ons kan baie bly wees dat ons met wild boer, want ons boer nog vir 'n goeie persentasie profeit. Boere wie ernstig is oor hul wild boerderye gebruik huidige omstadighede om hul profeite te verbeter, deur basiese gesonde ekonomiese besigheids beginsels, asook gesonde boerdery konsepte toe te pas.
Alle sektore in die ekonomie word negatief beinvloed deur die huidige resessie en politieke omstandighede. Die wild bedryf doen baie goed in vergelyking met baie besigheids sektore in Suid Afrika. Besigheids manne wat twee jaar gelede met sakke vol geld rond geloop het, is vandag besig om alles te verloor. Iemand wat ek goed ken doen vervoer vir vir 'n sement myn. Hulle het tot redelik onlangs amper 'n 100 trokke gehad, wat nou af is na 80 trokke, waarvan baie in die werf staan sonder werk. Daar is baie mense wat goeie kontrakte met die myne gehad het, en groot geld gemaak het. Die banke is nou besig om baie van hierdie mense se bates terug te vat. Grond skuif masjienerie wat 'n jaar gelede vir R 600 000 tot R 1 000 000 op veings verkoop het, verkoop nou onder 'n R 100 000. In die week het 'n D5 bulldozer in uitstekende kondisie verkoop vir R 35 000 op veiling. Ja, dit is 'n kleiner masjien, maar omdat die masjien kleiner is, behoort daar baie meer kopers te gewees het. Nuwe voertuig verkope is af met 2.6% jaar op jaar. Die ekonomie in alle besigheids sektore word negatief beinvloed.
Elke week hoor ek klein boere sê dat dit is net die groot naam boere wie goeie pryse kry vir hul wild, en geld maak uit die wild bedryf. Of dat die pryse wat die groot naam boere op hul veilings kry 'n klug is. Baie mense beweer sameswerings, en bevraagteken die pryse en verkoop transaksies. Hierdie tipe aanmerkings word gemaak uit onkunde en mense wat nie gaan sit en dink hoekom hierdie pryse behaal word nie.
Die afgelope paar jaar tot net 'n paar maande gelede, was daar so baie nuwe toetreders tot die wild bedryf. Die groter meerderheid van hulle het begin deur 'n swart rooibok ram te koop saam met basis of split ooie, dan 'n goue wildebees bul met basis of split koeie, en dan die swartwitpense. Die afgelope klompie jare was daar baie meer kopers, as swart rooibokke en goue wildebeeste wat beskikbaar was om te koop. Daarom was alle swart rooibok ramme en goue wildebees bulle verkoop as teel ramme en bulle, alhoewel meerderheid van die ramme en bulle baie onder gemiddelde en ook gemiddelde ramme en bulle was. Die tweede probleem was dat swart rooibok ramme en goue wildebees bulle redelik duur was, daarom het die nuwe toetreders en kleiner boere wie meestal nie die finansieële vermoë gehad het om kwaliteit of ouer ramme en bulle te koop nie, jong diere vir goedkoper gekoop. Verstaanbaar waarom, maar niemand kon vir jou sê hoe daardie ramme en bulle gaan lyk wanneer hulle uitgegroei is nie. Meerderheid van daardie ramme en bulle is vandag onder gemiddeld en is eintlik jag ramme en bulle.
Dan is daar die boere wat wel verstaan hoekom die groot naam boere beter pryse kry. Dit is redelik eenvoudig - kwaliteit wild.
Wat word bedoel met kwaliteit wild? Dit is 'n baie lang gesprek, maar in kort behels die term kwaliteit wild meer as net horing lengtes soos baie mense wil glo. 'n Kwaliteit bok is nie die enkele bok wat per ongelukkig geteel is wat groot horings het nie. Dit is wild wat uit kuddes / troppe geteel word wat oor baie jare opgebou is deur aandag te gee aan al die wild in daardie trop en gereeld genetika te verander om die hele trop se "kwaliteit" te verbeter. Met ander woorde, daar word gereeld nuwe teel diere ingekoop wat bietjie beter is as die vorige teel diere. Aandag word gegee aan kleur, lyf grootte, horing lengtes, en die geskiedenis ("pedigree") van die vorige aanteel uit dieselfde troppe en hoe hulle lyk as volwasse diere. Een van die belangrikste is volledige rekord houding van alle bloedlyne, sovêr terug as moontlik. Kwaliteit is ook hoe die nageslag van bv 'n "kwaliteit" bul saam met 'n gemiddelde of bietjie beter as gemiddelde koei gaan lyk en groot word. As daardie nageslag beter is as wat met 'n ander bul geteel word, weet ons dat die teelbul wat die pa van die beter nageslag is, beter kwaliteit is.
Groot boere koop nie 'n bietjie nie, maar koop baie wild in elke jaar, om hul eie troppe te verbeter. Hulle stel nie belang in die gemiddelde wild wat vollop in die mark is nie. Hulle hou hul oë en ore oop opsoek na goeie wild wat hul troppe sal verbeter. Kyk wie is die kopers op die groter veilings waar top genetika wild aangebied word. Dit is die groot boere, maar ook die boere wie onlangs begin het en ernstig is oor hul boerderye en nie die eerste en beste koop nie. Dit is die nuwer en kleiner boere wie as "vinnig opkomende boere" bestempel word of bekend staan.
Dit is die grootste rede waarom groot naam boere altyd meer geld kry vir hul wild. Daardie boere het baie jare lank geteel, en het miljoene Rande gespandeer om hul aanteel te kry tot waar dit nou is, en as goeie genetika beskryf te kan word. Hulle koop by boere met goeie rekord houding en het self goeie rekord houding van hul eie aanteel. Daardeur weet hulle presies watse bloedlyne, oupa, ouma, pa en ma die voorgeslag is van die wild wat hulle mee teel. Hulle het jare lange geskiedenis van die vorige nageslagte en hul kwaliteit, wat geteel is uit daardie troppe. Hulle weet presies watse ooie, koeie, ramme, en bulle gee vir hulle die beste nageslag. Daar is DNA van elke bok op die plaas, om hulle te help met kwaliteit teling, asook besluite soos watse diere om te verkoop, of mee te teel.
Die gevolg is dat meerderheid van hierdie boere is besig om jag wild te teel, en nie teel wild te teel nie. Soos hierbo genoem, is daar nou heelwat meer swart rooibok ramme en goue wildebees bulle wat gejag word, en hierdie getalle gaan jaarliks vermeerder. Daar is 'n definitiewe onderskeid oor wat jag ramme en bulle is, en wat teel ramme en bulle is. Indien hierdie boere nie baie vinnig die ramme en bulle waarmee hulle teel verander nie, gaan dit 'n rampspoedige effek op hierdie boere hê. Daar is groot prys verskille tussen teel en jag wild. Dan is daar verder ook groot prys verskille tussen gemiddelde teel diere, en kwaliteit teel diere.
Verduideliking van wat ek bedoel: Net 7 tot 8 jaar gelede was 41" tot 43" swartwitpens bul 'n goeie teelbul gewees, en 44" tot 46" uitsonderlike teelbulle gewees. Vandag word 41" tot 43" bulle gesien as onder gemiddelde bulle, en word hulle gejag. Daar is baie boere wie baie ernstig is oor hul wild en boerderye, wie baie aandag gee aan die kwalitet van hul wild. Dit wil sê dat daardie boere hard werk daaraan om die horing lengtes van hul wild te verbeter. As jy met swart rooibokke en goue wildebeeste teel wat alreeds jag wild is, gaan jy baie binnekort sit met 'n probleem waar jou jag wild geen waarde gaan hê nie, omdat die gemiddelde horing lengtes elke jaar groter word, en jy baie klein jag wild gaan hê oor 'n paar jaar terwyl ander boere heelwat groter jag wild aanbied. As jy met beter kwaliteit wild boer, gaan jy ook jag wild aankry wat beter kwaliteit jag wild is. Wanneer jy met minder goeie kwaliteit wild teel, gaan jy net jag wild teel wat onder gemiddeld is en oor 'n paar jaar nie 'n aanvraag gaan hê nie. Jagters jag vir die trofee en "bragging rights", en stel nie belang in kleiner trofees as daar ander beter trofees beskikbaar is nie. Jy gaan op eindig deur jou "duurder wild" te jag vir klein bietjie beter as biltong pryse.
Die huidige droogte en ekonomiese omstandighede het verlaagde wild pryse veroorsaak. Dit is nie net negatief nie, maar het baie positiewe aspekte. Dit gee die geleentheid vir al die wild boere, maar veral die kleiner en nuwer wild boer, asook die nuwer "opkomende boere" die geleentheid om hul wild se kwaliteit te verbeter, en 'n goeie toekoms in die wild bedryf te vestig. Die groot wild boere gryp die geleentheid aan en gaan net nog groter en sterker hieruit word. Die opkomende nuwe boere gebruik hierdie tyd om nuwe beter genetika te bekom, of uit te brei in wild wat hulle nooit voorheen kon bekostig nie. Ongelukkig is die meerderheid nuwer, kleiner, en laer-gemiddelde boere besig om nie net aan hul eie boerderye groot skade te rig wat hulle in die afgrond instoot nie, maar hulle besluite is ook besig om skade aan die hele wild bedryf te rig. Daar is baie van die veilings, en wild agente / smouse wat 'n baie groot bydrae tot die skade lewer, soos ek verduidelik het in die blad oor "Redes hoekom die wild pryse gedaal het".
Daar is baie wilds plase in Gauteng en KZN. As die wetgewing verander kan word, en 5% van hierdie plase koop skaars wild om mee te teel, is dit 'n baie groot getal wild wat verkoop gaan word. Ek weet nie wat was die proses en onderhandelinge met die Wes Kaap natuurbewaring nie, wie ook tot onlangs geen kleur variante en ander wild toegelaat het nie, maar ek voel dat daar met Gauteng en KZN natuurbewaring onderhandel moet word.
Baie van julle ken my glad nie, party ken my as 'n wild boer, en ander ken my as 'n wild agent. Die waarheid is dat ek is 'n wild boer vanaf 2008, asook 'n wild agent vanaf 2010. Die mense wie my goed ken sal weet dat ek baie lief is vir alle wild, maar 'n besonderse liefde het vir veral wildebeeste en rooibokke. Dit het tot gevolg gehad dat baie van die wild wat ek as agent bemark en verkoop het, was wildebeeste en rooibokke asook hul variante. Ek het ook die voorreg om vanaf die begin betrokke te gewees het by die bemarking en verkope van konings wildebeeste, deur my goeie vriendskap met Kruger van Zyl. Daar is selfs mense wat dink dat ek boer, en bemark net die wildebees en rooibok varinte - wat natuurlik nie waar is nie.
Die kleiner boere wie in die laaste paar jare begin het met teel projekte, het daardie tyd redelike bedrae betaal vir hul teel ramme en bulle. Nou dat die wild bedryf vorm verander het waarby hulle sal moet aanpas, is hulle te bang om die nodige veranderinge aan te bring, omdat hulle nie "verder wil geld verloor nie", of hulle soek goedkoop opsies om die nodige veranderinge aan te bring. Hierdie kleiner en nuwer boere (selfs groter boere) is besig om hul eie grafte net dieper en dieper te grawe, tot 'n punt wat dit hulle baie geld gaan kos om uit te kom, of hulle gaan alles verloor.
Ek word baie gereeld gekontak deur boere wie opsoek is na wildebees en rooibok kleur variante. 'n Groot gedeelte van hierdie boere is alreeds besig om te teel met die variant waarna hulle opsoek is, en ander boere wil graag begin met teel projekte van die variante waarna hulle opsoek is. Om die verduideliking te vereenvoudig, gaan ek gesêls oor konings wildebeeste wat boere navraag oor doen en opsoek is na. Dieselfde gebeur met ander wild wat boere koop.
A  =  23", wat die gemiddelde horing lengte van konings bulle in Suid Afrika is
B  =  27" waarvan daar ongeveer net 35 tot 40 in Suid Afrika is
C  =  2de grootste konings wildebees bul in Suid Afrika
Bulle B & C is geteel deur Kruger van Zyl, wie begin teel het met konings wildebeeste in 2003. Hy het baie aandag gegee aan horing lengtes, deur elke jaar vir 10 jaar lank Tuli koeie met groter en groter horings in te koop, asook meer as 20 konings wildebees bulle en koeie in te koop om die horing lengtes te verbeter en genetika te versterk. Hy het in 2017 met 16 konings wildebees bulle geteel in kampe en op 'n oop plaas. Van die 16 teelbulle, is daar slegs 4 teelbulle wat nie 27" meet nie, die ander 12 teelbulle meet vanaf 27" tot 29+". Die 4 teelbulle wat nie 27" meet nie, is amper 27", terwyl een van die bulle "Kruger snr" is, wat die pa is van 27" tot 29" bulle, en 80% van sy bul nageslag meet 27". Die bul in foto (C) is een van "Kruger snr" se seuns. Uit die 16 teelbulle wat Kruger van Zyl in 2017 gebruik het, is slegs 3 van hulle bloed verwant aan mekaar. Uit die 35 - 40 bulle wat 27" meet, is 12 op Kruger se plaas, en 9 van die ander bulle is wat hy geteel het en verkoop het, insluitend "King". Al die konings wildebeeste wat Kruger teel, het baie groot lywe. Die bulle dek op 2.5 jaar oud 20 tot 30 koeie, en al sy verse lewer hulle eerste kalwers op 2 jaar oud. Met sulke statistieke is dit seker redelik veilig om te sê dat Kruger van Zyl top kwaliteit konings wildebeeste met sterk bloedlyne en goeie genetika teel, indien nie die beste in Suid Afrika nie.
Die afgelope paar weke het 'n hele klomp boere my gekontak, wie opsoek is na konings wildebees bulle. Meerderheid van hierdie boere het nog nie konings wildebeeste nie, maar wil nou begin met konings wildebees teel projekte terwyl die pryse meer bekostigbaar is vir hulle. Sommige boere wat my gekontak het, het reeds 'n trop konings wildebeeste, en wil graag 'n tweede trop begin om die eerste trop se verse en koeie te dek. Baie goeie plan om die genetika te verander en terselfdertyd op te gradeer met horing lengtes. Die meerderheid boere soek bulle wat volgende jaar kan dek.
Kruger het besluit om 'n paar van bul "C" in die foto links, wat die 2de grootste konings in die wêreld is, se seuns te verkoop wat nou 18 maande oud is. Hierdie bulle sal volgende jaar verse en koeie met gemak dek. Bul "C" was self op 2 jaar oud by 26 volwasse koeie gesit, en hy het nie net elke koei gedek nie, maar al die koeie het op tyd gekalf. Hierdie jong bulle (seuns van C) is uitstekende bulle met baie groot lywe, baie mooi kleur, uitstekende horings wat op 17 maande oud al baie groter is as die gemiddelde teelbulle in SA, en seuns van die tweede grootste konings bul in die wêreld. Kruger soek vir hierdie uitsonderlike bulle net R 200 000 elk + BTW, wat volgens my 'n winskoop is. Hou ook ingedagte dat Kruger van sy beste koeie met goeie horing mates by "bul C" gesit het, wat die ma's is van hierdie bulle. Wat sal 'n seun met groot groeiende horings wat volgende jaar kan dek, van die 2de grootste swartwitpens in die wêreld kos?
Ek weet vir 'n feit dat daar is geen ander sulke konings wildebees bulle in die mark nie. So te sê elke koper  wat my gekontak het, se eerste reaksie wanneer ek vir hulle meer vertel van die bulle en die prys noem van R 200 000, is: "Ek kan 'n 18 maande bul koop vir R 120 000". Wanneer ek begin uitvra oor die bulle wat hulle kan kry teen daardie prys, kom ek agter dat die pa's is 23" (soos die bul in "A"). Die teel troppe is onveranderd met dieselfde klein horing koeie en genetika.
Kruger verkoop ook konings verse, waarvan die ma's geteel is uit groter horing koeie en 27+" bulle. Die konings verse wat te koop is se pa's is 26" tot 27.5" wat glad nie bloed verwant is aan die ma's of hul ouers nie. Dit is goeie genetika konings verse wat enige konings teler sal help om goeie teel troppe te bou. Vir die kopers wie 'n paar konings verse soek, sal Kruger konings verse uit verskillende kampe, wat glad nie verwant is aan mekaar nie, bymekaar sit as 'n pakkie. Uitstekend vir beginners of mense wie tweede teel troppe wil begin. Hierdie verse word verkoop om op 8 maande oud te laai, en sal volgende jaar gedek kan word en 'n konings kalf lewer einde volgende jaar. Die verse word verkoop vir R 70 000 elk. Dan vertel die koper vir my dat hy kan verse kry vir R 50 000 elk. Vir die verskil van net R 20 000 vir die beter en kwaliteit verse, het nie een uit 7 of 8 kopers wie my gekontak het nie, 'n enkele vers gekoop nie.
Die kwaliteit van die goedkoper bulle en verse is glad nie vergelykbaar met wat vir die kopers aangebied is nie, maar die koper sal 99% van die tyd eerder die goedkoper bulle en verse koop. Dit is nie net die geval met hierdie konings wildebeeste nie, maar met alle wild, waar die kleiner nuwer en gemiddelde boere eerder die goedkoper wild koop, of die prys van beter wild probeer af-stry na dieselfde prys as die swakker goedkoper wild wat ook op die mark is.
Die realiteit vir boere wie die goedkoopste wild soek om te koop, is dat hulle is hul eie grootste vyand, en is self besig om hulself in die afgrond in te boer en hul eie boerderye te vernietig. Anders as net twee jaar gelede, is nie alle wild wat te koop is teel wild nie. Die droogte en ekonomiese omstandighede het veroorsaak dat die vraag nou kleiner is as die aanbod, en as gevolg daarvan is daar nou 'n duidelike verskil tussen jag wild en teel wild. Die "bargains" wat hulle koop, is nie "bargains" nie. Dit is jag wild wat hierdie boere as teel wild wil gebruik. Hierdie "bargain" diere se aanteel gaan net nog jag wild wees, wat oor 'n paar kort jare ook onder gemiddelde jag wild gaan wees.
Terug na die konings wildebeeste as voorbeeld.
Die aanteel van meerderheid van die "bargains" gaan klein horing bulle en koeie wees. 'n Boer het vir my 'n foto gestuur van sy 'bargain" bul wat hy gekoop het vir R 100 000. Daardie bul het op 18 maande oud 16" horings. Ek sal verbaas wees as daardie bul uitgegroei 20" tot 21" horings gaan hê. Dit was grootliks die agent se skuld, wie vir die boer vertel het dat die bul se horings gaan groei tot op 3 jaar oud, en omdat die bul 'n redelike kol het, gaan sy aanteel mooi kolle hê en in groot aanvraag wees vir baie geld. Baie van die boere wie ernstig is oor hul boerderye se koeie is so groot, of groter. Hierdie koper se aanteel gaan net nog jag diere wees, wat kleiner horings as ernstige boere se jag bulle gaan hê. Die boere wie ernstig is oor hul boerderye, hou aan om hul teel troppe te verbeter deur aankope van kwaliteit wild (nou teen goedkoop pryse). Dit beteken die kwaliteit en horing lengtes van hul teel diere gaan net beter en beter word, wat ook beteken dat die horing lengtes van hul jag wild gaan ook verbeter. Dit is die "bargain hunters" se direkte kompetiesie in die teel mark, asook in die jag mark. Oor 3 jaar gaan niemand belangstel om daardie bulle te jag nie, want daar is beter bulle beskikbaar om te jag. Kyk na fotos 11 en 53. Dit is 'n konings bul van 4 jaar oud wat gejag is en 26 5/8" gemeet het. Dit is duime groter as die gemiddelde teelbulle in die land, en dit is die groter boere se jag bulle. Hoe groot gaan die ernstige boere se jag bulle wees, teen die tyd wanneer die "bargain hunters" hulle jag bulle wil laat jag of aan outfitters verkoop? Gaan die jagter die jag bulle van die "bargain hunter" wil jag, terwyl hy bulle met baie groter horings kan jag? Gaan jy dieselfde prys kry as die ernstige boere, of gaan jy "bargain pryse" vir die biltong jagter aanbied?
Die veranderinge in die wild bedryf
Nou dat baie van die "oornag ryk word" mense uit die wild bedryf is, en meeste van daardie wild verkoop is, het die wild pryse nie meer daardie drastiese afwaartse neiging nie. Die afgelope twee maande het die pryse redelik konstant gebly, behalwe vir die senuweeagtige boere wie hul wild vinnig wil verkoop, en daarom hulle wild vir onder mark pryse adverteer. Dit beteken dat die wild pryse het min of meer grondvlak bereik. Veel laer kan dit tog nie gaan nie. Daar is verskillende pryse vir onder gemiddelde / gemiddelde wild, bietjie beter as gemiddelde wild, kwaliteit wild, en jag wild. In die baie nabye toekoms gaan hierdie pryse meer gedefinieerd raak, en gaan die prys verskille tussen die verskillende klasse wild meer definiteif raak. Ek vermoed dit sal begin gebeur na landswye goeie reën.
Die beste voorspelling van die toekoms, is die geskiedenis van wat reeds gebeur het.
Ons mag meskien nog nie 'n geskiedenis by kleur variante van onder gemiddelde, gemiddelde, kwaliteit, en jag wild hê nie - maar ons het die geskiedenis van swartwitpense en buffels wat al baie jare lank geteel en gejag word. Daar is nou baie meer swartwitpense as wat daar swart rooibokke of goue wildebeeste is, en nogsteeds kry hulle beter pryse as genoemde kleur variante vir teel diere.
Hoekom is swartwitpens teel diere se pryse duurder en meer stabiel?
Die geskiedenis van swartwitpense, en tot 'n baie groot mate buffels ook, kan vergelyk word met die kleur variante se jong geskiedenis.
Swartwitpense word al vir baie jare langer geteel as die kleur variante. Aan die begin was dit slegs 'n handjie vol boere wie swartwitpense geteel het, net soos met die kleur variante. Soos hulle getalle swartwitpense vermeerder het, was daar ander wild boere wie dit opgemerk het, en begin swartwitpense koop het vanaf die oorspronklike telers. Toe ander wild boere sien dat die oorspronklike telers begin profeite wys deur die verkoop van hul swartwitpens aanteel, het swartwitpense baie populêr geword en die vraag na swartwitpense het vinnig gegroei. Deur die hoër vraag en kleiner aanbod, het die pryse ook duurder geword, net soos wat in die kleur variant mark gebeur het die afgelope klompie jare. Die verskil is dat tydens die onlangse groot vraag na skaars wild, is die wêreld baie meer gekonnekteer deur tegnologie soos die internet, en die media wat berig het oor die pryse van die kleur variante, swartwitpense en buffels verkope op veilings. Die groter dekking en rapporteering van die wild veilings se pryse, was net meer algemeen as toe die swartwitpense se "vinnige groei" plaas gevind het. Die gevolg was dat die kleur variant kopers vinniger meer geword het, en ook baie meer kopers getrek het.
Vir die groter meerderheid nuwe toetreders tot die swartwitpens boerdery (en nou ook met kleur variante), was hul doelwit om getalle te teel, sodat hulle meer het om te verkoop, en sodoende meer geld kon maak. Die boere met meer insig het vinnig besef dat die beter sukses het geskuif vanaf getalle na beter horing lengtes en groter lywe. Daardie boere het die geld uitgehaal, en swartwitpense ingevoer vanaf Zambië waar die swartwitpense baie groter lywe en horings het. 'n Handjie vol boere het daardie tyd begin teel vir groter lywe en beter kwaliteit horing lengtes. Vandag is hulle die groot naam boere.
Daar was baie van die boere wie gedink het dat hulle het alreeds baie geld betaal aan kampe wat gespan geword het, en die aankope van hul swartwitpense. Hulle wou nie nog geld spandeer op hul swartwitpense nie. Intussen het die telers wie wel geld gespandeer het, se beter kwaliteit getalle begin vermeerder, en was hul swartwitpense baie meer populêr en in groter aanvrag as die ander boere wie nie geteel het vir kwaliteit nie. Die gevolg was dat die beter kwaliteit swartwitpense nie net makliker verkoop het nie, maar ook beter pryse gekry het. In 'n baie kort tyd het die fokus geskuif vanaf getalle na kwaliteit, en was daar geen belangstelling in die swakker geen kwaliteit swartwitpense nie. Dit is min of meer waar die kleur variante vandag is, behalwe dat daar additionele druk deur die huidige droogte en swakker ekonomie op die kleur variante is, wat die swartwitpens boere nie daardie tyd gehad het nie.
Vinnig was daar besef dat daar moet 'n mark geskep word vir die swartwitpense wat nie op standaard of kwaliteit was nie. Die ooglopende antwoord was die jag mark, net soos wat die kleur variante nou in die jag mark inbeweeg. Net soos daar nou teenstand teen die jag van kleur variante is, was daar daardie tyd ook teenstand teen die jag van geteelde swartwitpense deur baie jagters. Hulle wou nie diere jag wat in kampies geteel was nie. Soos wat meer en meer swartwitpense gejag geword het, het dit meer anvaarbaar geword om swartwitpense in Suid Afrika te jag. Vandag is daar geen teenstand teen die jag van swartwitpense nie, behalwe van die "greenies anti jag goepe", wat teen alle wild se jag is.
Die boere wie nie geld op hul teel troppe gespandeer het om beter kwaliteit te teel nie, het tot nuut gegaan en uit die bus geval. Dit gaan die voorland van baie kleur variant boere ook wees, as hulle nie ernstig gaan raak oor hul boerderye en die kwaliteit wat hulle teel nie. As hierdie boere dink dit was net maanskyn en rose vir die swartwitpens boere, maak hulle 'n groot fout. Daar was gereelde dalings in die swartwitpense se pryse soos wat die uitdaging gekom het, - soos die oorvloed van minder goeie kwaliteit swartwitpense, en toe die jagters min was as gevolg van opinies oor die jag van swartwitpense. Dit is presies dieselfde posisie waarin kleur variante nou is. Tog het die swartwitpens boere die uitdagings en probleme aangevat en opgelos, om die swartwitpens boerdery tot nuwe hoogtes binne enkele jare te neem, soos wat ons die swartwitpense bedryf die afgelope 10 jaar ken.
Swartwitpense is deur hul groei pyne, terwyl kleur variante nou vir die eerste keer groei pyne beleef. Alhoewel alle wild se pryse af is, kry die swartwitpens verkopers nogsteeds goeie pryse met goeie persentasies profeit vir die gemiddelde swartwitpense, en uitstekende pryse vir top kwaliteit swartwitpense. Daar word al soveel jare met swartwitpense geteel dat daar 'n gevestigde jag mark is, en 'n duidelike onderskeid tussen jag en teel diere. Hoeveel swartwitpens telers teel nog met bulle wat as jag bulle beskou word? Daar word al vir jare lank nie jag bulle op die veilings of privaat verkoop as teel bulle nie. Daar is al vir baie jare 'n gevestigde jag mark vir die bulle waarmee nie geteel word nie. Daar is 'n dryf by alle swartwitpens (en buffel) telers om die horing lengtes van al hulle diere (bulle en koeie) te verbeter. Hierdie paar eenvoudige punte skep vertroue in die die swartwitpense (en buffels), en daarom is hulle pryse beter en meer stabiel.
Die kleur variante het eers in groter aanvraag gekom lank nadat die swartwitpense en buffels deur hul groei pyne en uitdagings is. Die afgelope twee jaar het die jag van kleur variante baie opgetel, sonder enige ernstige bemarking. Dit het tot gevolg gehad dat vanaf April / Mei 2017 het die bemarking van kleur variante om te jag, meer aandag begin kry. Die kleur variante word bemark aan buitelandse jagters wie reeds in Suid Afrika is, wat beperkte bemarking is. Ek dink nie mense besef hoeveel swart rooibokke en goue wildebeeste is vanaf April tot Julie gejag nie. Dit is 'n baie groot getal, wat net groter word. Met die uitstekende resultate uit baie beperkte bemarking, dink ek gaan ons 'n groot verbetering sien in die bemarking van kleur variant jag bemarking, asook kleur variante jagte en pakette wat in Januarie en Febriuarie 2018 in die VSA op die jag skoue bemark gaan word. Teen hierdie tempo, gaan daar baie groter getalle kleur variante gejag word. Dit is een van die groei pyne en uitdagings wat aandag kry en besig is om opgelos te word.
Die aantal kleur variante wat nou gejag word en besig is om vinnig te vermeerder, het 'n definitiewe skeiding van teel wild en jag wild bevestig. Die tweede groei pyn en uitdaging is om ontslae te raak van die jag wild wat as teel wild gebruik word. Die boere wie nie vir kwaliteit teel nie, sal hul teel ramme en bulle spoedig moet vervang met beter ramme en bulle. Daar gaan moet aandag gegee word aan beter kwaliteit vroulike teel diere. Daar kan nie meer met jag wild geteel word nie. Geen boerdery sal dit kan maak met net die teel van jag skaars wild nie. Daardie boere wie nie gaan verander nie, se wild gaan waardeloos word, hulle gaan alles verloor, en uit die bus val.
Indien jy nie bereid is om die kwaliteit van jou wild te verbeter nie, klim eerder nou uit die wild bedryf voor dit te laat is. Jy hoef ook nie verder te lees nie, want dit wat verder geskryf is, is van toepassing op die nuwer en kleiner boere wie wel hul boerderye verbeter en 'n bestaan uit wild maak.
Om met wild te boer is 'n passie, liefde, uitdaging, maar ook 'n besigheid wat gaan oor Rande en sente. As dit nie gegaan het oor Rande en sente nie, sou almal nie nou so bekommerd gewees het oor die pryse nie. Baie mense het die groei in die wild bedryf gesien en toe nogsteeds gewag om te kyk of dit nog verder gaan groei voordat hulle gekoop het. Baie van daardie mense is mense wie swart rooibokke vir R 300 000 tot R 500 000 gekoop het, en nou voel asof hulle hul geld verloor het. Jy het nie jou geld verloor nie, en kan dit vinnig omdraai na 'n positiewe groei en inkomste. Ek kom terug na hierdie punt toe.
My advies aan die nuwer en kleiner boere wie ernstig is oor hul boerderye, en 'n bestaan daaruit wil maak
Omdat wild boerdery 'n besigheid is, moet daar aanhoudend geld ingestoot word in die boerdery besigheid om dit 'n sukses te maak. Dieselfde as met enige ander besigheid in die wêreld, maak nie saak hoe groot of klein nie. Tye, idees, konsepte, uitdagings, tegnologie ens verander soos die besighede groei, en daarom moet besighede aspekte van die besigheid vervang en verander word om kompeterend te bly.
Die voorbeeld wat ek gebruik, is 'n multi miljoen Rand besigheid wat almal ken en gebruik, - en dit is die brood besigheid.
Ek wonder hoeveel brood word daagliks deur Sasko en Blue Ribbon deur Suid Afrika verkoop, maar ek vermoed dit is miljoene per dag. Oor die afgelope twee dekades het die vraag na brood gestyg, soos wat die laer middelklas gegroei het hoofsaaklik met mense wie voorheen nie die inkomste gehad het om daagliks brood te koop nie. Hulle het hoofsaaklik pap gemaak. Met die aanvraag het die kompetiesie ook groter en meer ontwikkeld geword. Daar moes skielik meer brood vinniger gebak word teen laer inset kostes. Die ouer mengers en oonde wat voorheen goed gebak het, kon nie meer die nuwe vraag hanteer nie. Die brood bakkerye moes nuwer en beter masjiene koop en invoer vanaf die buitand teen enorme kostes om die vraag te kan beantwoord. Die brood se resepte moes verander om gesonder brood wat smaakliker is te bak, omdat die gebruikers se denkwyses verander het. Nuwe, groter, beter, en vinniger trokke moes gekoop word om die brood betyds afgelewer te kry. Hoeveel bakkerye het Sasko en Blue Ribbon deur die land? Hierdie proses moes by elkeen gebeur om die standaard te hantaaf. Die bakkerye of "brand names" wat nie die veranderinge aangebring het nie, bestaan nie meer nie.
Nuwer en kleiner boere gaan die kwaliteit van hul teel wild moet verbeter. Daar moet ook aandag gegee word aan die vroulike diere se genetika. Die huidige droogte, verswakte ekonomie, en laer wild pryse het die idiale geleentheid geskep vir hierdie en ander boere om hul boerderye te vergroot, versterk, en kwaliteit te verbeter. Dit is die laagste risiko vir die boere, met die huidige lae pryse van die wild. Die pryse van goeie wild is nou so bekostigbaar, dat daar nie meer veel ruimte is vir verdere prys dalings nie.
Wanneer jy aandele koop, moet jy koop wanneer die pryse op hul laagste is, soos aangedui met groen pyle in grafiek. Goeie wild se pryse het nie baie verander in die afgelope twee maande nie.
Jy verkoop weer 'n persentasie van jou aandele so na as moontlik aan die punt wat die pryse die beste was. Dieselfde met wild waar jy gedeelte van jou aanteel verkoop op hoogste pryse, soos aangedui met rooi pyle in die grafiek. Dit sal dom wees om al jou wild te verkoop en elke keer oor te begin.
Blackberry is 'n goeie voorbeeld van 'n maatskappy wat 'n unieke konsep ontwikkel het, en daardeur die grootste verkoper geword het. Die ander maatskappye het besef dat hulle moet aanpas voordat hulle uit die bus val, en het hul eie produkte verbeter om te kan bestaan en kompeteer. Hulle het soveel verbeter, terwyl Blackberry terug gesit het en niks gedoen het om nog verder te verbeter nie. Hoeveel Blackberry telefone is daar nog vandag in gebruik? Die Engelse het 'n mooi term: "They got complacent with their success, which cost them their business".
Ons Afrikaanse boere is te suinig of oor-versigtig. Die boere sit eers en wag om te kyk wat gaan gebeur, en reageer eers wanneer ander die vrugte reeds gepluk het. Na die tyd hoor jy altyd: "Ek was net te laat". Suid Afrika is in 'n resessie, wat ekonomies een van die beste tye is om te bou op wat jy reeds het, of te koop teen laer pryse. Die verskil tussen aandele of ander besighede, en die wild bedryf, is dat een aandeel bly altyd een aandeel. In die wild bedryf word een bok meer bokke, wat help om prys dalings te absorbeer. Met die groot veranderinge wat nou plaasvind en reeds sigbare resultate toon, soos die jag van kleur variante, en die toekomstige wild vleis uitvoer ens, gaan die wild se pryse nie vir ewig bly waar dit nou is nie. Die res van die wêreld het 'n positiewe ekonomiese groei. Die resessie is nie 'n wêreld resessie nie, maar 'n plaaslike resessie veroorsaak deur politieke onstabiliteit. Wanneer die politiek verander, sal die ekonomie ook verander. Afrikaners is meer negatief en skepties as positief, maar die politiek is reeds besig om te verander vir 'n paar jaar lank al. In die tyd van die vorige Nationale verkiesing, was die ekonomie redelik stabiel en dinge het relatief goed gegaan onder die omstadighede, maar die ANC het toe al 2/3 meerderheid stem verloor. Daarna het die wiele stadig begin afkom vir die ANC en die Nkladla debakel het tot die lig gekom, en deur daardie klein goedjies het die ANC 'n pakslae gekry in die laaste Provinsiale verkiesing. Van toe af tot nou toe het die skandale uitgekom, die skaal van korrupsie tot die lig gekom, en die wiele een vir een begin afval. Die ANC se top bestuur is meer verdeeld as ooit tevore en nog baie meer. As ons nie glo dat die poliek verander en dit gaan beter gaan nie, wat doen ons dan nog hier. Ons bly hier in SA, en moet nogsteeds besigheid doen om te leef. Gaan jy jou geld onder die matras wegsteek, of nogsteeds leef?
** Wanneer jy wild koop, moet jy ingedagte hou dat die term "kwaliteit" is baie meer as horing lengtes, maar horing lengtes is 'n vereiste. Rekord houding is BAIE BELANGRIK om meer geld te kry vir jou wild. Jy boer nog nie lank genoeg om die geskiedenis van jou bokke te hê nie, daarom koop ons vanaf groter boere wie reeds die rekord houding van die bok het, asook die geskiedenis van vorige aanteel uit dieselfde troppe om kwaliteit te kan bewys. Jy is geregtig om daardie name en geskiedenis te gebruik, en daarop kan jy voort bou en jouself baie geld en tyd spaar voordat jy jou wild kan verkoop vir 'n profeit.
Hou op om "bargain hunting" te doen. Jy doen jouself geen gunste nie. Die beter en kwaliteit wild waaroor jy nog altyd gedroom het om mee te boer, kan jy nou koop teen baie bekostigbare pryse wat meestal baie minder is as wat jy betaal het vir die swakker kwaliteit wild wat jy 2 of 3 jaar gelede gekoop het. As daar goeie wild beskikbaar is teen 'n "bargain", koop dit, maar maak seker dit is goeie wild. Vir die prys verskil van 'n klompie duisend Rand, gaan jy jouself 'n duisend gunste doen om die beter bok te koop. Teel kwaliteit wild waarvoor daar 'n ernstiger aanvraag sal wees en wat jy vir beter pryse kan verkoop, en deel dan die verskil in prys betaal deur die getal aanteel, asook die getal aanteel x die ekstra waarde van die aanteel. 'n Besigheid se waarde is nie net in die inkomste nie, maar ook die bates van die besigheid, en die kontrakte met mense met wie jy besigheid doen. Jou wild op die veld is ook bates van die besigheid en dra 'n waarde, en die aanvraag na jou wild deur boere is soos die kontrakte wat ook waarde dra. Om 'n vraag vir jou wild te hê, gaan jy beter as gemiddelde wild moet hê wat boere soek.
Wees baie meer versigtig met agente wie jy kies om wild deur te koop. Daar is baie boere wie heelwat meer betaal vir die wild wat hy gekoop het, as wat die regte verkoop prys van die boer was. Betaal die verkoper direk. Die agent kan sy / haar kommissie by die boer kry nadat alles afgehandel is. Wanneer jy geld in die agent se rekening inbetaal, is dit in baie gevalle omdat die agent nie wil hê die verkoper moet weet waarvoor die bokke verkoop is nie, en dan kry hy / sy nog kommissie vanaf die verkoper bo-op die gelaaide prys wat jy betaal het. Bul "C" hierbo is beskikbaar teen R1 mil. 'n Agent bied die bul aan vir een van sy kliente teen R1.6 mil. Natuurlik het ons seker gemaak sy kliënt weet daarvan. Die groter meerderheid wild agente se wild en natuur kennis is skokkend swak. Baie van my werkers, en beslis my vrou, het baie beter kennis van die wild as wat baie agente het. Hoe kan hulle jou help om die regte wild te soek vir wat jy nodig het om suksesvol te wees. Hulle smeer aan jou af wat op hul boeke beskikbaar is. Die regte of verkeerde agent kan jou baie geld spaar, of baie geld laat verloor.
Voer is 'n uiters belangrike aspek van jou boerdery. Jy gaan nie kwaliteit wild teel as jou wild nie reg eet en gevoed word nie. Sonder kwaliteit voedsel inname gaan jou wild nie groei en produseer soos hulle moet nie. Dink so daaraan, meerderheid wildebees verse in byvoorbeeld die Kruger wildtuin gee geboorte vir die eerste keer op 3 jaar oud, terwyl in kampe waar hulle goeie voer eet en vinniger groei, kry die meerderheid verse op 2 jaar al hul eerste kalf. Wildebees bulle in die natuur loop saam met die ma's tot op twee jaar oud, en begin eers dek na 3 jaar oud. Bulle wat reg gevoer is, dek al op 2.4 jaar oud. Dit verstom my om te sien dat so baie boere net in die winter maande voer, en nie deur die jaar nie. Geen kamp is groot genoeg met verskillende soorte grond en weiding dat jou wild al die spoor elemente van voer in een kamp kan inkry nie. Voer deur die jaar, al het jy goeie reën gekry en die kampe is vol gras. Die hoeveelheid voer wat in die somer gevoer word, sal heelwat minder word, wat dit meer bekostigbaar maak.
Baie boere sal vir jou sê dat hulle kan dit nie bekostig nie. Lusern en ander produkte wat in voer is, word heelwat goedkoper deur die somer maande, + die hoeveelheid voer wat die wild eet in die somer maande word baie minder. Indien jou wild die regte voer inname kry in die somer, eet hulle ook minder hoeveelheid gras, wat weer beteken jou veld is gesonder deur die winter maande wat ook jou voer hoeveelhede beinvloed vir die eerste helfte van die winter.
Ek is nie 100% teen die voer van wilds pille nie, maar daar is goedkoper en beter voer mengsels wat jou geld bespaar + jou wild se kondisie verbeter. Ek het self vir 4 jaar lank wilds pille vir my wild gevoer. My bokke was mooi en ek was trots op die kondisie van die wild. Toe kom 'n bekende boer wie baie suksesvol is met die teel van wild by my kuier, en ry saam toe ek my wild voer. Alhoewel hy my wild gekomplimenteer het, het hy voorgestel dat ek eerder voer mengsel moet maak wat die kondisie nog kon verbeter, en terselfdertyd geld spaar. Binne 6 weke kon ek fisies die verskil sien aan die wild waar hulle vleis massa verbeter het. Die ander voordeel is dat ek nou die voer mengsel deur verskillende seisoene kan aanpas om by die veld kondisie en die wild se behoeftes in verskillende seisoene aan te pas. Die verse se kalf persentasies het drasties verbeter, en terselfdertyd kos die voer mengsels (winter maande) 60% van wat die wilds pille gekos het, en in die somer maande 45% van wat die wilds pille my gekos het.
In Suid Afrika is 'n groot persentasie van die jag ondernemings ("outfitters") en professionele jagters (PH) mense wie nie wild plase besit nie. Die meerderheid van hulle woon in die stad of in dorpe, en jag op ander mense se plase. 'n Redelike aantal van hierdie mense is ook die mense wie teen die teel en jag van kleur variante is. Hulle is oningelig en vertel die wêreld dat kleur variante is onnatuurlike wild wat mens gemaak en geneties gemanupileerde wild is. Wanneer die onderwerp op sosiale media verskyn, is dit hierdie groep mense wat die teel en jag van kleur variante aanval en kritiseer met hulle leuns en valse inligting.
Ek bespreek dit meer volledig op 'n ander blad. Kliek hier om te lees
Dit sal baie goed vir die wild bedryf wees as meer wild boere en hul kinders die nodige kursusse voltooi om as PH en outfitter geregistreer te word. Sodoende kan jy dan self na die buiteland gaan en bemark vir buitelandse jagters om jou en ander wild te kom jag in Suid Afrika. Daar is verskillende opsies om so iets gedoen te kry. Daar is baie voorbeelde van wild boere wie suksesvol is as telers / boere, asook suksesvol is in die jag bedryf.
Daar is ongelukkig hopeloos te veel nuwer en kleiner boere wie nie slim boer nie. Die nuwer en kleiner wild boere kyk net na kleur getalle, wat nie meer genoeg is nie. Wild boerdery het drasties begin verander die afgelope twee jaar, en veral nou dat die jag van kleur variante 'n werklikheid is.
Deur slimmer te wees met jou boerdery, aankope, en verkope gaan jy jouself baie gunste bewys.
Deur klein veranderinge in die manier waarop jy boer toe te pas, gaan jy oor die lang termyn baie geld spaar, beter inkomstes kry vir jou wild, beter besluite oor die wild kan neem, en beter kwaliteit kan teel wat jou as boer beter gaan vestig. Om kwaliteit van enige boerdery te verbeter, is tog die dryf van 'n boerdery.
Branding is verskriklik belangrik.
Ek dink nie die nuwer en kleiner boere weet hoe belangrik branding is nie. Jy moet jou boerdery en wild adverteer. Wanneer ander boere, kopers en verkopers van jou en jou wild weet, gaan jy meer sukses met verkope (en selfs aankope) beleef. Daar is verskriklik baie mense in die wild bedryf wie meeste van ons drie jaar gelede nie van geweet het nie. Dit help nie jy het mooier of beter wild, maar niemand weet daarvan nie. Alle suksesvolle besighede het 'n "brand" wat herkenbaar is. Die branding het grootliks bygedra tot hul sukses. Dieselfde in die wild bedryf, waar sekere name altyd uitstaan en dadelik herkenbaar is.
Jou boerdery se "logo" is die eerste belangrike stap.
Wanneer 'n "logo" ontwerp word moet jy seker maak dat dit uniek is en nie soos ander mense se "logo" lyk nie.
Die "logo" moet nie te besig wees nie, maar moet beskrywend wees. Hoe eenvoudiger, hoe beter.
Die "logo" moet iets bevat wat dadelik herkenbaar as deel van jou branding is. Letters, kleur, en/of grafiese prentjie.
Jy wil jou logo op hemde en baadjies laat borduur. Die logo moet herkenbaar wees wanner gebroduur.
Die logo is jou branding wat eerste gesien word. Stel dit ten toon op alle fotos (veral sosiale media), klere, bakkies, naam borde by jou plaas se hek, en selfs op jou werkers se oorpakke of klere.
Ons woon in 'n tyd waar die internet daagliks deur miljoene mense gebruik word. Die internet is sekerlik die grootste en goedkoopste bemarkings medium in die wêreld. Ongelukkig is daar slegs 'n baie klein persentasie van die wild boere en ander in die wild bedryf wie die internet gebruik om hulself en hul wild bedrywe te bemark. Dit is eintlik skokkend as in ag geneem word dat die internet 'n medium is waar onbeperkte inligting aan die wild bedryf bekend gestel kan word. Daar is geen ander bemarkings medium in die wêreld waar jy jouself kan bekend stel aan 'n direkte geteikende sektor of groep mense nie. Jy kan onbeperkte inligting elke dag versprei, sonder om ekstra te betaal vir die additionele inligting nie.
Baie van die mense in die wild bedryf gebruik die internet (hoofsaaklik "google") om te soek na wild om te koop, inligting verwant aan wild boerderye, en name van sekere mense in die wild bedryf met wie hulle wil kontak maak ens. Ek is seker meeste van julle het al die internet, en veral "google" gebruik om iets te soek wat iets met die wild bedryf te doen het. Dit is verskriklik belangrik om 'n webwerf vir jou boerdery of produkte en dienste verwant aan die wild bedryf te hê. Daar is nie beter, goedkoper, en meer volledige manier om jou boerdery, produk, of dienste te adverteer nie.
Jy moet BAIE versigtig wees wie en hoe jou webwerf gebou word. Indien jou webwerf nie reg gebou word nie, sal niemand jou webwerf of die blaaie op jou webwerf op die internet vind nie. Dan het jy jou tyd en geld gemors. Gereeld sien ek hoe iemand met trots sy nuwe webwerf vir sy boerdery bekendstel. Dan gaan kyk ek hoe die webwerf gebou is, en kom binne 'n minuut of twee agter dat die webwerf meskien mooi lyk, maar beslis nie gebou is sodat dit gevind gaan word op die internet nie. Dit wat jy sien wanneer jy na 'n webwerf kyk, is nie die webwerf nie. Dit is slegs die gesig van die webwerf. Die effektiwiteit van die webwerf is agter dit wat jy sien. Om te verstaan wat ek bedoel: Regs-kliek op 'n geskryfde gedeelte van enige webwerf (nie op 'n foto nie), kliek dan op "view page source". 'n Blad sal oopmaak wat vir die meeste mense soos Grieks sal lyk. Dit is jou webwerf wat bestaan uit 'n string kodes vir verskillende goed, asook "commands" wat die bevele gee van hoe die webwerf moet reageer, asook die soek terme vir soek webwerwe soos 'google". Indien hierdie nie reg is nie, is die webwerf nie effektief nie.
Om 'n effektiewe webwerf te bou is van kardinale belang. Dit beteken ook dat die persoon wie die webwerf bou moet verkieslik die wild bedryf (in hierdie geval) goed ken en verstaan, om 'n effektiewe webwerf te kan bou. Alternatief gaan hy vir die webwerf eienaar (boer) 'n vraelys moet gee om te verseker dat hy die regte terme gaan gebruik wanneer hy die webwerf gaan bou. Ek sien baie dikwels dat boere gebruik groter besighede om hul webwerwe te bou, en betaal verskriklike bedrae vir die webwerf. Ongelukkig ontbreek hul kennis om die webwerf te bou wat die regte teiken mark te behaal. Ek toets baie gereeld ons eie webwerwe om te sien waar ons staan in die "google rankings" met wild verwante soeke. Terselfdertyd kyk ek ook na baie van die ander webwerwe in die wild bedryf. Meeste kan nie eens gevind word nie. Omdat jy meer geld betaal het om 'n webwerf te laat bou, beteken nie dat die webwerf reg gebou is nie. Verelde week het een van my wild kliente kom kuier. Ons kon nie sy webwerf kry in die eerste 15 bladsye van "google" nie. Hy het verskriklik baie geld betaal om die webwerf te laat bou in die begin van die jaar. Die besigheid wat sy webwerf gebou het, het vir hom gesê dat as hy ekstra betaal sal hy begin opkom in die "google searches". Dit is nonsens - jy hoef nie een sent te betaal om deur "google searches" gevind te word nie. Al wat moet gebeur, is dat jou webwerf moet reg gebou wees.
09 Julie 2012  - tot -  31 Julie 2017
01 Januarie 2017  - tot -  31 Julie 2017
Ek self bou webwerwe (websites) vanaf 2002, en het nog nooit 'n sent betaal vir enige van ons webwerwe om goeie plasings op "google" of enige ander "search engine" te kry nie. Al ons webwerwe doen redelik goed, met baie getalle besoekers, wie na baie bladsye in ons webwerwe kyk.
Die twee grafieke / statistieke (regs), is van hierdie webwerf waarop u nou hierdie artikel lees. Die eerste grafiek is van al die besoekers vanaf Julie 2012 tot Julie 2017, wie hierdie webwerf besoek het. U sal sien dat gedurende hierdie tyd was daar 285 806 besoekers, wie gesamentlik na 693 589 bladsye in die webwerf gekyk het. Die daaglikse gemiddelde is 155 besoekers 'n dag wie gesamentlik na 376 bladsye per dag in hierdie webwerf gekyk het.
Die tweede grafiek is van al die besoekers vir hierdie jaar (01 Januarie 2017  tot  31 Julie 2017), wie hierdie webwerf besoek het. U sal sien dat gedurende hierdie tyd was daar 15 609 besoekers, wie gesamentlik na 34 026 bladsye in die webwerf gekyk het. Die daaglikse gemiddelde vir hierdie tydperk is 74 besoekers 'n dag wie gesamentlik na 161 bladsye per dag in hierdie webwerf gekyk het gedurende 2017. Kliek op die tabelle om te vergroot.
Soos julle self weet was en is 2017 'n jaar waarin die wild bedryf 'n bietjie onder druk is, en daar baie minder kopers in die mark is. As wild agent het ek bietjie onttrek gedurende 2017 as my beskeie bydrae tot die wild bedryf, deur net kwaliteit wild te bemark. Ek was amper glad nie aktief as agent nie. Ek dink dat die bogenoemde statistieke vir 2017 is nogsteeds uitstekend, as in ag geneem word dat die belangstelling in wild baie minder is gedurende 2017, en ek baie min nuwe wild gelys het gedurende 2017. Vanaf 2012 tot nou toe, was tussen 70% en 80% van die wild wat ons verkoop het, verkope uit hierdie webwerf.
U kan self hierdie webwerf (www.wynandwildlife.co.za) toets in Afrikaans en Engels op "google", deur te soek na wild wat te koop is soos swart rooibokke, konings wildebeeste, goue wildebeeste ens. Kyk hoeveel keer is hierdie webwerf op bladsy 1 van google.
Indien u 'n webwerf wil laat bou, kan ek vir u daarmee help deur 'n webwerf vir u te bou. Ek sal die webwerf bou  asof dit vir myself is, en ook adverteer op hierdie webwerf en in nuus briewe, met direkte skakels na u webwerf. Dit beteken dat u webwerf is sigbaar vir almal wie hierdie webwerf besoek, asook my nuus briewe lees. Kontak my gerus per epos, en ek sal vir u die nodige inligting aanstuur. Dit is baie goedkoper om 'n webwerf te bou as wat u dink.
Daar is definitiewe onderskeid nou tussen wild wat gejag gaan word, en wild wat vir teel gebruik gaan word. Dit help niks jy het jag wild as teel wild nie, want soos hierbo verduidelik gaan jy heeltemal uit die bus val voor jy jou oë uitvee. Bevestig jou boerdery as 'n boerdery wat teelwild aanteel, met die enkele jag diere tussen in. Hou ook ingedagte dat wild wat vandag teel wild is, oor 'n paar kort jare ook jag wild geen wees wanneer die kwaliteit en horing lengtes verbeter het, net soos met swartwitpense en buffels waar die gemiddelde horing lengtes amper jaarliks groter word deur selektiewe teel metodes.
Die meerderheid boere wie raad vra oor hoe om te verbeter, is kleiner en nuwer boere in die wild bedryf. Dit is mense wie nog nie lank in die wild bedryf is nie, en wie heel waarskynlik begin het met 'n swart rooibok ram en goue wildebees bul saam met basis ooie en koeie, asook nyalas. Hier volg 'n klompie wenke om beter horing lengtes te teel, alhoewel ek dink meeste gaan dit nie doen nie, maar weer kla dat net groot boere geld kan kry vir hul wild. Groot boere het ook begin as klein boere, en het baie miljoene Rande in hul boerderye ingestoot om hul wild te verbeter. Teen huidige pryse kos dit amper niks om jou boerdery te verbeter nie.
Hou op om "bargain hunting" op veilings en facebook te doen. Die boere verkoop nie hulle beste wild op die kleiner "bargain hunting" veilings nie, want hulle weet hulle gaan nie hul pryse kry nie. Met ander woorde, julle koop swakker wild wat onder gemiddeld is om mee te teel, wat beteken jy gaan 'n naam vir jouself bou van iemand wie swak kwaliteit wild het. Terselfdertyd word hierdie swakker pryse op hierdie "bargain veilings" deur baie aanvaar as mark pryse, en dit druk die REGTE mark waarde van die beter kwaliteit wild af. Inteendeel, ons as Afrikaners kon Spur boikot toe ons ongelukkig was met 'n insident wat nie een van ons persoonlik geraak het nie, maar baie ondersteun die 10 000 klein onbemarkte geen reserwe veilings, wat elkeen van ons se inkomste en toekoms direk raak. Ek sou wou sien dat hierdie veilings deur die boere ge-boikot word. Daar is hopeloos te veel veilings sedert 2014, en veral nou. Ons weet nie eens van die veilings nie, totdat ons dae later die pryse iewers van hoor of sien op facebook. Boikot kleiner veilings wie nie eens die moeite doen om die veiling, of wild op die veiling te adverteer nie, geen reserwe pryse aanbied vir 20 kopers terwyl daar 100 lotte is nie, wie onder gemiddelde en jag wild as teel wild aanbied en verkoop, ens. Wat is die punt daarvan om wild vir onder mark waarde te verkoop.
Beide jou teel ram of bul, asook jou vroulike diere dra by tot die horing lengte genetika van jou aanteel. Dit help nie jy het 'n mooi ram of bul met beter as gemiddelde horing lengtes nie, maar die vroulike teel diere het onder gemiddelde horing lengte genetika nie. Jy kan maak wat jy wil, maar sal nie goeie horing lengtes teel nie. Jy sal net nog meer jag wild teel, wat met tyd goedkoper en goedkoper gaan word. Jy gaan jou vroulike horing genetika moet verbeter.
Met wildebeeste en swartwitpense is dit maklik, want jy kan sien hoe groot die vroulike diere se horings is. By wildebeeste veral, het ons gesien dat vroulike diere met groter horings definiteif 'n baie groot bydra lewer tot die horing lengtes van die nageslag. Ons vorige twee golden kings teelbulle het elkeen net 24" horings gehad. Dit was omdat daar bitter min golden kings bulle is, en ek nie groter horings kon kry nie. Ons het hulle gekies om mee te teel omdat hulle uitstekende golden kings genetika gehad het. Daarom moes ons baie versigtig wees met watse basis koeie ons by die bulle gesit het. Ons het hard gewerk om basis koeie met bo-gemiddelde goeie horing genetika te kry. Die kombinasie het goed vir ons gewerk, met golden kings bulle aanteel van 26.5" tot 28.5", golden kings koeie aanteel met 22" tot 24" horing lengtes, split golden kings bulle met 26.5" tot 32" horings, en split golden kings koeie met 22" tot 24" horings.
By wildebeeste kan jy die horing lengtes van die vroulike diere sien, maar nie by jou nyalas en rooibokke nie. Nou hoe gemaak met die nyalas en rooibokke? Maklik, ons boer met hulle dieselfde as wat ons met die wildebeeste boer. Elke vroulike teel dier word gepyl, DNA gevat, en getag. Ons verkoop geen wildebees of rooibok aanteel voordat hulle ten minste 2 tot 2.5 jaar oud is nie, veral nie manlike aanteel nie, en geen nyala of swartwitpens bulle voordat hulle nie 3 jaar oud is nie. Al die bulle en ramme word geskuif na kampe sonder vroulike diere waar hulle rustig loop, groei, en kan groot word. Teen 24 tot 26 maande oud kan ons sien watse wildebees bulle en rooibok ramme gaan beter en groter horing lengtes hê, en watter gaan kleiner horings hê. Dieselfde met die nyala en swartwitpens bulle op 3.5 jaar oud. DNA word dan van die bulle en ramme getrek, om vas te stel wie hulle ma's is. Uit die aard van die saak weet ons wie hulle pa's is. Nou weet ons watse ma's is die ma's van die groter asook die kleiner horing ramme en bulle. Hierdie proses word elke jaar gedoen, om 'n ordentlike data basis op te bou van die ooie en koeie se horing genetika vermoëns.
Hierdie inligting is goud werd vir enige wild boer en teler. Met hierdie inligting, veral na 'n paar jaar se data versameling, weet jy presies watse bulle, ramme, koeie, en ooie vir jou beter kwaliteit wild aanteel lewer, en kan jy voort bou daarop. Op hierdie stadium verkoop meerderheid boere enige vroulike diere, veral met rooibokke, nyalas, en koedoes uit 'n trop. Sodoende gaan jy van jou beste vroulike teel diere verkoop, wat net meskien vir jou die die beste kwaliteit ram of bul sou geteel het wat jy al ooit geteel het. Nou gee jy die koper daardie top bul of ram.
Deur jou ramme en bulle (splits en kleur) terug te hou tot op die regte ouderdomme dat jy hul horing lengtes en potentiaal kan weet, doen jy jouself baie gunste. Sodoende hou jy die beste teel diere om jou troppe te bevorder, asook die volgende stap in kwaliteit teling te bereik.
Twee jaar gelede was elke ram en bul 'n teel ram of bul. Daardie dae is verby en sal nie weer gebeur nie. Daar is nie meer so baie nuwe kopers soos toe nie. Daar is nou 'n duidelike onderskeid tussen wat teel en wat jag wild is, net soos met swartwitpense, buffels, en baster gemsbokke. Boere gaan moet begin boer met kleur variante soos wat daar met buffels, swartwitpense en baster gemsbokke geteel en geboer word. Split manlike diere se aanvraag gaan meestal wees as jag diere, behalwe as die split ram of bul baie besonders is in kleur of horing genetika.
Jong kleur ramme en bulle se pryse is so laag omdat die telers nou beter kwaliteit teel diere soek, en op hierdie jong ouderdomme kan niemand vir jou sê wat daardie ramme of bulle gaan meet nie. Die ramme en bulle is ook te jonk om te dek en moet gevoer word totdat hulle oud genoeg is om te dek. Daar is ook geen waarborg dat die ramme en bulle se kwaliteit goed genoeg gaan wees om as teel ramme of bulle te gebruik nie. Daarom is telers nie bereid om meer te betaal vir jong kleur ramme en bulle nie.
Jag diere moet ten minste 3 jaar oud wees, voordat jagters (veral buitelandse jagters) hulle gaan jag. Die mense wie hulle koop as jag ramme en bulle, kan hulle nie op hierdie jong ouderdomme laat jag nie, en daarom moet hulle die kleur ramme en bulle laat loop totdat hulle oud genoeg is om te jag. Daarmee is daar altyd 'n risiko dat iets met die ramme en bulle gaan gebeur, en daarom is hulle ook nie bereid om meer te betaal nie.
Dit is nie net beter vir jou teel boerdery om die bulle en ramme terug te hou tot op 2 jaar oud nie, maar finansieël ook beter om jou jong kleur bulle en ramme te hou tot op 2 jaar wanneer hulle die regte pryse kan behaal.
Swart rooibokke
Die groter meerderheid nuwer en kleiner boere wie met kleur variante teel, se eerste aankoop was meestal 'n swart rooibok ram vir hul swart rooibok teel projek. Sommige van hierdie boere het die swart ramme teen heelwat duurder pryse aangekoop, en as gevolg van die swart ooie en split ooie se pryse daardie tyd, eerder basis ooie gekoop om by die swart rooibok ram te loop. Ek hoor baie dikwels hierdie boere wie vertel dat hulle het baie geld verloor, omdat hulle tussen R 150 000 en R 500 000 vir hul swart ramme en basis ooie betaal het. Vir die mense wat so voel, wil ek sê dat die swart rooibokke is een van die kleur variante wat baie groot potentiaal het om te groei, en dat jy wel goeie profeite met swart rooibokke kan en gaan maak. Dit gaan natuurlik van jouself afhang of jou swart rooibokke 'n suksesvolle teel projek is, of nie.
Net soos wat dit nie in die kopers se beste belang is om jong ramme en bulle te koop nie, is dit ook nie in jou beste belang om jong ramme en bulle te koop nie. Hoeveel telers of jagters is daar wie 10 tot 18 maande oud gewone rooibok of gewone blou wildebeeste koop? Kyk ook na die prys verskille van jong swartwitpens en buffel bulle, teenoor bulle wat oud genoeg is om geidentifiseer te word as teel of jag bulle. Wat ons wel nou sien gebeur, is jag plase en outfitters wie 2.5 jaar oud goue bulle opkoop as jag diere vir 2018, wanneer hulle 3 jaar + oud is wat oud genoeg is om te jag.
Ek self is 'n klein boer, met geen ander inkomste as die wild bedryf nie. Ek is ook nie ryk nie, inteendeel ons sukkel elke maand om deur te kom - maar ons glo daarin om ons wild boerdery te verbeter. Die teel projek waarin ons meer geld spandeer as enige van ons ander teel projekte, is in ons swart rooibokke. Ons het ook 'n paar jaar gelede swart rooibok ooie gekoop vir R 240 000 elk, en toe weer vir R 400 000 elk, maar ons het toe al seker gemaak dat ons ooie koop met goeie geskiedenis van pa's en oupa's se horing lengtes.
Swart rooibokke is een van die kleur variante wat die grootste moontlikheid het om te groei en wat ons ge-identifiseer het as 'n spesie variant waar selfs klein boere kan kompeteer, as hulle reg teel met hul swart rooibokke. Teen huidige pryse is dit bekostigbaar vir almal om hul swart rooibokke te verbeter, kwaliteit te teel, te kompeteer, en suksesvol te wees. Dit is nie nodig om met groot getalle te teel nie - dit is net nodig om met die regte diere te teel wat nou bekostigbaar is.
Die gemiddelde swart rooibok ram is huidiglik ongeveer 17". Sovêr ek weet is daar slegs twee swart ramme wat 25" meet in Suid Afrika. Tot nou toe het die grootste swart rooibok ram 27" gemeet, wat geteel was deur Willem Botha (Nakadima Safaris). Daardie ram is al 'n klompie jare gelede dood, wat die twee 25" swart rooibok ramme die groostes maak in die wêreld.
Daar is baie 25" tot 26" en 'n hele klompie 27" tot 28" gewone rooibokke, wat 'n indikasie is van hoeveel die swart rooibokke se horings nog kan  verbeter. Die afgelope jaar of twee, het ons gesien dat groter horing genetika in aanvraag is, en dat daar genoeg boere is wie bereid is om meer te betaal vir groter horing genetika. Die afgelope Wildswinkel veiling (29 Julie 2017) het weereens bewys dat daar 'n vraag is vir sulke genetika, waar ramme en ooie goeie pryse behaal het onder die huidige mark omstandighede. Kliek op fotos om te vergroot.
Die wonderlikse van hierdie veiling, was dat dit nie 'n groep telers wat bekend staan as die "groot boere" se swart rooibokke was nie, maar gemiddelde opkomende wild boere se swart rooibokke was. Met ander woorde, dit was nie die "groot naam" wat die pryse behaal het nie, maar eerder die kwaliteit wat die pryse behaal het. Ons het verder gesien dat goeie kwaliteit swart rooibokke  op vorige veilings soos Kriek Wildlife, Wildlife Legacy, en ander veilings, ook pryse bo R 20 000 gekry het vir swart ooie dragtig. Ons kan dan aanneem dat dit die mark prys is vir kwaliteit, omdat dit nie 'n enkele gebeurtenis was nie, maar alreeds op 'n paar veilings gebeur het. Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoekom dit belangrik is om met beter kwaliteit wild te teel, wat sal oordra na top kwaliteit, as jy reg teel.
** Hoe kan jy jou swart rooibokke se kwaliteit verbeter, sonder om miljoene Rande te spandeer.
Die enigste manier is om groter horing genetika in te bring. Hierdie metode word deur 'n klompie boere al gebruik, en het binne enkele jare groot verbetering op horing lengtes getoon. Anders met wildebeeste, is dit nie so maklik om groter horings as die pa te teel nie, alhoewel dit gedoen word as die vroulike horing genetika goed is. Daar is redelik min 23" swart ramme en baie min 24" swart ramme wat ook skaars is op die mark. Dit maak dit moeiliker om groter aanteel te teel, slegs op die ram se genetika. Daarom is daar besluit om die vroulike genetika te verbeter, en sodoende die aanteel te verbeter, wat weer vir jou groter ramme lewer.
Trop 1:
Daar is heelwat split swart ramme en gewone rooibok ramme wat baie groter horings het as swart rooibok ramme se horings. Jy moet in trop 1 die grootste split swart ram wat jy in die hande kan kry, of as jy nie 'n groot split swart ram kan kry nie, die grootste moontlike gewone rooibok ram gebruik as die teel ram in trop 1. Watse ram jy ookal gebruik, moet groot horings hê wat verkieslik 25" en groter is. Daar is boere wie met 24" split swart ramme goeie sukses gehad het. Of dit 'n split ram is of 'n gewone ram, maak nie saak nie. Hoe groter die ram is, hoe beter gaan die horing genetika van die aanteel in die trop wees.
As vroulike teel rooibokke, gaan jy swart rooibok ooie by die split swart ram of gewone rooibok ram (met groot horings) sit. Ek sou voorstel jy soek vir swart ooie wat geteel is uit 'n swart ram met horings van minimum 21". Weereens, hoe groter die pa se horings was, hoe beter gaan die resultate wees. Bogenoemde mates van die ram wat jy gaan gebruik, asook die pa's van die swart ooie, sal groter word soos wat die gemiddelde horing lengte van die swart rooibokke groter word.
Dit is baie belangrik dat jy swart rooibok ooie gebruik in hierdie trop, en nie basis of split ooie nie. Soos verduidelik in die tabel hier onder, gaan jy baie tyd en geld spaar deur swart rooibok ooie te gebruik saam met 'n gewone rooibok ram of 'n split swart ram. Elkeen van die lammers wat gebore word, sal minimum 'n split lam wees, en selfs swart lammers wanneer jy 'n split ram gebruik. Met split ooie gaan jy gewone rooibok lammers kry, wat die proses vertraag.
Trop 2:
Die teel ram wat jy in hierdie trop gebruik, is die grootste swart rooibok ram wat jy kan kry of bekostig. Huidiglik is die gemiddelde swart ramme 17", wat beteken jy soek 'n swart ram wat verkieslik bo 21" is, maar idiaal 22" of 23".
Die vroulike lammers (splits en swart) wat in trop 1 gebore word, skuif jy op een jaar oud na die swart ram in trop 2. Sodoende het jy goeie ram + ooi genetika gebruik om vir jou beter ooie te teel wat deur 'n groter horing swart ram gedek gaan word.
As 'n voorbeeld van die resultate kan ek 'n trop wat ek baie goed ken gebruik. Die split ram in trop 1 is amper 26", en die swart ooie wat saam met die split ram loop se pa's se horing lengtes is onbekend (geskat 19" tot 20").
Die swart ram in trop 2 is gemeet 21 6/8". By hom was swart ooie uit dieselfde troppe as die swart ooie in trop 1. Met ander woorde, hulle pa's is geskat 19" tot 20" - dieselfde as die swart ooie in trop 1. Die grootste swart ram op 26 maande, waarvan hierdie swart ooie die ma's is, het gemeet 21 1/8". Die swart en split ooie wat in trop 1 geteel was, en toe na dieselfde swart ram in trop 2 geskuif is, se kleinste swart ram op 26 maande het 20 3/8" gemeet, terwyl daar drie swart ramme was wat op 26 maande oud bo 22.5" gemeet het. Die grootste ram het op 26 maande oud het 23 2/8" gemeet. Daardie ram is vandag 24 4/8", terwyl die ander twee swart ramme geskat word tussen 23" en 24". Die verskille is baie groot. Daar is maar min boere wie al so teel, wat beteken dat enige persoon wie ernstig is oor die teel van groter kwaliteit horings het 'n kans om van die eerstes te wees wie konstant groter horings teel.
Is dit ekonomies nog die moeite werd om met swart rooibokke te teel?
Soos hierbo genoem, is die swart rooibokke waarmee daar huidiglik geteel word, baie kleiner as wat hul horing mates behoort te wees. Daar is met ander woorde baie ruimte om te groei vir die ernstige telers. Die meerderheid swart rooibok ramme in die bedryf huidiglik, is jag ramme. Dit beteken dat daar 'n groot getal swart rooibok ramme, en hul ram aanteel die eerste paar jaar uit die bedryf sal verdwyn, wat vervang sal word met teel ramme. Indien jy net met jag diere gaan teel, gaan jou swart rooibok projek binnekort waardeloos wees. Indien jy met die beter horing lengtes (nou 21+") gaan teel, en met jou swart rooibokke teel soos jy met jou swartwitpense teel, sal jou swart rooibok teel projek ekonomies bydra tot jou boerdery.
Ek het self die afgelope jaar heelwat kapitaal ingesit in my swart rooibok teel projekte. Teen die huidige pryse (al is dit minder as in vorige jare), is daar niks anders waarmee ek kan boer wat vir my beter profeit kan gee op dieselfde grote grond, as wild nie, insluitend swart rooibokke. Hier is die somme.
Aankope / Begin trop
  1 x Swart rooibok ram van 22" (volwasse)
10 x Swart rooibok ooie (pa's is minimum 21")
  40 000
200 000   - aangekoop teen R 20 000 elk, as dragtig van 'n 22" swart rooibok ram
240 000
Die waardes hier onder is bietjie konserwatief uitgewerk
Die waardes is teen huidige pryse (Augustus 2017) vir goeie swart rooibokke, en nie top kwaliteit swart rooibokke uitgewerk
Die waardes van 22 maande en volwasse swart ramme is uitgewerk teen bietjie laer pryse as mark pryse vir goeie swart ramme
Dieselfde waardes word regdeur tot 2022 gebruik, asof die pryse nooit gaan verander nie
Indien bogenoemde aanbeveling om groter horing swart rooibokke te teel, gedoen word met goeie rekord houding van elke rooibok, sal die waardes verbeter.
Natuurlik het hierdie valse inligting stertjies bygekry om dit nog verder te vererger, en word kleur variante basies as mens gemaakte fratse bestempel deur meeste mense in die publiek. Dit is baie jammer, want die wild bedryf maak ook staat op plaaslike en internationale beleggers om in die wild te belê. Beleggers stel nie belang om in mens gemaakte fratse te belê nie, en is die wild bedryf die groot verloorder.
-
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Wild bedryf | Nuus | Kontak ons    -    Home | About us | Wildlife for sale | Game industry | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251