Dit was gedurende hierdie tyd dat die jag organisasies begin het met hulle aanvalle en uitsprake teen die teel van kleur variante. Let wel, in 2013 / 2014 het hulle die teel van die kleur variante aangeval. Dr Peter Flack is nog 'n persoon wie gereeld uitsprake lewer en publiseer teen die teel (en nou ook) die jag van kleur variante. Aan de begin was die aanvalle meestal beperk tot Suid Afrika. Soos wat die ouer bulle en ramme meer en meer gejag word, en meer fotos die sosiale media en die buiteland bereik, het hierdie mense die "fight against colour variants" in die buiteland direk aan die buitelandse jagters begin verkondig. Die storie het baie stertjies bygekry soos tyd verloop het. Peter Flack het selfs die groei van internationale jagters wie jag in Namibië, en die dalende getalle van internationale jagters na Suid Afrika, toegeskryf as die skuld van die teel van kleyur variante, terwyl daar met swartwitpense, nyalas, en kleur variante in Namibië ook geteel word.

Hierdie bladsy maak deel uit van: Is die wild bedryf in 'n krisis, of is dit die begin van 'n beter en sterker wild bedryf?
Om terug te gaan na die hoof blasy - kliek hier
Redes vir die verlaagde wild pryse in die wild bedryf
In 2016 het die wild pryse meer gelydelik maar konstant gedaal deur die jaar, maar in 2017 het die pryse vanaf die begin van die jaar drasties gedaal. Hoekom die prys dalings in die eerste plek, en hoekom so 'n drastiese daling in die eerste helfte van 2017? Wat het gebeur vanaf November 2016 tot Maart 2017 wat veroorsaak het dat die wild se pryse in net vyf maande so drasties gedaal het.
Om die verskeie omstandighede en gebeurtenisse wat 'n invloed op die wild pryse en aanvraag na wild werklik te verstaan, moet die afgelope paar jaar se gebeurtenisse uiteen gesit word in 'n tydlyn, om die impak van hierdie omstandighede en gebeurtenisse op die wild bedryf te verstaan. Ons sal so bietjie moet rond spring in die tydlyn, en verskeie verwysing moet maak na vorige tydlyne om dit beter te kan verstaan.
In die vorige 5 jaar het die land as geheel goeie reënval beleef. Die 2013 / 2014 reën seisoen was die laaste goeie reën seisoen wat die boere gehad het. Die reënval syfers was gemiddeld tot klein bietjie beter as gemiddeld, wat 'n groot rol gespeel het in die wild bedryf op daardie stadium. Met die teel van skaars wild, word daardie wild in kampe geteel wat wissel in groottes ten opsigte van die area waar die plaas is se reënval en drakrag. So sien ons dat dieselfde spesie wild en getalle, in verskillende areas in verskillende groottes kampe is. Die mielie boere en suikeriet boere het konstant goeie oeste gehad tot in 2014. Voer pryse was baie bekostigbaar vir alle boere, en die kampe het baie goeie weiding gehad. Gaan kyk na die fotos van wild in 2013 en winter 2014. Daar was baie weiding in die kampe gewees. Die bokke se koppe steek net net bo die gras uit.
Gedurende hierdie tyd was daar boere wie goed gevestig was as wild boere, maar die getal boere was baie minder in vergelyking met die huidige getalle wild boere. Die getal veilings per jaar was baie min, met veilings wat maande uitmekaar was. Die mense het uitgesien om na die wild veilings toe te gaan - dit was 'n gebeurtenis. Daar was nie net min veilings nie, maar daar was min wild op die veilings gewees. Ek praat nie net van skaars wild nie, maar alle wild. Met die kleiner aanbod en die groeiende belangstelling in wild, het die pryse van wild gelydelik maar konstant geklim soos 'n gesonde vraag en aanbod ekonomie op sy beste werk. 'n Groot verskil tussen die kopers van daardie tyd, en die kopers van 2012 tot 2015, was dat die kopers daardie tyd was meestal boere gewees, waar in die later jare meer beleggers betrokke geraak het as beleggers en nie boere nie.
Die veiling bedryf daardie jare was gedomineer deur Vleissentraal.
Sien die getalle en gemiddelde pryse van elke spesie en variant wat vanaf 2003 tot 2010 op Vleissentraal veilings in die Bosveld verkoop was.
U sal opmerk dat die gewildheid van wild het teen 2008 / 2009 / 2010 begin klim, deur die getalle wat verkoop was, en die pryse wat verbeter het.
Sien die veilings statistieke van 2003 tot 2010 - kliek hier
Hierdie tydperk was geken deur opkomende boere wie groot name geword het, asook die toetrede van verskeie bekende mense, soos Cyril Ramaphosa en Norman Adami wie ernstig begin wild teel het, en deel geword het van Stud Game Breeders groep, wat nou nog bekend staan as die watermerk vir top kwaliteit, etiese boer en handel metodes, en 'n goeie voorbeeld stel in die wild bedryf. Hierdie tydperk was 'n sleutel tydperk in die groei van die wild bedryf.
Enkele suksesvolle boere het na groepe gekyk soos byvoorbeeld Stud Game Breeders (en ander), en besef dat daar meer veiling en "branding" sukses is daarin om saam met ander suksesvolle boere 'n groep te vorm en wild van 'n klompie plase saam op 'n veiling aan te bied, aangesien daar nie veilings was wat 'n klomp enkel boere verteenwoordig en hul wild verkoop het nie. Boere was genoodsaak om hul wild privaat te adverteer en verkoop.
Die gevolg hiervan was dat daar 'n ekstra klompie veilings tot die jaar se veilings bygevoeg is. Die voordeel vir die ander boere en die wild bedryf, was dat die ekstra veilings was gekenmerk deur top kwaliteit wild geteel deur baie susksesvolle telers / boere. Hierdie wild was groot in aanvraag, en die veilings het groot getalle baie ernstige kopers saam gebring in een saal wie gekompeteer het vir dieselfde wild. Die pryse was goed en die media het dit raak gesien en hier en daar begin skryf oor die suksesse van die beste kwaliteit wild verkope en die pryse wat behaal was. Die pryse was betaal deur ernstige boere, en daarom was die pryse nogsteeds realisties en relatief ten opsigte van die uitstekende wild wat gekoop was. Dit het meer belangstelling gewek onder boere wie tot op daardie stadium hoofsaaklik wildsplase gehad het waar hulle staat gemaak het op biltong jagters vir 'n inkomste. Daardie jare was dit algemeen bekend dat die meerderheid biltong jagters wat gejag het, die pryse wat hulle wou betaal vir akkommodasie en wat hulle wou betaal vir die rooibok of wildebees wat hulle jag, op die boer afgedwing het. Dit het beteken dat die stygende kostes om 'n plaas te onderhou en nog te kan leef, het uit verhouding geraak met die inkomste wat hulle uit biltong jagters gekry het. Met die groeiende sukses van die teel bedryf, het meer en meer wild boere begin om met wild te teel as 'n meer "suksesvolle" inkomste, alhoewel baie min van hierdie boere die kennis gehad het, en natuurlik het niemand die ondervinding gehad nie.
In Rustenburg was / is 'n besigheids man, wie net 'n paar jaar vantevore 'n onderwyser in Thabazimbi was, maar 'n fantastiese visie en besigheid brein het. Hy het met 60 hektaar begin, en homself opgewerk en opgebou tot waar hy vandag duisende hektare plase in Suid Afrika en Namibië besit. Hy het raad gevra van groot boere, geleer, en soveel moontlik gehalte en kwaliteit wild ingekoop as wat hy kon kry. Sy probleem was nie of hy dit kon bekostig of nie, sy grootste probleem was om die regte wild te kry wat hom sou vorentoe neem, omdat die kwaliteit van die wild wat hy gesoek het, bitter skaars was. Almal begin van die man kennis neem, en binne 'n kort tydperk herken almal sy naam en weet hoe hy lyk. Hy het met 'n "BANG" aangekom.
In Februarie 2012 word die eerste Piet du Toit Wildbedryf veiling op sy plaas naby Rustenburg gehou. Voor die veiling besef die wild bedryf dat dit gaan die eerste "mega veiling" wees en dat die veiling aangepak word soos 'n besigheid en nie 'n boerdery nie. Die gerugte van hoeveel geld uitgelê is vir die veiling, akkommodasie, voertuie om kopers te vervoer, kopers wat ingevlieg word, en om "celebrities" soos Springbok rugby spelers by die veiling te kry. Almal het verwag dat die veiling sou 'n sukses wees, maar die sukses was baie groter as wat enige persoon verwag het. Die groot aantal ernstige kopers wie ernstig was om hul boerderye te bevorder, het die tjekboeke uitgehaal om besonderse wild wat nog nooit op veiling was nie, te kon koop. 'n Besonderse goue wildebees bul verkoop vir R 1.2 miljoen, 'n konings wildebees bul (waarvan daar verskriklik min was) verkoop vir R 5.1 miljoen, maar die "highlight" was die stryd tussen Boet Troskie en Cyril Ramaphosa vir die grootste buffel koeie wat al ooit beskikbaar was om te koop. Die hammer val op Tanzanië vir R 20 000 000, en die media gaan mal met die vertel van die grootste ooit veiling en die rekord pryse en tweestryd van oom Boet en Cyril is die koerante, TV's, en sosiale media vol. Binne 'n week na die veiling, het elke bees, skaap, mielie, pampoen, en wild boer geweet van hierdie veiling, asook duisende stads japies het daarvan gelees en gehoor.
Die resessie van 2009 was iets van die verlede, en die land se ekonomie het gegroei. Daar was geld in die mense se sakke, en dit was die begin van die wild bedryf waar almal naweek plase in teel plase omskep het, hoenders en ganse is van die plotte afgejaag om plek te maak vir die wild wat geteel moet word, mielie boere koop wilds plase om die goeie mielie profeite in wild te druk eerder as onder die matras, wild plase se ou heinings word vervang met nuwe heinings en teel wild word bygevoeg tot die bestaande wild plaas. Dit is alles wel, want hierdie is grond eienaars wat reeds met iets boer, maar die verskil het gekom toe die besigheids wêreld die suksesse van die wild bedryf raak gesien het. Besigheids manne koop plase in die besighede se name, en sien nie net die moontlikhede van van die wild bedryf raak nie, maar ook die baie belasting voordele vir hul reeds bestaande besighede. Hoekom vir SARS betaal, as jy wild kan koop met daardie geld, en nog geld kan maak uit daardie wild en die aanteel. Hierdie is stads japies met geen of min kennis van tamaties boer, nie eens te praat van wild teel nie. Bulle word ramme, ooie word koeie en die plaas werker word die plaas voorman wat na alles moet kyk.
Soos die vraag die aanbod oorskry, betaal die mense met baie geld meer en meer om seker te maak hy kry die wild. Dit is mos belasting geld, so dit maak nie saak nie. Soos daar meer en meer besigheid manne inklim met meer geld as die ander, word vennootskappe gevorm waar twee of drie besigheid manne se geld saam meer bokke kan koop. Besigheid kenisse van Australië, UAE, VSA, en Engeland word ingetrek as vennote en beleggers, om nog meer geld te kry om nog meer wild te kan koop. Alhoewel hierdie vyf jaar die grootste groei tydperk was in die wild bedryf, was die toetrede van kort termyn beleggers en besighede met verwagtinge van "oornag" ryk word, volgens my die verkeerdste ding wat met die wild bedryf kon gebeur het. Hulle het die pryse bo mark waarde opgejaag met hulle baie geld, en die groot aanvraag en kleier aanbod het gelei tot die grootste fout wat in die wild bedryf kon gebeur het. ** Dit word verder af bespreek.
Intussen sit die regte boer wie 'n bestaan maak van sy boerdery, in 'n moeilike posisie. Hy is 'n boer met boer kennis en hy besef dat hy moet beter wild aanhoudend inkoop om die kwaliteit van sy kuddes te verbeter, en sy kuddes moet vergroot (nie verkoop nie) as hy 'n sukses wil maak van sy wild boerdery. Daardie boere se probleem is kapitaal. Hulle het nie die groot besighede in die stad of die kenisse met dik tjek boeke nie. Hy weet ook dat sy boerdery is nog nie waar dit moet wees nie, en dat hy nie sy aanteel kan verkoop nie. Hy teel op die regte manier om suksesvol te wees, nie om oornag ryk te word nie. Daar is baie van die besigheids manne wie 'n groot passie en liefde ontwikkel het vir hul boerderye, en ook nie geld gejaag het nie, maar eerder hul wild terug gehou het om 'n suksesvolle boerdery te vestig. Vandag sit hulle in dieselfde bootjie as die regte boer, met dieselfde probleme, angste, en bekommernisse. Dit is mense wie redelike aansien het in hul besigheids wêreld, maar relatief onbekend in die wild bedryf omdat hulle nie op veilings gekoop het nie, maar privaat en ook nie hul wild verkoop het nie. Daar is baie voorbeelde wie ek kan noem van sulke mense en boerderye wie baie ernstig is oor hul boerdery, en fantastiese goeie wild opgeteel het oor die jare. Hulle het miljoene gespandeer om hul boerdery en die kwaliteit wild te kry waar dit is vandag, maar niks ingekry uit verkope nie, omdat hulle ernstig is oor hul wild en boerderye. Die plase is in ook waar dit die afgelope klompie jare verskriklik droog is, en waar hulle vir jare lank al baie moet voer. Hulle sit met dieselfde bekommernisse en kopsere as soveel ander "agter die scenes" boere wie kwaliteit wild teel, en belangrik is vir die voort bestaan van die bedryf.
Nou koop die manne lekker en die pryse lyk goed. Meer en meer mense betree die wild bedryf en die verskil tussen vraag en aanbod groei verwoed, wat in 2016 en 2017 'n baie groot probleem in die wild bedryf ten opsigte van pryse gaan veroorsaak. Dit sluit aan by bogenoemde "probleem punt" wat verder af bespreek word. Hierdie tydperk van 2010 tot 2015 sal een van die grootste oorsake wees van die drastiese prys dalings in 2017.
Gedurende hierdie tyd word meer en meer wild gekoop, en oral deur Limpopo waar jy ry, sien jy meer en meer wild heinings opgaan. Die getal mense wie toetree tot die wild bedryf het baie vinnig baie meer geword. Die kompetiese word groter en groter, wat daartoe lei dat die maksimum hoeveelheid wild word gekoop en die kampe word gevul met die maksimum hoeveelheid wild wat in 'n kamp gesit kan word.
Die reënval vir hierdie reën seisoen was in die meerderheid van die areas, ongeveer 50% (die helfte) van wat die gemiddelde reënval van vorige jare was. Dit is die begin van die droogte, wat 'n baie groot rol in die dalende pryse van wild sou speel in die komende jare. Die kampe was gepak met maksimum hoeveelheid wild, en daardie wild het ook nou nog lammers en kalwers gekry. Die mielie boere het swak oeste in 2015, terwyl sommiges glad nie oeste gehad het nie. Die groot vraag vir mielies en die klein aanbod, beteken mielie pryse begin styg, en voer word duurder. Gelukkig (of ongelukkig) was die onlangse top pryse vir wild nog vars in die geheue, en koop die boere nog wild, met die positiewe houding van goeie reën later in 2015. Dit gaan dan so goed, hoekom nie - die swak reënval was hopenlik, maar seker net 'n "glitch" op die radar. Nuwe toetreders is nie boere nie, en dra nie eens kennis van die swak reënval en wat dit aan 'n boerdery doen nie.
Teen einde winter 2015, begin die lang termyn reën voorspellings, en besef die boere dat die swak reën was nie net 'n "glitch" op die radar nie, maar dat dit werklik 'n droogte is. Dit is nog drie maande na die reën seisoen toe, en die pryse van die voer wat boere op daardie stadium betaal het om die wild wat tot maksimum en oor maksimum in kampe was te voer, is en word 'n werklike realiteit. Obaro en ander voer verskaffers kan nie voorbly met die hoeveelhede voer wat verskaf moet word nie. Ek onthou hoe ek op wag lyste geplaas was by die meule en Obaro in Brits. Dan bel hulle my om te sê hulle het ingekry, ek kan kom laai. Wanneer ek een of twee ure later daar aankom, staan daar groot interlink trokke besig om te laai. Wanneer dit uiteindelik my beurt is, is daar net 'n bietjie oor wat beter as niks was maar nie genoeg nie, of alles was uit verkoop. Hoeveel boere was op daardie waglyse? Teen toe het die voer pryse al meer as verdubbel.
Nuwe toetreders besef dat hulle gaan moet duisende tonne voer aankoop, en hulle het baie wild om te voer, omdat hulle baie wild ingekoop het om die agterstand van hul laat toetrede te probeer verklein. Groot hoeveelhede voer was iets wat baie min mense aan gedink het, en dan was die koste ook nog so baie om te voer. Die boere word bang vir die droogte en die swak reën voorspellings vir die 2015 / 2016 reën seisoen. Die lusern boere glimlag, terwyl Obaro nie kan voorbly nie. Teen einde 2015 is daar nog nuwe toetreders wie wild koop, maar die boere wie toe al te veel wild het, koop nie nog wild by nie. Hulle het eerstens nie meer plek vir die wild nie, en tweedens wil hulle nie nog ekstra wild voer nie. Teen einde 2015 het ons 'n afname in die getalle wild wat verkoop word gesien, en daarmee saam 'n daling in die pryse van wild. Die droogte het teen toe 'n groot realiteit geword.
Die reënval van Oktober 2015 tot Maart 2016, was nog minder as die vorige reën seisoen. Die eerste veilings soos Piet du Toit en Castle de Wildt se veiling in Maart doen redelik goed. Hierdie veilings was vroeg genoeg in die jaar, en het gedurende die reën seisoen plaas gevind. Alhoewel dit slegte reëns was, was die veld groen en daar was hoop. Dit was die slegste reën wat aangeteken is vandat reënval gemeet word. Na die reën seisoen (vanaf Mei / Junie) het die weer voorspellers begin praat van verwagte uitsonderlike reëns aan die einde van die jaar (2016). Binne weke daarna begin ons hoor van "La Nina" weer omstandighede. Dit is wanneer die weer omstadighede gepas is om uitsonderlike reëns en selfs vloede te bring. Die boere smile en oral hoor jy boere sê: "Ek moet net deur die jaar kom tot die reëns kom, dan sal ek OK wees". Teen begin winter begin jy fotos sien van die boere se kampe. Daar is niks - nie eens een gras blaartjie nie. Hou ingedagte dat die meerderheid wild plase is waar die swakste reënval is, en daar nie groot met bees of plant gewasse geboer kan word nie. Die fotos begin verskyn van die mielie lande wat letterlik net sand duine is wat deur die wind van een heining tot dievolgende heining geskuif word. Die boere voer nie net meer in hul wild kampe nie, maar voer op die oop plase ook. Jy sien gereeld fotos van dooie beeste, skape, en wild wat in die veld / sand lê. Mense, dit was 'n jaar gelede, en julle het reeds daarvan vergeet. So te sê al die wild plase het gelyk soos die foto bo-aan hierdie bladsy. Daar was letterlik niks vir die wild, beeste, en skape om te eet nie. Dit het by die duisende gevrek. Ramps groepe is gestig, met lang rye trokke wat voer aanry na die boere wie nie meer geld het om te voer nie. Daar is baie van die boere wie meer as 'n miljoen Rand 'n maand gevoer het, en hulle doen dit nou al vir twee jaar. Die lusern boere (ja, ons eie Afrikaanse mede boere) vee hul agter ente af aan die nood roepe van die mede wild, bees, en skaap boere. Die regering help ook nie. Later vind ons uit dat die geld wat bedoel was vir die droogte hulp, is gesteel deur die manne in de ANC. Dit was bestempel die ergste droogte in die moderne geskiedenis van Suid Afrika. Botswana regering help met die koop van lusern. Ons eie lusern boere sien die geleentheid om geld te maak van lusern wat hy drie jaar tevore geplant het, en ry trok vragte lusern Botswana toe. Voor ons weet, is lusern al R120 'n baal. Daar is geen mielie oeste nie, en die regering voer in vanaf die buiteland ten duurste. Teen Oktober het dit jou al 300% meer gekos om jou wild te voer as in Maart. Hou ingedagte dat voer die vorige jaar ook verdubbel het. Jy betaal meer vir voer + jy voer baie meer as in vorige jare.
Strand huise, eksra voertuie, plaas implimente ens word verkoop, om voer aan te koop en die wild te voer. Dit is tog jou toekomstige inkomste, en die weer manne voorspel verskriklike groot reëns. Moet net deur die jaar kom. Met die droogte is daar baie minder kopers wie dit kan bekostig en plek het vir nog wild. Voer was eerste prioriteit en is nogsteeds. Met die beloftes van groot reëns wat groot verligting sou bring, het die wild pryse gelydelik gedaal en nie geval nie, omdat daar hoop was dat die droogte sou eindig. Sonder reën kan jy nie boer nie, maar met reën oppad kan jy deur druk en soos normaal verder boer wanneer die reën gekom het. Die bees boere word toe die hardste getref, omdat jy nie getalle beeste kan voer nie, en veral nie teen daardie pryse nie. Hulle kon nie eens beeste verniet weggee aan ander bees boere nie. Die slagpale was toegegooi onder bees vleis, en baie boere se beeste het waardeloos geword.
Oktober 2016 begin dit reën in groot dele van die land. Sommige plekke in die land bid vir reën wat nie kom nie, maar daar waar dit wel reën, reën dit goed. Toe kom die slegte nuus. Die beloofte "Na Nina" gaan nie gebeur nie. Tot begin Januarie reën dit nogsteeds mooi in gedeeltes van die land. Die Waterberg streek lyk baie goed, Dwaalboom en Rooibokkraal spoel weg, gedeeltes van die Kalahari het die beste reënval in 15 jaar, Koedoeskop en Northam se plaas huise is onder water, Rustenburg en Lindley's Poort se wild kampe spoel weg, ens. Maar daar waar dit nie reën nie, reën dit nogsteeds nie. Einde Januarie het dit ophou reën in groot gedeeltes soos in Groblersdal en Marble Hall. Teen die einde van die reën seisoen kom die grootste gedeeltes van die land agter dat hulle het meskien beter reën op die regte tyd gekry, maar baie min reën voor die 2017 winter, en in mm baie minder as wat 'n gemiddelde reënval moet wees. Die 2015 / 2016 reënval was dan veronderstel om die swakste in moderne geskiedenis van die land te wees. Toe kom 2016 / 2017 reën seisoen en die reënval is in baie groot gedeeltes van die land nog slegter as wat dit die vorige seisoen was, wat veronderstel was om die slegste ooit te wees. Ek self het 47 mm minder reën gekry as die vorige jaar.
Desember 2016 en Januarie 2017 is veronderstel om goeie reëns te wees, maar baie boere voer nogsteeds in die reën seisoen. Met die swak reën en die droogte, vrek daar baie rooibok lammers (insluitend swart rooibokke) as gevolg van haarwurm en swak weerstand. Soos die Engelse sê "mentally" het dit 'n baie negatiewe uitwerking op die boere, veral wanneer hulle al voer vanaf Januarie / Februarie, en die vooruitsigte van die winter lyk nie goed nie met swak of geen veld en duurder voer. Baie van die kleiner en gemiddelde boere se gemoed was gebreek.
Oktober is die ende van veilings seisoen, en die pryse stabaliseer. Sommige wild se pryse styg ook so bietjie in Oktober / November. Die reën kom, en die toekoms lyk goed. Oornag besluit Zuma dit gaan te goed met die ekonomie, en van Rooyen word ons nuwe naweek Minister van Finansies. Dit was 'n slaggat wat niemand sien kom het nie. Die Rand val tot nuwe rekord laagte. Tot op daardie stadium was die ergste politieke skadaal Zuma se Nklandla verbeterings en betalings, wat niks in vergelyking met Nene se afdanking was nie. Wie is hierdie van Rooyen? Die land se ekonomie het dit dadelik gevoel. Daar word berig dat Suid Afrika biljoene Rande verloor het met die afdanking van Nene en die "re-shuffle".
Op 26 Januarie 2017 verskyn 'n artikel in die "Business Live" webwerf. Die titel van die artikel was:
"Huning: The colour game is over". Nogal met 'n foto van 'n baie mooi goue wildebees bul van oom Barry York. Sien die artikel - kliek hier
Daar is mos niks wat soos 'n weghol veldbrand versprei, soos slegte nuus nie. Maak nie saak of die slegte nuus waar of vals is nie, en wie die artikel geskryf het nie. Onthou - tot nou toe was die verlaagde verkope direk as gevolg van die ernstigste droogte in die geskiedenis van Suid Afrika.
Wanneer jy die heel eerste sin van die artikel lees (wat nogal in groot letters geskryf is), kom jy dadelik agter wie sit agter die artikel, net deur die woorde keuses wat gebruik is. Peter Flack en kie, en hy word ook aangehaal in die artikel, waar hy die waarheid verdraai en dan ook sommer reguit lieg.
Die artikel bestaan uit 810 woorde wat so te sê net aanhalings is van wat die anti kleur variant ondersteuners te sê het. Die normale gesanik. Uit die 810 woorde, is daar net 43 woorde waarin 'n kleur variant teler aangehaal is, wie Jacques Malan was. Al wat hulle geskryf het was:
Ek het nie vir Jacques Malan gevra nie, maar ek is baie seker hy het baie meer as dit te sê gehad, toe hy gekontak was deur die skrywer of navorser van die artikel. Wanneer julle die artikel lees, moet julle mooi lees en die woord keuses en bewoording mooi dophou. Ek sou baie graag die artikel paragraaf vir paragraaf wil ontleed, maar julle is seker nou al moeg gelees. Ek het 'n blad geskryf met die normale goed wat die anti kleur variant ondersteuners gereeld gebruik as redes om nie met kleur variante te teel, of te jag nie. Om te sien wat ek geskryf het - Kliek hier
Al wat ek graag hier sou wou bespreek, is die artikel se opskrif en die eerste sin van die artikel, wat lees:
Hunting: The colour game is over
The breeding of wildlife to produce unusually coloured animals, in the hope that hunters would pay a lot more to shoot them, has fallen flat in a spectacular manner - with the practice being widely condemned.
Die bogenoemde is bewoord en geskryf vir sensasie. Kleur variante is nie "unusually coloured animals" nie. Kleur variante was in Afrika lank voor Jan van Riebeeck. Kleur variante is so natuurlik soos enige ander wild in Suider Afrika, insluitend die konings jagluiperd (king cheetah) wat ook 'n kleur variant is met 'n resessiewe geen. Ons het almal al baie lank gelede geweet dat alles wat ons teel, op die ou einde gejag gaan word. Ons het darem al talle ander wild as voorbeelde wat eers geteel was om die getalle meer te kry, en die teel kwaliteit tot op 'n punt te kry waar daar genoeg minder goeie kwaliteit diere is om te kan jag, terwyl daar verbeter word met die teel diere. Swartwitpense en buffels is 'n baie goeie voorbeeld. Volgens die artikel klink dit asof die boere die kleur variante geteel het, spesifiek om die geteelde wild te jag teen groot pryse. Dit is hoe die waarheid verdraai word. Weereens swartwitpense en buffels as voorbeeld, wanneer die getalle dit toelaat, en die verskil in teel en jag kwaliteit duidelik is, dan word die jag diere gejag teen baie goedkoper pryse as die beter kwaliteit teel diere wat dievolgende generasie groter en beter jag diere aanteel. Op 26 Januarie 2017, toe hierdie artikel geskryf was, was daar nog geen sprake van groot skaal jag van kleur variante nie. Daar is baie minder swart rooibokke, goue wildebeeste, konings wildebeeste ens, as wat daar swartwitpense is. Die meerderheid van die boere se teelwild is nog nie op standaard nie ens. Die artikel laat dit klink asof die wild bedryf reeds geprobeer het om die kleur variante op groot skaal te adverteer om te jag, maar reeds misluk het. Valse nuus en inligting, ten koste van die wild boer en ten bate van die Suid Afrikaanse jag organisasies.
Among them is game breeder Jacques Malan. He concedes “badmouthing by hunters” has done a lot of damage, but argues the biggest problem has been the devastating drought. “There was no natural vegetation,” says Malan. “Breeders faced the huge expense of buying fodder.”
Op 26 Januarie 2017 het die boere nog reën gekry en met opgewondenheid elke dag gekyk watse lammers en kalwers word gebore. Die pryse einde 2016 was nie die heel beste nie, maar was nog baie goeie pryse waarmee die wild boere tevrede was, en was hulle onder die indruk dat die wild se pryse daar gaan begin in Maart 2017 wanneer die veiling seisoen begin. Daar was geen sprake van kleur variante te jag teen laer pryse as wat hulle op daardie stadium werd was.
Wat die artikel wel gedoen het, en wat ek glo die doel van die artikel was - was om die beleggers onder die omstadighede uit die wild bedryf te kry. Teen Februarie was dit baie duidelik dat 2017 vir die meeste van Suid Afrika 'n droeër jaar gaan wees as enige vorige jaar, en dat daar nog meer gevoer gaan word as in vorige jare. Na Nene se afdanking as Minister van Finansies in November 2016, het die Suid Afrikaanse ekonomie met twee downgrades in drie maande (November tot Febrarie), 'n groot insinking beleef. Met Zuma en die ANC se belaglike optredes, uitsprake, en onverantwoordelike besluitneming, het die skandale een na die ander uit gekom. Skielik hoor ons van grond wat sonder betaling gevat gaan word, en die Guptas wat die regering vanaf "Saxonwold shebeen" beheer.
Die besigheids mense en beleggers wie in 2014 / 2015 ingeklim het om oornag baie geld te maak, het nie hiervoor kans gesien nie. Hulle was nie bereid om vir nog 'n jaar (derde jaar) enorme bedrae aan voer te spandeer nie. Die verswakte ekonomie het hul eie besighede begin beinvloed, en daar was nie ekstra geld om ook nog in 'n boerdery te spandeer nie. Die val van die Rand was 'n groot knou vir die buitelandse vennote en beleggers, wat beteken die somme lyk nou anders. Die bogenoemde artikel was net die laaste strooi vir hierdie mense, wie in die wild bedryf was om oornag geld te maak. Hulle glo die valse waarhede en informasie van die artikel. Hulle is uit!
Teen einde Februarie is die mark toegegooi met die besigheids manne en beleggers se wild. Ongelukkig was dit ook nie hul beste wild nie, dit was die wild wat oorgebly het nadat hulle die beter wild privaat verkoop het. Met ander woorde, die wild op die ope mark en op die hordes kleiner veilings, was meestal onder gemiddelde wild. Die boere wie meer ernstig is oor die wild bedryf, is meestal alreeds besig om groot hoeveelhede te voer, met verlede winter se voer kostes vars in die geheue. Hulle stel ook nie belang daarin om die swakker kwaliteit wild wat beskikbaar was, te koop nie.
Hoe word daar gesê in die besigheids wêreld - Gebruik 'n slegte geleentheid om dit om te draai in 'n goeie geleentheid.
Die valse inligting oor die teel en jag van kleur variante, wat uit die jagters kampe in Suid Afrika versprei word, gaan al aan vir 'n hele klompie jare. Ek persoonlik het gedink hierdie is die gulde geleentheid om die waarheid te vertel, aangesien hierdie artikel wêreld wyd versprei was, en sodoende kon baie mense op 'n baie maklike manier bereik word met die waarheid. Ek het in groot afwagting gesit en wag vir die wild bedryf om iets te sê, en die geleentheid te gebruik om mense in te lig oor die herkoms, teel en jag van kleur variante. Op 10 Februarie 2017 stuur WRSA 'n epos uit waarin daar gesê word dat hulle kennis dra van die artikel, en dat hulle daaraan werk. Dit was die laaste wat ons daarvan gehoor het uit die offisiële kamp van die wild bedryf. WRSA het nooit verder ge-antwoord op die artikel nie. Hoeveel van WRSA se lede teel met kleur variante. Sommige WRSA lede teel net met kleur variante.
Ek het toe later gehoor dat WRSA nie in 'n modder gooiery betrokke wil raak nie. Dit was en is nie nodig nie. Al wat hulle moes (en nogsteeds moet) doen, is om herhalend 'n artikel te skryf wat die jag wêreld sal bereik, met inligting en feite oor waar kleur variante vandaan kom, die teel van kleur variante, en die jag van kleur variante. Gee die jagters die ware inligting, sodat hulle ingelig is en self kan besluit. Meerderheid van die valse inligting word deur baie van die outfitters en professionele jagters wie lede is van PHASA, versprei. WRSA en PHASA het tog 'n werk verhouding. WRSA kan die inligting stuk opstel, en PHASA kan dit aan al hul lede versprei. Dit is so maklik vir PHASA as om een keer "send" te druk, en elkeen van hul lede het die epos met inligting, fotos ens.
Hierdie was die idiale geleentheid om die waarheid uit te kry, en die toekomstige jag van kleur variante te bemark. Presies die teenoorgestelde het gebeur as gevolg van die stilte oor die onderwerp vanuit die Suid Afrikaanse wild bedryf. Die besigheids mense en beleggers het geskrik, wat tot groot skaalse ontrekking gelei het. Volgens die artikel is daar geen inkomste te maak uit die teel van kleur variante nie. Hulle het gevoel dat hulle geld in 'n put gooi, wat hulle nooit sal kan terug maak nie. Meskien sou dit nie gebeur het as die waarheid van die kleur variante, en die toekoms van kleur variante aan hulle gegee was nie. Die stilte was vir baie mense 'n erkenning van die artikel deur die wild bedryf.
Met die oorvloed van onder gemiddelde wild op die mark en kleier veilings, was daar baie min belangstelling in hierdie onder gemiddelde en net net gemiddelde wild. Dit het tot gevolg gehad dat die wild teen baie laer as mark pryse verhandel het. Bykomend tot die besigheids manne en beleggers se wild, was en is daar die wild van boere wie finansiël onder druk is, wie rekeninge moet betaal en voer koop om hul wild te voer deur die winter. Omdat hulle nie uit die wild bedryf klim soos die besigheids mense en beleggers nie, hou hulle hul beste wild terug om verder mee te teel, en verkoop hulle hul swakste wild. Dit beteken nog meer onder gemiddelde en gemiddelde wild, wat in 'n ekonomiese krisis en tydperk van klein aanvraag, ook verhandel teen minimum pryse.
Wild veilings in 2017 - ek gaan probeer om diplomaties te wees
Geen reserwes is 'n baie groot gesêls punt in die wild bedryf, en moet ernstig aangespreek word.
Daar was nooit "geen reserwes" veilings in die wild bedryf gewees nie. In 2013 en 2014 het die belangstelling en kopers in wild baie gegroei. Die top boere het baie goeie pryse gekry op hul groep veilings, soos Stud Game Breeders, met kwaliteit wild, want die kopers wou daardie bloedlyne koop. Ander het net die geld gesien, en almal het begin veilings hou, sonder dat hulle gekyk het hoekom die groot naam boere die beter pryse kry. Daar was skielik nie 'n naweek waar daar minder as 7 of 8 veilings was nie, en sommige naweke tot 13 of 14 veilings. Daardie tyd al, het die boere gekla dat daar hopeloos te veel veilings is. Die kopers het dun gesprei geraak, en die ernstiger boere het nie die onder gemiddelde en gemiddelde veilings bygewoon nie. Om meer kopers te trek na veilings, was 'n geen reserwe veiling aangebied. Binne 'n maand of twee het almal geen reserwe veilings aangebied om meer kopers na hulle veilings te trek. Dit het die wild pryse van die baie duurder wild geraak, maar oor die algemeen was daar genoeg belangstelling en kopers (baie besigheids mense, beleggers, en mense wie wou begin meeding) om min of meer die mark pryse te kon kry vir die wild. Die beter en ernstiger veilings was baie goed ge-adverteer, en almal het lank voor die tyd presies geweet watse wild is op watse ernstiger veiling. Die kopers kon na die regte veiling gaan om te gaan kompeteer teen ander kopers vir die spesifieke bok.
Met ander woorde: Dit was nooit idiaal om geen reserwe veilings te hou nie, maar gedurende die "boom" van die wild bedryf kon die ernstiger veilings met groter en bekende boere as verkopers en beter kwaliteit wild op die veiling, dit bekostig om geen reserwe veilings te hou. Hoekom? Omdat die veiling ordentlik geadverteer was, en daar genoeg ernstige kopers was om teen mekaar te kompeteer. Dit het tot gevolg gehad dat in meerderheid gevalle het die wild vir mark verwante pryse, of selfs beter, verkoop op veiling. Die sleutel woorde is: adverteer, vol sale, kwaliteit wild, groot naam boere, genoeg ernstige kopers, kompeteer vir dieselfde wild.
Vir baie jare lank was Vleissentraal die manne wie die wild bedryf se veilings hoofsaaklik gehou het. Vanaf 2016 is dit Wildswinkel wie die voorloper is as veilings huis in die wild bedryf. Julle almal ken vir Wildswinkel, wat beteken ek hoef nie te veel te sê nie. Volgens my "tick" hulle amper al die boksies ten opsigte van hul veilings. Soos julle weet is Wildswinkel redelik kieskeurig oor wie se veilings hulle aanbied, en watse wild op die veilings aangebied word. Elke veiling word maande voor die tyd al baie goed ge-adverteer op sosiale media, op hul webwerf, en ander metodes. Gedetaileerde inligting en goeie fotos van al die wild op die veiling is lank voor die veiling besikbaar, en weet die kopers presies watse wild (met inligting) is beskikbaar op die veiling. Daar is brosjures met ordentlike fotos en inligting lank voor die veiling beskikbaar. Elkeen van hul veilings het baie goeie bywoning, deur die grootste boere in die land, vinnig opkomende boere, asook kleiner boere wie ernstig is oor hul eie boerderye en opsoek is na kwaliteit wild.
Nou dat ons in 2017 is, wat die derde jaar van droogte is, en al die ander faktore en omstandighede wat 'n invloed speel op die wild bedryf en pryse van wild - hoe voel ek nou oor geen reserwe veilings? Ek het nog nooit daarvan gehou nie, en die idiaal sal wees dat ons terug gaan na veilings met reserwes, soos wat dit gedoen was van die begin van die wild bedryf tot 5 jaar gelede. Almal in die wild bedryf het 'n verantwoordelikheid, eerstens teenoor die wild bedryf as 'n geheel, en tweedens teenoor die ander mense betrokke in die wild bedryf. Ons moet na die bedryf kyk, en ons moet beslis na mekaar kyk. Dit beteken ons moet doen wat die beste is vir die wild bedryf en ander in die bedryf.
Die probleem is nie vir my Wildswinkel nie, as gevolg van die tipe veilings, kwaliteit wild, verkopers, en kopers wat die veilings het nie. Die probleem is die ander 999 kleiner veilings wat ook geen reserwe veilings hou, om te probeer om kopers te lok. Hoe, weet ek nie, want hierdie veilings word nie geadverteer nie. Meeste van die tyd weet niemand van die veiling nie, tot die dag voor die veiling (wanneer jy 'n sms kry), of dievolgende week wanneer 'n koper 'n bok soek vir 'n belaglike lae prys, omdat dit is wat so 'n bok voor verkoop het op hierdie of daai veiling. Dan begin jy soek vir 'n foto van die bok wat vir die belaglike lae prys verkoop het, maar niemand weet hoe die bok gelyk het nie, daar is geen webwerf, katalogis, epos of niks van die wild nie. Wanneer jy die veiling mense bel om meer uit te vind, het hulle nie 'n foto nie, maar sê dan vir jou dat hulle het 'n sms of epos uitgestuur om te sê hulle het x hoeveelheid van daardie spesie of variant op die veiling. Dan gaan soek jy die epos, en sien dat daar is 'n getalle lys met geen beskrywings, ouderdomme, fotos, inligting of enige iets nie. Hoe wil hierdie 999 veilings kopers trek? Die wild is onder gemiddelde gemors wild wat nie gespesifiseer word as jag wild nie, niemand weet wie die verkopers is nie, baie manlike diere is skaars gespeen, en daar is 'n handjie vol kopers by die veiling gewees. Nee wag, nie kopers nie, maar wel "bargain hunters". Op baie van hierdie veilings is daar dubbel (of meer) lotte as wat daar kopers is. Twee of drie jaar gelede was hierdie veilings net wildvangers, en dink hulle kan so groot word soos Mpatamacha as hulle veilings hou, of hulle was (en is nogsteeds) boere wie baie min mense van weet.
Die beste vir die wild boere en die hele wild bedryf, sal wees as hierdie 999 veilings hul deure toemaak. Ongelukkig dink hulle net aan hulself en gaan hulle voort met die veilings. Dit is hierdie soort veilings wie nie geen reserwe veilings mag hou nie. Hulle het nie die werk gedoen, geadverteer, die regte verkopers gekry, en nie die regte kwaliteit wild gekry, om kopers te lok nie. Hoe kan 30 kopers van 'n 100 lotte swak wild die mark waarde bepaal van 'n spesie of variant?
Dit is hier waar Wildswinkel die voorbeeld moet stel, deur ontslae te raak van die geen reserwe veilings. Dit sal 'n positiewe bydrae lewer tot die wild bedryf as 'n geheel. Hulle gaan tog nie minder kopers of verkope hê met die tipe verkopers, wild, en kopers wat hulle trek nie. Met ander woorde, hulle het niks om te verloor nie, maar die wild bedryf het alles om te wen. Kriek Wildlife 2017 veiling het realistiese reserwe pryse gehad, en as ek reg onthou het al die wild verkoop teen baie goeie pryse. Indien daar een of twee lotte nie verkoop het nie, is dit nie die einde van die wêreld nie, en het dit nie die uitstekende resultate van die veiling beinvloed nie. Wildswinkel het ook buffels op veilings aangebied wat nie verkoop is nie. Daardie buffels het met ander woorde reserwe pryse gehad op 'n Wildswinkel geen reserwe veiling. Hoekom het net sekere lotte van sekere verkopers reserwe pryse, maar ander wild nie. Kriek Wildlife het 'n baie goeie voorbeeld gestel as gesiene boere, maar ongelukkig het hulle net een veiling 'n jaar.
Daar was al vanaf 2014 te veel veilings gewees, en daar is nou in 2017 nog baie minder kopers. Daar moet baie minder veilings wees, wat die beste is vir die wild bedryf. Hier het ons gesien dat Golden Breeders (Castle de Wildt + York Game Breeders) 'n baie goeie voorbeeld aan die wild bedryf gestel het. Hierdie is gerespekteerde boere wie se wild top kwaliteit en in aanvraag is. Hulle het beide hul "golden breeders" en ook die "golden breeders family" veilings vir 2017 gekanselleer. Dit is 'n erkenning van hul toegewydheid aan die wild bedryf en aan hul vorige kliënte. Hulle het nog verder gegaan deur aan hul vorige kopers, en ander belangstellendes, die aanbod te maak om hul goue wildebees bulle in te ruil op beter bulle. Respek. Vir meer inligting - kliek hier.
2017 - die rugbreker jaar
2016 - die kritieke jaar
Oktober 2014 tot Maart 2015
Oktober 2013 tot Maart 2014
2010 tot 2015
2003 tot 2010
Die boer is sy eie grootste vyand in 2017
Daar is baie van die kleiner boere wie se kapitaal vloei gedruk is, en wie sukkel om die rekeninge te betaal, en daar bo-op ook nog groot bedrae vir voer te betaal as gevolg van die droogte en verhoogde voer pryse. Hierdie is nie die groot boere wie baie wild het om te verkoop nie. Dit is nuwer en kleiner tot gemiddelde boere. Die gevolg is dat hulle moet van hul wild verkoop om voer te kan koop om die ander wild te kan voer, en einde van die jaar lammers en kalwers aanteel te kan kry.
Daar is baie boere in hierdie posisie, maar ongelukkig vir hulle is meerderheid ander boere in dieselfde posisie wie nou nie wild aankoop nie. Sosiale media is goed om sekere wild te adverteer, maar kan ook teen die bedryf werk. Vanaf Maart / April sien ons dat boer A adverteer byvoorbeeld nyalas vir R 16 000 elk, en hulle verkoop redelik vinnig teen die prys. Boer B is desperaat vir geld, en adverteer nyalas teen R 15 000, Boer C wil sy nyalas vinnig verkoop, so hy maak sy prys R 14 000 elk om hulle vinniger verkoop te kry. Elke keer verkoop die wild teen die pryse, maar dievolgende ou verlaag sy prys om vinniger te kan verkoop.
Indien wild teen 'n sekere prys binne 'n week of twee verkoop, is die prys reg en daar is kopers teen daardie prys. Dit beteken dat daardie prys is 'n aanvaarbare mark verwante prys. Nou hoekom verkoop die boere die wild teen minder as die aanvaarbare pryse?
Hier is die 999 klein geen reserwe veilings met swak wild en minimum kopers weereens skuldig. Ongelukkig is dit so dat slegte nuus meer versprei word, en dan ook vinniger versprei. Daar is baie negatiewe mense wie net slegte nuus heeldag versprei, of goeie tye met die huidige slegter tye vergelyk. Sodoende hoor die boere dat x wild op so en so veiling verkoop is vir x bedrag, wat 'n baie slegte prys was. Die kwaliteit van die wild, omstandighede, inligting en aantal kopers by die veiling word nie genoem nie. Nou begin boere paniekerig word, en verkoop hulle hul x wild teen daardie baie laer as mark waarde pryse. Ai manse, doen eers 'n bietjie huiswerk. Gereeld sien ek bargains wat op sosiale media geadverteer word. Daardie bargains is as gevolg van onkunde.
Daar is baie min agente wie self boer en teel. Ek dink die persentasie is minder as 5%. Die meerderheid van die agente sit agter 'n laptop by die huis daar iewers in die dorp of stad. Hulle kennis van wild en die wild bedryf is skokkend. Baie van hierdie agente of smouse kan nie eens vir jou sê van watse ouderdom kan verskillende spesies wild dek nie, en ook nie hoe lank hulle dragtig is nie. Daar is agente wie nog nooit op enige wild plaas was nie, maar hulle verkoop wild.
Passop vir sekere agente
In die verlede toe die wild se pryse beter was, het meerderheid agente 3% tot 5% kommissie gevra. Deesdae sien ek dat baie agente vra tussen 7% en 10% kommissie. Nou dat hulle inkomste kleiner is, probeer hulle die verskil opmaak op maniere wat nie in jou as koper of verkoper se beste belang is nie. Baie wild word deur agente aangebied teen baie minder as die mark verwante pryse, net om 'n vinnige koper en kommissie te kry. Dit beinvloed nie net die verkoper nie, maar ook die wild se mark pryse en die wild bedryf in 'n geheel.
Met die huidige pryse van wild, is die realiteit dat meerderheid boere verkoop nie hulle beste of selfs goeie teelwild nie. Hulle verkoop hul slegste wild. Wanneer kopers die agente kontak om sekere wild te koop, word daar nie gesoek vir die beste wild wat die beste vir jou boerdery is nie. Die wild wat die agent beskikbaar het word aan jou afgesmeer, of dit jou agteruit gaan laat boer of nie. Daar is agente wie 'n prys kry by die boer, waarvoor hy sy wild wil verkoop. Dan adverteer die agent die wild vir baie goedkoper om kopers te kry. Dan gaan die agent terug na die boer en sê vir hom dat daar geen belangstelling in die wild is nie, maar dat hy/sy 'n offer gekry het vanaf 'n ernstige koper, wat dieselfde laer prys is waarteen die agent die wild geadverteer het.
Kopers moet baie versigtig wees om wild teen die goedkoopste pryse te koop. Ek het dit bespreek in die hoof blad van hierdie skrywe. Gaan lees in die hoof blad hoe kan jy jou boerdery in die grond in boer deur bargain hunting te doen. (skakel is bo-aan hierdie blad).
Soos die opskrif sê: "sekere agente", maar dit is nogsteeds baie agente. Daar is goeie agente wie jou kan help. Moenie 'n agent kies net omdat hulle elke dag baie advertensies plaas nie, of omdat hulle oulik lyk nie. Daar is van die die agente wie elke dag twee of drie keer advertensies op WhatsApp groepe en facebook groepe plaas, wie die wild pryse afdruk. Neem 'n dag of twee en kry 'n agent wat 'n goeie reputasie het, kennis van die wild wat jy wil koop of verkoop het, en eerlik is.
So baie hoor jy van mense wie nie eens met wild boer of 'n plaas het nie, dat die wild bedryf het "gecrash" of dit was 'n piramide skema, of die "bubble het gebars" ensovoorts. Ek weet nie watse werk hierdie mense doen, of watse salarisse hulle verdien dat die swak ekonomie van 2017 hulle nie raak nie. Een ding weet ek verseker, hulle lees nie koerante nie, en kyk ook nie nuus nie.
Suid Afrikaanse ekonomie
In daardie geval is meeste boerdery sektore dan seker ook 'n piramiede skema of 'n bubble wat gebars het. Mielie pryse was 'n jaar gelede R 4500 'n ton, en nou is dit R 1800 per ton. Pampoen boere naby Brits kry nie hul pampoene op die mark verkoop nie. Verlede jaar kon jy nie 'n bees verniet weggee nie, en nou is die pryse goed as gevolg van die tekort wat veroorsaak is deur die droogte. Dieselfde droogte wat maak dat die wild bedryf sukkel. Besighede maak toe een na die ander. Nuwe voertuig verkope is af met 2.6%. Om lenings of verbande by banke te kry is amper onmoontlik. Hoeveel myne het hierdie jaar (7 maande) al toegemaak? Grond verskuiwings toerusting staan dood stil. Vervoer trokke het nie werk nie. Ons eerware President het mos ander idees oor hoe 'n regering moet werk, en wat is 'n groeiende ekonomie. Deur die afdanking van minister Nene in November 2016 (net 8 maande gelede) het die Rand geval tot rekord laagtes, en ons het twee af graderings gekry. As Gordhan nie mooi gaan praat het nie, het Moody's ons seker ook af gegradeer. Zuma wil nie leer van sy foute nie, en is meer bekommerd oor homself en sy kennisse. Die afdanking van minister Gordhan in Maart 2017 (+ baie ander ministers) het ons ekonomie na junk status geneem.
Elke ekonomiese sektor in Suid Afrika is onder groot druk.
Pick & Pay is tog 'n groot besigheid wat voedsel verkoop. Almal moet eet, en die voedsel besighede behoort nogsteeds goeie besigheid te doen. Pick & Pay het op 31 Julie 2017 aangekondig dat hulle 3500 mense gaan afdank (10% van hul werkers), as gevolg van die sukkelde ekonomie. Lees berig hier
Suid Afrika se myn bedryf was nog altyd een van die grootste bedrywe in die land. Vanaf November 2016 tot nou toe het baie myne toegemaak. Bo-op die myne wat toegemaak het, word daar op 03 Augustus 2017 aangekondig dat 'n verdere 16 000 goud myn werkers hul werk kan verloor. Lees berig hier
Spoorex artikel
Ek weet nie wie die eienaar of skrywer van hierdie webwerf is nie, maar hulle het op 27 Julie 2017 'n artikel op hul webwerf geplaas wat op sosiale media versprei word. Die foto is van 'n uitsonderlike 24.5" goue wildebees koei van Tony en Richard Morton (Tembani Wildlife - Stud Game Breeders)
Die titel van die artikel is: "Colour variants: The rise and fall" - Lees die artikel hier
Dit lyk my hulle het hul artikel gebasseer op die Business Live artikel. Hulle redes vir die daling in wild pryse, is dat daar nie 'n eind verbruiker is nie, want volgens hulle stel die Amerikaanse jagters nie belang om die kleur variante te jag nie. Hier gaan ons alweer.
Tot na die onlangse slegte reëns (2016 / 2017) en die vooruitsig van nog 'n jaar se droogte, en die begin van die veiling seisoen (Maart) was daar geen sprake van kleur variante jag nie, alhoewel ons almal weet ons teel die wild om eendag te jag. Voor die reëns en teen die einde van die veiling seisoen in Oktober 2016, was daar nog groter getalle kleur variante verkoop teen goeie pryse. Op Stud Game breeders het 'n goue bul (Botse) vir meer as R 5 miljoen verkoop, goue verse dragtig vanaf R 150 000 tot R 300 000 ensovoorts. Daar was beslis nie genoeg kleur variante om mee te teel en ook nog te jag nie, met al die nuwe toetreders, en indien die nuwe 2017 veiling seisoen aangegaan het van waar ons opgehou het verlede jaar. Daardie tyd was alle kleur variante verkoop as teel diere, omdat daar 'n groot vraag was. Die ooie en koeie was nog besig om te lam en kalf. Die wild bedryf staan basies stil vanaf Oktober tot Maart. Die internationale (VSA) se jag skoue is in Januarie en Februarie, wat beteken dat daar baie min kleur variante geadverteer was om gejag te word.
In Maart gebeur die middernag kabinet afdankings en aanstellings, en die land word af gegradeer na junk status. Die ekonomie stort in duie, en die kopers droog oornag op. Dit was eers teen April dat ons besef het dat daar nie die groot getalle kopers gaan wees vir die wild nie, en dat die getalle wild wat verkoop sou word, nou gejag moet word. Dit was te laat in die jaar om aan die buitelandse jagters te adverteer in die buiteland. Daarom was die meerderheid goue wildebees en swart rooibok jagte eers aan die buitelandse jagters geadverteer nadat hulle in Suid Afrika aangekom het. Met die beperkte advertering, het die kleur variante vanaf April begin. Daar was onder andere drie wildebees slams (konings + goud + blou) gejag hierdie jaar, waarvan net een in die buiteland bemark was. Daar was 'n klomp swart rooibokke gejag. Daar was tot nou toe meer as 40 goue wildebees bulle gejag, en dan sal daar baie wees waarvan ons nie eens weet nie. Dit is met beperkte binnelandse advertering vanaf April aan jagters wie in Suid Afrika aangekom het. Hoeveel buffels was vanaf April tot nou toe gejag? Dit is meer, maar ek dink nie dit is soveel meer as die getal goue wildebeeste wat sovêr hierdie jaar gejag is nie, en dan is die buffel jagte al vir jare lank + hierdie jaar bemark in die buiteland waar daar duisende jagters is. Soos tyd verloop sien ons dat die hoeveelheid swart rooibokke en goue wildebeeste wat gejag word, meer en meer word elke week. Teen hierdie getalle (sonder om te adverteer) lyk die toekoms vir die jag van kleur variante baie goed. Dink net hoeveel meer sal gejag word wanneer die wild boere en outfitters volgende jaar die jag van kleur variante iternationaal bemark.
In Spoorex se artikel, sê hulle dat SCI nie die jag van kleur variante erken nie. Ons weet nou dat CHASA en PHASA die kleur variante erken, en die jag van kleur variante ondersteun. Volgens Dries van Coller, Stephen Palos en Adri Kitsoff, erken SCI die jag van kleur variante en die horing mates van kleur variante. Onthou nou dat die Amerikaanse jagters wie reeds die kleur variante gejag het, heel waarskynlik ook onder die indruk was dat SCI nie die jag van kleur variante ondersteun nie. Dink net hoeveel meer sal die kleur variante jag wanneer hulle weet dat SCI die horing mates van kleur variante erken. Kleur variante word geteel vir beter kwaliteit, wat sal beteken dat die split bulle / ramme en die kleur bulle / ramme gaan heelwat groter horings hê as die gewone bulle en ramme op die jag plase.
Spoorex se artikel laat dit klink asof net die kleur variante se pryse gedaal het. Alle wild se pryse het gedaal. Swartwitpens verse kos nou 'n kwart tot 'n derde van wat hulle 'n jaar gelede gekos het. Gewone wild se pryse is ook af. Spoorex het nie die droogte of verswakte ekonomie een keer genoem nie. Hulle noem nie eens die afgradering na junk status nie. Daar is baie faktore wat die wild bedryf (en ander bedrywe) negatief beinvloed het.
Volgens my (en seker baie van julle ook), is dit 'n swak artikel omdat hulle duidelik nie hul huiswerk of navorsing gedoen het nie.
Ek sal my nie te veel steur aan hierdie artikel nie.
Daar is goeie nuus
Die res van die wêreld is op 'n positiewe ekonomiese groei, uitsluitend Suid Afrika en Zimbabwe natuurlik, vir dieselfde redes. Die swak ekonomie is veroorsaak deur onstabiele politeik met swak besluite. Indien die politeik verbeter, sal die ekonomie ook verbeter. Kom ons kyk wat Mbete besluit oor die geheime stem en wat gebeur hierdie week met die stem in parliment.
Die groter prentjie is dat die politeik is al vir 'n geruime tyd besig om te verander. Eers die twee derdes meerderheid wat die ANC verloor het in die vorige nationale verkiesing toe alles nog relatief rustig was en goed gegaan het. Daarna het die ANC baie steun verloor in die laaste provinsiale verkiesing, met hoofsaaklik net die Nklandla debakel as negatiewe vir die ANC. Van toe af tot nou toe het die wiele behoorlik afgekom met alles wat gesê was deur die ANC, die korrupsie wat nou bekend is, die Guptas wat die President en ander in hul sak het ens. Die negatiewes vir die ANC met die vorige twee verkiesings was niks in vergelyking met wat nou alles algemene kennis is nie. Hoe gaan hulle vaar in 2019 se nationale verkiesing, want minder as twee jaar van nou is?
Ter afsluiting
Die laer wilds pryse het niks te doen met piramiede skemas of borrels wat gebars het nie. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die droogte en swak ekonomie. Geen droogte in geskiedenis het vir ewig aangehou nie. Die droogte moet een of ander tyd breek. Die politeik is besig om vinnig en drasties te verander, wat die ekonomie positief sal beinvloed. Moet nie onnodig wild verkoop nie, en koop kwaliteit wild aan. Die pryse is nou baie bekostigbaar.
'n Goeie boodskap vanaf Wiaan van der Linde (Wintershoek Wild). Om te lees - kliek hier
Hoekom is die Suid Afrikaanse jag organisasies so teen kleur variante?
Dit is nêrens geskryf waarom die Suid Afrikaanse jag organisasies teen die teel en jag van kleur variante is nie. Hierdie is my opinie gebasseer op tyd lyne en wat wanneer en waar gesê is. Ek mag verkeerd wees, en daarom kan u self besluit en u eie gevolg trekkings maak. Indien enige leser meer akkurate inligting het, kan u my kontak sodat ek die meer akkurate inligting hier kan plaas.
Kliek op die fotos om te vergroot
In vroeër jare het die jag organisasies nie kommentaar gelewer teen die teel en jag van kleur variante nie. Vanaf 2012 het die belangstelling in kleur variante verskriklik gegroei. Daar was soveel belangstelling, dat daar was geen kleur variante as jag wild beskryf nie. Die vraag was so groot, dat alle kleur variante was as teel wild verkoop aan nuwe toetreders. Gewone ooie, verse en koeie was gebruik as basis diere, wat beteken het dat die vraag na gewone vroulike diere het verskriklik vergroot, om as basis teel diere in die teel projekte gebruik te word.
Tot op hierdie stadium het die biltong jagters gewone rooibokke, blesbokke, en wildebees vroulike diere vir goedkoop gejag. Met die enorme vraag na hierdie vroulike diere as teel diere in die kleur variant teel bedryf, was die telers bereid om baie meer vir die ooie, verse en koeie te betaal as wat die biltong jagters betaal het. Dit het tot gevolg gehad dat die bogenoemde vroulike diere oornag baie duurder geword het, en dit was vir die wild boer finansiël baie beter om diere te vang en te verkoop aan die wild telers teen baie beter profeite as wat die biltong jagters betaal het. Baie van die biltong jag plase het opgehou om te jag, en het eerder wild gevang en verkoop.
Die biltong jagters was ongelukkig met die verwikkelinge, en het hulle ongelukkigheid hard en duidelik op verskeie jag groepe in die sosiale media uitgedruk. Hulle was nie bereid om die teel pryse te betaal nie, want tot op daardie stadium het hulle vir goedkoop gejag, en nou moes hulle baie meer betaal.
Wanneer jy 'n geweer koop, moet jy 'n lid wees van 'n sport skiet club of jag organisasie of ander, om jou lisensie te kan kry. Natuurlik het meerderheid van die biltong jagters aangesluit as lid van 'n jag organisasie soos SAJWV, waar lede geld R 795 per jaar is vir lede vanaf 26 tot 64 jaar oud, en lewens lange lidmaatskap R 18 000 is.
Niemand het vir die jag organisies gesê hulle moet met kleur variante teel of boer nie, of betrokke wees by kleur variante nie. So waarom is hull so gekant teen kleur variante, tot 'n fanatiese punt waar hulle valse inligting versprei oor die kleur variante. Daar moet tog een of ander voordeel vir hulle daarin wees. Ek vermoed daardie voordeel is finansiël, waar hulle begin geld verloor het. Baie van die biltong jagters het openlik gesê dat hulle gaan nie jag nie, met ander woorde hulle kan nie sien hoekom hulle hul jag organisasie ledegeld moet betaal nie. Ek het geen idee hoeveel lede nie hul ledegeld betaal het nie, maar ek is seker die organisasies het geld verloor.
Die Suid Afrikaanse professionele jagters, wie meestal nie 'n wild plaas besit nie, het hierop opgetel en is vandag van die grootste en meeste kritici van kleur variante. Wat baie duidelik is uit hul kommentaar op sosiale media, is dat hulle het geen idee waarvan hulle praat nie. Meskien omdat hulle nie wild boere is nie en meeste van hulle hul hele lewe in die stad woon. Ongeligte mense is gevaarliker as enige ander groep. Daar word baie stertjies aangelas. Die groot probleem is dat hulle direk met die buitelandse jagters werk, en hulle is baie gewillig om hul kommentaar oor die jag van kleur variante met hul buitelandse agente, en kliënte te deel. Op sosiale media is hul kommentaar meestal ook in Engels, terwyul hulle hul buitelandse kliënte "tag".
Die een probleem wat ek met die Wildswinkel veilings het, is die geen reserwe veilings. Dit mag dalk so wees dat die bekende verkopers en uitstaande kwaliteit wild op hul veilings, trek groot getalle kopers insluitend die grootstes in die wild bedryf. Daarom is die pryse van die wild op die veilings nogsteeds goeie pryse, en kon meskien net bietjie verbeter met realistiese reserwe pryse veilings.
Hierdie veilings is grootliks verantwoordelik vir die val van die wild pryse. Hoe kan jy 'n 8 maande oud goue wildebees of swart rooibok op veiling aanbied, terwyl daar minder as 30 kopers by die veiling is. Die ram of bul is te jonk om te weet hoe gaan hy lyk as hy ouer is, die verkoper is onbekend, daar is geen informasie van die bok se ouers nie, geen aanteel geskiedenis van die trop nie ens. Die ouer ramme en bulle het onder gemiddelde horings en is eintlik jag wild. Geen mates van die bokke is beskikbaar nie, geen geskiedenis of ander informasie nie. Al wat jy lees (byvoorbeeld)is, "swart rooibok ram - volwasse". 'n Bekende veiling huis in sentraal Limpopo het dieselfde foto van 'n swart ram gebruik vir elke lot met 'n swart ram op die veiling, ongeag die ouderdom ens. Hoe wil hulle hê dat mense moet ordentlike geld betaal vir die gemors wat hulle op veilings verkoop. Daar is baie sulke veilings. Die "bargain hunters" teiken hierdie veilings. Hulle werk deesdae ook in groepe wat na verskillende veilings toe gaan, dan bel hulle mekaar om pryse te vergelyk, en daar waar die minste kopers is, en die pryse die goedkoopste is, daar koop hulle. Hierdie veilings huise en boere wie kleiner veilings aanbied sonder advertensies, inligting, met onbekende verkopers, en swak kwaliteit wild, is een van die redes waarom die wild bedryf in die posisie is waar dit is. Al waaraan hulle dink is hul sakke en bank rekeninge. Toe die pryse daal, het hulle hul kommissie verhoog en die lotte vermeerder. Dit kos die verkopers baie kere meer aan kommissie, pyl en laai kostes, as wat die bok voor verkoop is.
-