Wynand wildlife is 'n lid van WRSA
Hierdie bladsy maak deel uit van: Is die wild bedryf in 'n krisis, of is dit die begin van 'n beter en sterker wild bedryf?
Om terug te gaan na die bogenoemde hoof bladsy - kliek hier
Valse inligting wat versprei word oor kleur variante wild, en die waarheid daaroor
Soos ek op die hoof blad genoem het, is daar mense wie valse inligting oor kleur variante, die teel van kleur variante, en die jag van kleur variante versprei. Hierdie inligting word versprei deur somigge van die jag organisasies in Suid Afrika, asook deur 'n persentasie van die Suid Afrikaanse professionele jagters, wie met buitelandse jagters in Suid Afrika en buur lande jag. Dit het veroorsaak dat wat aan die buitelandse jagters vertel word, nou deur baie van die jagters en ander beskou word as "waarheid". Die afgelope twee jaar het hierdie valse informasie onder die buitelandse jagters deur die wêreld versprei.
Sovêr ek weet, was daar tot nou toe nog geen publikasie met die regte inligting oor die kleur variante gepubliseer nie. Ongelukkig word die valse inligting gereeld op sosiale media soos facebook geplaas. In die moderne era van sosiale media, word die inligting oornag gesien deur duisende mense. Omdat die inligting op sosiale blaaie versprei word waar daar spesifiek oor jag van wild gesêls en geskryf word, sien duisende buitelandse jagters die false inligting. Solank die waarheid nie vertel en versprei word nie, sal die buitelandse jagters glo wat hulle gelees of gehoor het, omdat dit die enigste inligting tot hul beskikking was. WRSA, PHASA, CHASA, en wild boere moet pro-aktief optree, en die werklike feite versprei sovêr as moontlik, sodat die buitelandse jagters ook hierdie inligting tot hul beskikking het en nie gekant is teen die jag van kleur variante nie.
Indien u verdere inligting het ten opsigte van hierdie onderwerp, kan u my gerus 'n epos stuur: info@wynandwildlife.co.za
Daar is verskeie stories oor kleur variante wat versprei word, maar meestal word vertel dat kleur variante is mens gemaakte wild wat nie in die natuur voorkom nie, geneties gemanupileerde wild is, fratse is, swakker diere is omdat hulle geteel word, nie in die natuur kan oorleef nie, in klein kampies geteel word, in klein kampies gejag word, ens. Wanneer die regte inligting vir die outfitters en professionele jagters gegee word, sal hulle baie vinnig sê dat die inligting is leeuns, omdat hulle jag al x hoeveelheid jare, en het nog nooit een in die natuur gesien nie.
Die goue wildebeeste en swart rooibokke se getalle al meer as ander kleur varianteis, en daar word al van hulle gejag.
Daarom gaan ek meer spesiefiek oor hierdie kleur variante gesêls.
Die kleur variante was in Suider Afrika lank voordat enige blanke in Suider Afrika was. Kleur variante is natuurlike wild.
Die eerste wit boere in die Limpopo Rivier Vallei (ook bekend as die Tuli Blok) het gepraat van die vos of rooi wildebeeste asook die bont wildebeeste, wat ons vandag ken as goue wildebeeste en konings wildebeeste. Hierdie boere het nie die moderne kennis en wetenskap gehad wat ons vandag het nie, en het gedink dat die ander kleurige wildebeeste (kleur variante) wat tussen die gewone blou wildebeeste geloop het, was siek wildebeeste. Die boere was bang dat hulle eie beeste gaan ook aangesteek en siek word, en het die kleur variant wildebeeste geskiet soos hulle gesien was. Die jag van kleur variant wildebeeste deur boere in die Tuli Blok, was 'n praktyk wat tot redelik onlangs gedoen was totdat daar meer kennis oor die wildebeeste was. Daar is baie boere wie nou nog in die Tuli area woon, wie vertel van hoe hulle as seuns saam met hul pa's en oupas die "siek" wildebeeste geskiet het.
Daar is baie soortgelyke geskiedenis van boere in dieselfde tydperk, wie gereageer het uit onkunde op wat hulle gesien en gedink het. Die eerste trek boere wie in die Noorde aangekom het, het byvoorbeeld al die koors bome afgekap en verbrand. Hulle het geglo dat dit die koors bome is wat die oorsaak was vir hul mense en vee wat dood gaan. Dit is eers baie jare later met meer kennis dat ons geleer het dit is nie die koors bome wat die mense en vee doodmaak nie, maar wel die tsetse vlieg (slaap siekte) wat voorkom in dieselfde areas as die koors bome. Sederdien word koors bome geplant om die verkeerd van die verlede te herstel.
Dit word algemeen aanvaar dat Barry York die eerste goue wildebees bul gevang het. Hy het in 1986 'n goue wildebees gesien wat deur 'n biltong jagter gejag was. Dit was vir hom die mooiste wildebees wat hy al gesien het. Hy het toe geglo dat hy nooit weer so 'n wildebees sou sien nie. In 1991 het hy gehoor van 'n goue wildebees wat in die natuur in die Limpopo Rivier Vallei is. Hy het die hulp ingekry van Alec Rough om die goue wildebees bul te vang. Dit was die begin van goue wildebees boerdery in Suid Afrika.
In die jare daarna het baie Suid Afrikaanse boere kleur wildebeeste gevang in die Tuli Blok in Botswana, en op grens plase teen die Limpopo rivier. Dit was nie lank voordat die boere agter gekom het dat die goue wildebeeste en konings wildebeeste gebore word uit blou wildebees koeie wat die geen dra nie. Hulle het daarom baie van die wildebees koeie in die Limpopo Rivier Vallei gevang, wat bekend staan as Tuli wildebees koeie. Botswana natuurbewaring het gesien dat die goue wildebeeste en konings wildebeeste so te sê heeltemal uitgevang was deur die Suid Afrikaanse wild boere. In 2013 het Botswana natuurbewaring die vang en uitvoer van alle wildebeeste uit Botswana gestop. Botswana beskou die goue en konings wildebeeste as deel van Botswana se erfenis.
Die eerste keer dat daar 'n swart rooibok gesien was, was net na die Anglo boere oorlog, toe een van die kommando lede geskryf het van die swart rooibok wat hulle gesien het in die area nou bekend as die Waterberg streek. Dr Dirk Neethling was die eerste persoon om swart roobokke te vang in die vroeë 1990's. Hy het met hulle geteel, en in 2002 vir die eerste keer swart rooibokke verkoop. Dit was die begin van die swart rooibok boerdery in Suid Afrika.
Kruger van Zyl het die eerste keer 'n konings wildebees gesien by oom Jaap Seegers. Teen daardie tyd het Kruger al met goue wildebeeste en swart rooibokke geboer, maar vir hom was die kleur kontras van die konings wildebeeste uniek, en was die konings wildebeeste vir hom nog mooier as die goue wildebeeste. Hy het toe begin soek vir konings wildebeeste, en het 'n konings koeie en 'n konings vers gekry en gevang in 2003. Oom Jaap is intussen oorlede, en Kruger het suksesvol uitgebrei met die teel van konings wildebeeste. Dit was die begin van konings wildebees boerdery in Suid Afrika.
Wit en wit flank rooibokke se getalle in die natuur is baie min, maar hulle kom in 'n groter areas voor as die goue wildebeeste, konings wildebeeste, en swart rooibokke. Wit rooibokke word gesien in die Suid-Ooste van Botswana, Weste van Suid Afrika teen die Botswana grens, Noorde van Suid Afrika, en Noord-Wes Tanzanië. In die Kruger wildtuin en sommige "Big 5" reservate rondom die wildtuin, is wit rooibokke wat se getalle vermeerder.
Baie van die mense wat teen kleur variante is, sê dat kleur variante nie in die natuur kan oorleef nie. Hulle sê ook dat omdat kleur variante nie die gewone wild se kleur is nie, staan hulle uit en sal die kleur variante deur roof diere gevang word. Verder beweer hulle ook dat kleur variante swakker wild is as gewone wild.
Soos hierbo bewys, kom alle kleur variante in die natuur voor, maar die wit rooibokke in die Kruger wildtuin is die idiale voorbeeld om te bewys dat kleur variante
(1) wel in die natuur voorkom, (2) goed aanteel in die natuur, (3) nie geteiken word deur roof diere nie, (4) sonder inmenging en hulp van mense.
Daar is geen ander area in Suider Afrika wat meer roof diere het as die Kruger wildlituin en omliggende "Big 5" reservate nie.
Volgens die laaste sensus opname in 2010 / 2011, is die getalle roofdiere in die Kruger wildtuin:
Leeus
Luiperde
Jagluiperde
Wilde honde
Gevlekte hiënas
1750
1000
120
120
5430
Roofdiere in die wildtuin wat nie genoem word nie, maar ook jagters is van rooibokke:
krokodille, jakkalse, en rooikatte
Ons weet dat die rooibok populasie van die Kruger wildtuin is die roofdiere se "stapel voedsel bron", en word meer gejag as enige ander spesie in die wildtuin. Daar is seker geen ander kleur variant wat so uitstaan soos 'n wit rooibok nie. Daar is wit rooibokke in die Noorde van Kruger wildtuin, waaroor daar al dikwels geskryf was. Hierdie wit rooibokke loop saam met ander gewone rooibokke, en die wit rooibokke se getalle het vermeerder die afgelope klompie jare. In die Suide word daar sedert 2012 ook gereeld wit rooibokke gesien wat saam met die gewone rooibokke loop.
Roof diere het uitsonderlike sig, wat enige en alle wild sien wanneer hulle jag. Roof diere jag nie die wild wat hulle die maklikste sien nie, maar wel die swakste en oudste wild wat makliker prooi is, tensy 'n geleentheid homself aanbied vir 'n maklike jag - soos wanneer twee rooibok ramme baklei en nie oplet na wat rondom hulle aangaan nie. Deurdat die wit rooibok getalle in die Kruger wildtuin, asook aangrensende reservate vermeerder, kan ons met redelike veiligheid sê dat kleur variante net so goed aanpas in die natuur as enige ander wild, en dat hulle net so sterk is soos ander wild.
Die kleur variante se kleur verskil is as gevolg van 'n resessiewe geen, wat hierdie wild so uniek maak. Alhoewel kleur variante skaars en uniek is, word die teel en jag van kleur variante gekritiseer deur sekere mense in die Suid Afrikaanse jag bedryf. Hierdie mense wie teen die teel van kleur variante is, sê dat kleur variante "geneties gemanulipileerde" wild is. Soos hierbo beskryf, bestaan kleur variante wild in die natuur lank voordat wit mense in Afrika aangekom het, en lank voordat die wetenskap vir genetiese manupilasie bestaan het. Kleur variante is so natuurlik soos enige ander wild. Die anti kleur variant ondersteuners se daarop volgende redenasie, is dat die boere en telers 'n kleur variant manlike dier (bv 'n goue wildebees bul) saam met gewone koeie in 'n kamp sit, om die genetika van die goue bul oor te teel na die nageslag van die bul en koeie. Volgens hulle is dit genetiese manupilasie.
Kleur variante het opdieselfde manier bestaan in die natuur. Dieselfde word gedoen met swartwitpense, buffels, nyalas en ander wild, waar die teel bulle gereeld verander word in teel kampe om die genetika, kwaliteit en horing lengtes van die nageslag te beinvloed / verbeter. Dit word gedoen om beter kwaliteit wild te teel, wat tot voordeel van die wild boere, telers, en die jag bedryf is. Die outfitters en professionele jagters het geen probleem daarmee nie, omdat hulle beter horing lengtes vir hul buitelandse jag kliënte kan aanbied. Indien hierdie teel praktyk nie plaas gevind het nie, sou dieselfde outfitters en professionele jagters se buitelandse kliente nogsteeds 32" to 37" swartwitpens bulle gejag het. Die outfitters sou eerstens baie besigheid verloor het, waar buitelandse jagters eerder groter swartwitpense en buffels in ander lande gaan jag het. Tweedens is daar baie van hul buitelandse jag kliente wie al meer as een swartwitpens of buffel gejag het, omdat die horing lengtes soveel verbeter het (deur selektiewe teel) vandat hulle hul eerste bul gejag het. Outfitters kan beter horing lengtes aanbied vir die jagters wie kleiner horings bulle gejag het 10 jaar gelede, sonder om die jagters te verloor aan jagte in die buiteland vir beter kwaliteit jag diere.
Baie van die outfitters en professionele jagters sal sê dat die kleur variasies is mens gemaak of bestaan nie in die natuur nie. In die laaste jaar kan ek nie eens meer onthou hoeveel van hulle het gesê: "Ek jag al vir baie jare lank, en het nog nooit een in die natuur gesien nie".
Aan hierdie outfitters en professionele jagters wil ek vra:
Hoeveel wilde natuur is daar nog oor in Suider en Oos Afrika? Daar is geen grond wat wilde natuur is nie. Wanneer jy jag in Suider of Oos Afrika, jag jy op grond wat deur mense bestuur en beinvloed word.
Wanneer was die laaste keer dat enige iemand 'n konings jagluiperd (king cheetah) in die "natuur" gesien het. Die eerste gejagde konings jagluiperd was gejag in die Oos Zimbabwe (waar Harare nou is) in 1926. Hierdie outfitters en professionele jagters wat so gekant is teen kleur variante, erken en aanvaar die konings jagluiperd as uniek. Wat baie min van hulle weet, is dat die konings jagluiperd nie 'n sub-spesie is nie, maar anders van ander jagluiperde as gevolg van 'n resessiewe geen, - presies dieselfde as die kleur variante. Tog word kleur variante gekruisig, maar miljoene Rande word wêreld wyd ingesamel vir navorsing en beskerming van die konings jagluiperd, wat ook net nog 'n kleur variant is.
Daar word gesê dat kleur variante,
in klein kampies geteel en gejag word
dat daar tags in die ore van teel diere is
dat sommige van die teel diere "name" het
Ja, kleur variante word meestal in kampe geteel, net soos swartwitpense, buffels, baster gemsbokke, en ander skaars wild. Daar is enkele plase waar die kleur variate en ander skaars wild op oop plase geteel word. Die rede waarom kleur variante en ander skaars wild in kampe geteel word, is om kwaliteit wild vir die telers en die jag bedrywe te kan teel. Huidiglik is daar meer swartwitpense en nyalas in Suid Afrika in teel kampe, as wat daar swart rooibokke, of goue wildebeeste, of konings wildebeeste, in Suid Afrika is. Die outfitters en professionele jagters kla nie oor die swartwitpense en nyalas wat in teelkampe is nie, of die beter kwaliteit wat vir die jag bedryf voorsien word deur die telers, in vergelyking met 10 jaar gelede nie. Indien die horing lengtes nie aanhoudend verbeter nie, gaan die buitelandse jagters wat gereeld Suid Afrika toe kom in Namibië gaan jag waar swartwitpense en nyalas ook op groot skaal in kampe geteel word.
Jy hoor baie selde dat dit die buitelandse jagters is wat oor die bogenoemde punte kommentaar lewer. Dit is meestal die Suid Afrikaanse outfitters en professionele jagters wat hierdie punte oor en oor noem, en die kommentaar versprei.
Kliek op die fotos om te vergroot
Hoe groot is die kampe waarin die kleur variante geteel word? Dit hang af van plaas groottes, soort weiding en die drakrag daarvan ens. Daarom is kampe in verskillende areas verskillende groottes. In Limpopo is daar kleiner kampe, maar die meerderheid is rondom 40 hektaar tot 100 hektaar. Ek glo dat in sekere gevalle word 'n enkel kleur variant of ander skaars wild seker in groter kampe gejag. Die meerderheid kleur variante, swartwitpense, buffels, en ander skaars wild wat in kampe geteel word, en wat geselekteer word as jag wild, word op oop plase gesit waar hulle vanaf dag een soos enige ander wild loop. Daar is outfitters en professionele jagters wat sê dat die kleur variante is mense gewoond omdat hulle in kampe geteel word, dat die wild mak is. Dit is net so moeilik om 'n 100 meter vanaf 'n swart rooibok of goue wildebees te kom, as wat dit is om so naby aan gewone rooibokke en wildebeeste te kom.
Die Suid Afrikaanse outfitters en professionele jagters wat teen die teel en jag van kleur variante is, gaan verder deur te sê dat die kampe, drade, tags, name ensovoorts die rede is waarom daar minder buitelandse jagters na Suid Afrika toe kom, maar eerder in Namibië gaan jag. Kom ons wees eerlik vir een keer. Namibië se wilds boere is so 'n groot koper van nyals en swartwitpense, dat die pryse in Suid Afrika vir gemiddelde swartwitpense en nyalas deur hulle aankope bepaal word. Daardie wild loop nie op duisende hektare nie, maar word net soos in Suid Afrika in kampe geteel. Daar is al heelwat Namibiese wilds boere wie met goue wildebeeste en swart rooibokke teel in kampe. In September 2016 het Natuurbewaring Namibië aangekondig dat hulle begin werk aan die proses vir Namibiese wilds boere om siektevrye buffels in te voer vanaf Suid Afrika, om hul boerderye en jag bedryf te bevorder. Hulle voer alreeds duisende swartwitpense en nyalas (geteel in kampe) vanaf Suid Afrika in, en teel verder met daardie wild in Namibië om hul eie jag voorraad op te bou. Nou het hul al begin met stappe om wetgewing aan te pas om buffels ook in te voer, te teel, en te jag in Namibië. Die Namibiese wild bedryf is besig om al hul opsies te benut om kompeterend te wees in die teel en jag bedryf. Hier is die skakel na die buffels artikel: http://www.landbou.com/nuus/namibiese-boere-gaan-met-buffels-boer/
Die buitelandse jagters wie wel negatiewe kommentaar lewer oor die teel en jag van kleur variante, se "feite" van redenasie is presies dieselfde as wat die Suid Afrikaanse outfitters en professionele jagters s'n is. Waar het die buitelandse jagters hierdie informasie gekry?
Die meerderheid buitelandse jagters het nie 'n probleem met bogenoemde punte nie. In Amerika word verskeie wild geteel in kampe, alhoewel die kampe so klein is, dat dit "pens" genoem word. Die kampe ("pens") is vanaf erf groottes tot 5 hektaar. Die teel diere het ook oor plaatjies, en het ook name. Daar is meer as 250 websites op die internet van teel plase ("ranches"), waar die wild in kampies geteel word, en na groter grond geskuif word waar hulle gejag word. Dit is dieselfde praktyk as wat in Suid Afrika gebruik word. Ek stem saam dat jag diere moet nie oor plaatjies in die ore hê nie. Ouers kan deur DNA geindentifiseer word.
In die VSA het hulle ook baie plase ("Ranches") wat omhein is met hoë heinings, wat jag plase is. Die groter meerderheid van jag ranches in die VSA wat omhein is, is kleiner as die teel kampe waarin kleur variante in Suid Afrika geteel word, maar nie gejag word nie. Op ‘n VSA webwerf wat whitetail hunting ranches te koop aanbied, is daar huidiglik 37 ranches beskikbaar om te koop wat omhein is. Dit is ook waar hulle jag. Die grootste ranch is 1517 akkers (614 hektaar), die tweede grootste is 976 akkers (395 hektaar), die derde grootste is 755 akkers (305 hektaar), en die res tussen 100 akkers (40 hektaar) en 400 akkers (161 hektaar). Wanneer die VSA jagters in staats bos jag, sit hulle vir weke trail cams uit met voer om die wild te trek, dan sit hulle in ‘n boom bo die voer wanneer hulle jag. Hier is die skakel na die hunting ranches wat te koop is: https://www.whitetailproperties.com/hunting-land/features/fence/high-fence
Die mense wat teen die teel en jag van kleur variante is, gebruik altyd die argument dat Roland Ward, SCI, en PHASA nie die kleur variante erken of aanvaar nie, en daarom is daar nie  katogorieë vir die kleur variante by SCI nie. Dit was al so baie geskryf en gesê dat meeste mense dit begin glo het. Ek het self ook so gedink tot onlangs toe. Op die Wild Indaba van 07 Julie 2017 by Castle De Wildt, het Dries van Coller (PHASA), Stephen Palos (CHASA), en Adri Kitshof-Botha (WRSA - voorheen PHASA en CHASA), die versekering gegee dat PHASA, CHASA, en SCI die jag van kleur variante erken en ondersteun. SCI gaan nie aparte katagorië vir die kleur variante skep nie, maar kleur variante se mates sal val onder die bestaande katagorië vir rooibokke, wildebeeste ens. Daar moet ingedagte gehou word dat kleur variante is nie 'n sub-spesie nie, maar wel 'n variant. Die verskillende katagorië vir byvoorbeeld rooibokke en wildebeeste is vir die sub-spesies met eie Latynse name, soos die swartneus rooibok byvoorbeeld. Kleur variante het dieselfde Latynse naam van die spesie waarvan hul 'n variant is.
Suid Afrika se jagte behaal baie inskrywings in die SCI boeke. Daar moet ingedagte gehou word dat skaars wild en kleur variante geteel word vir kwaliteit. Een van die aspekte van kwaliteit is horing lengtes, wat ook elke jaar groter en groter word. Op hierdie stadium is daar al 'n hele klompie 30" en 31" goue wildebees teel bulle, en jong 2 jaar oud bulle met 28"+ horings. Met die teel om die kleur variante (kamp geteel) te verbeter, sal die kleur variante jag bulle se horing lengtes ook verbeter, en ouer groot horing bulle beskikbaar word om te jag. Hou verder ingedagte dat die split bulle en ramme (wat lyk soos gewone bulle en ramme) in dieselfde kampe geteel word, en dat hul horings ook groter is as die gemiddelde gewone bulle en ramme op die jag plase. Hierdie split bulle en ramme se teel waarde word minder, en meer en meer split bulle en ramme is beskikbaar om te jag. Dit gaan vermoedelik tot gevolg hê dat die kleur variante binnekort die rekord boeke gaan herskryf. Daar is verskriklik min oop plaas blou bulle met sulke horings, en in meeste gevalle word sulke blou bulle as teel bulle in kampe gebruik.
In Suid Afrika woon die meerderheid van die outfitters en professionele jagters in Johannesburg, Pretoria, of in ander stede en dorpe. Hulle besit nie 'n wilds plaas of grond van hule eie nie, en jag op ander mense se plase. Dit beteken die outfitter of professionele jagter moet die wilds boer betaal vir die wild wat sy buitelandse kliente gejag het, hy / sy moet vir akkommodasie en etes betaal, en dan moet hy nog genoeg geld vir homself maak om vir die Land Cruiser met "fullhouse" ekstras en sy sniper klere, huis verband en lewens kostes ook te kan betaal.
In Namibië is dit omgekeerd - Baie min van die outfitters en professionele jagters woon in die stede en dorpe, terwyl die meerderheid sy eie wilds plaas met wild besit. Met die gevolg dat al die geld wat inkom, gaan na een of meskien twee persone. Hulle hoef nie ander mense te betaal om kliente op jagte te neem nie. Dit sit hulle in 'n posisie om prys kompeterend te wees, en beter geprysde pakette aan die buitelandse jagters aan te bied. Die natuur, wild, boom, voëls, en algemene kennis van die gemiddelde Suid Afrikaanse professionele jagter is skokked swak. Buitelandse kliente kom baie vinnig agter wanneer iemand nie weet waarvan hulle praat nie. Seker omdat hulle in die stad of dorp groot geword het. Vergelyk die natuur kennis van 'n gemiddelde Zimbabwe PH met die kennis van 'n gemiddelde Suid Afrikaanse PH. Dit is nie vergelykbaar nie.
Opsomming:
Kleur variante is natuurlike wild, wat uniek is aan Suid Afrika (en buur lande) en nêrens anders in die wêreld gejag kan word nie.
Kleur variante word deur al die noodsaaklk organisasies (PHASA, CHASA, SCI, WRSA) erken en ondersteun om gejag te word.
Kleur variante se mates word erken deur SCI, en gaan vermoedelik binnekort begin rekords oorskryf.
Kleur variante word meer en meer gejag die afgelope twee jaar met die drukkende droogte en ekonomie. Vermoedelik sal dit 'n "snowball" effek hê, en meer en meer gaan gejag word in die komende paar jaar. Veral nou dat daar 'n duidelike onderskeid getref is tussen wat is teel horing mates, en wat is jag horing mates.
Daar is duidelik 'n groter aanvraag so vroeg in die "jag game" van kleur variante. Die besprekings en fotos bevestig die aanvraag. Dit terwyl die jag van kleur variante tot die absolute minimum bemark is. Hoe meer daar gejag word en die fotos hul pad vind na die buitelandse jagters, hoe meer jagters gaan hulle wil jag. Daar is 'n paar outfitters wat hierdie jaar goeie inkomstes verdien het uit kleur variante se jagte, wie vermoedelik volgende jaar kleur variante gaan adverteer as gevolg van die goeie inkomstes. Meer en meer wilds boere gaan hul jag kleur variante adverteer, wat meer en meer outfitters en jagters gaan lok. Die jag van kleur variante kan net groei hier vandaan vorentoe.
Buitelandse jagters kom gereeld terug Suid Afrika toe, vir die gasvryheid, natuur, ondervinding, en grootliks as gevolg van die groot verskeidenheid wild wat gejag kan word in Suid Afrika. Baie van hierdie buitelandse jagters het al meer as een swartwitpens, rooibok, wildebees ens gejag soos die horing lengtes verbeter het. Hierdie jagters wil regtig nie meer gewone rooibokke en wildebeeste jag nie. Die kanse is goed dat hulle moontlik sal belangstel in die kleur variante van die wild wat hulle reeds gejag het, en daardie trofees langs mekaar uitstal in hul trofee kamers.
2017 het die eerste jagte van konings wildebeeste gesien, alhoewel hul nommers nog baie min is in vergelyking met byvoorbeeld goue wildebeeste. Die konings wildebeeste is gejag as deel van "wildebees slams" wat gejag is. Blou wildebees + goue wildebees + konings wildebees. Unike trofee versameling. Dieselfde kan gedoen word met rooibokke, springbokke, gemsbokke, koedoes, ens.
Kleur variante skep vir die wild boer, outfitter, en PH die geleentheid om ekstra of groter inkomste te verdien, deur die jag van kleur variante.
'n Interesante statistiek
Die meeste van die buitelandse jagters wie in Suid Afrika jag, is Amerikaners. Daar word 'n goeie inkomste gegenereer uit die Amerikanse jagters as kliente, wie baie lewens in Suid Afrika raak en verbeter. Ek wonder hoeveel van julle weet watse persentasie van alle jagters bo die ouderdom van 16 jaar oud in Amerika, kom Suid Afrika toe om te jag. Volgens die slimmer mense se statistieke, kom net 0.3% van alle jagters bo 16 jaar oud Suid Afrika toe om te jag. Dit is nie 'n tik fout nie, dit is regtig 0.3%. Dink so daaraan. Die wild en jag bedryf moet saamwerk om meer van die Amerikaanse jagters na Suid Afrika te trek. Op hierdie stadium bemark elkeen vir homself, in plaas daarvan dat die hele gesamentlike bedryf saam die wild en jag bedryf bemark. Eerste doelwit moet wees om die 0.3% op te skuif na 1.0%. Dit sal beteken dat daar drie keer soveel Amerikaanse jagters na Suid Afrika toe kom as wat huidiglik Suid Afrika toe kom. As die bedryf nou so goeie bestaan kan maak, dink net hoe goed gaan dit met almal gaan as daar 3x soveel jagters na Suid Afrika toe kom. Daar gaan saam gesit moet word om Suid Afrika as 'n jag destinasie te bemark, instede van elke persoon sy eie ding bemark.
Hier is 'n klompie fotos van kleur variante wat onlangs in Suid Afrika gejag is. Twee van die goue wildebeeste was in Namibië gejag deur Castle De Wildt.
Hou ingedagte dat die meerderheid jagte se fotos nie beskikbaar is op die internet nie. Daar is baie meer al gejag as net hierdie fotos.
Kliek op die foto om te vergroot.
-
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Wild bedryf | Nuus | Kontak ons    -    Home | About us | Wildlife for sale | Game industry | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251